Volg:
Friday, 28 November 2025
Aksie Kidz vir Jesus Gear is nou beskikbaar!!
Aksie Kidz vir Jesus Gear is nou beskikbaar!!
Beskikbaar in Afrikaans. Ook beskikbaar vir volwassenes !!
Studiegidse R90
NotaBoeke R70
Inkleurboeke R90
Plakkerboeke R190
Aktiwiteitsboeke R90
Legkaarte R270
Bekers R170
T-hemde R270
E-pos: navrae@aksiekidzvirjesus.co.za
navrae@weesafktiefvirjesusleefstyl.co.za
Hoe weet ek ek is in die regte of verkeerde kerk!!
Hoe weet ek ek is in die regte of verkeerde kerk!!Nie elke kerk n, Pastoor sal hemel toe gaan nie!! Jy moet seker maak jy behoort aan 'n kerk wat gevul is met die Heilige Gees. Vra God om jou te help om vir jou die regte kerk te wys!! Dit is baie belangrik om aan die regte kerk te behoort. 'n Kerk waar jy gemaklik is is 'n groot NEE!! Jy moet uitgedaag word in jou geloof. Jou geloof moet groei. 'n Kerk wat gevul is met die Heilige Gees is die regte kerk! Maak seker jy is ook Wedergebore!! Jy moet jou bekeer en jou lewe vir Jesus gee en gedoop word!! 'n Kerk moet vermy word: 1. Wanneer die kerk nie gevul is met die Heilige Gees nie. 2. Te veel leerstellings, soos die normale tradisionele kerke. 3. Die doop van babas. Dit is nie Bybels nie. Jesus was gedoop toe Hy 30 was en nie as 'n baba nie. 4. Preke wat gaan oor wat mense wil hoor en nie wat hulle moet hoor nie. Jy moet ver van hulle af bly!! Fokus nou daarop om die regte kerk te vind. Vra God om vir jou die regte kerk te wys en om deure vir jou oop te maak om daar uit te kom!! Maar dit is van lewensbelang dat jy na die regte kerk moet gaan!! ’n Godsdienstige kerk is groot moeilikheid. Dit gaan jou nie help om in die hemel te kom nie!! Die regte kerk is, wat met die Heilige Gees gevul is, waar jy groei in jou geloof, waar jy uitgedaag word in jou geloof, waar hulle almal van alle ouderdomme doop en gefokus is op die Woord van God alleen!
Matteus 11:
"Toe Jesus klaar was met die opdragte aan sy twaalf dissipels, het Hy daarvandaan weggegaan om die mense in hulle dorpe te leer en vir hulle te preek.
Jesus en die vraag van Johannes die Doper
Johannes het in die tronk gehoor wat Christus alles gedoen het, en het toe deur sy volgelinge 'n boodskap aan Hom gestuur om te vra: “Is U die Een wat sou kom, of moet ons 'n ander een verwag?”
Jesus antwoord hulle: “Gaan vertel vir Johannes wat julle hoor en sien: Blindes sien, lammes loop, melaatses word gereinig, dowes hoor, dooies word opgewek, en aan armes word die evangelie verkondig. En gelukkig is elkeen wat nie aan My begin twyfel nie.”
Toe hulle weggaan, het Jesus met die mense oor Johannes begin praat en gesê: “Waarna het julle in die woestyn gaan kyk? Na 'n riet wat deur die wind heen en weer gewaai word? Nee? Maar wat het julle dan uitgegaan om te sien? 'n Man met deftige klere aan? Nee, kyk, dié wat deftig aantrek, kry 'n mens in koninklike paleise. Maar wat het julle dan uitgegaan om te sien? 'n Profeet? Ja, Ek verseker julle, nog meer as 'n profeet. Dit is hy van wie daar geskrywe staan:
“ ‘Kyk, Ek stuur my boodskapper voor jou uit; hy sal die pad vir jou regmaak.’
“Dit verseker Ek julle: Onder die mense op aarde is niemand gebore wat groter is as Johannes die Doper nie, en tog is die geringste in die koninkryk van die hemel groter as hy. Sedert die dae van Johannes die Doper tot nou toe breek die koninkryk van die hemel vir homself 'n pad oop, en mense wat hulle kragtig inspan, kry dit in besit. Al die profete en die wet het tot op Johannes geprofeteer, en as julle dit wil aanvaar: Johannes is die Elia wat sou kom. Wie ore het, moet luister.
“Waarmee moet Ek hierdie geslag vergelyk? Hulle is net soos kinders wat op die markpleine vir mekaar sit en roep:
“ ‘Ons het vir julle op die fluit gespeel, en julle het nie gedans nie! Ons het 'n treurlied gesing, en julle het nie gehuil nie!’
“Johannes het gekom en nie geëet of gedrink nie, en hulle sê: ‘Hy is van die duiwel besete.’ Die Seun van die mens het gekom en geëet en gedrink, en hulle sê: ‘Kyk daar, 'n vraat en 'n wynsuiper, 'n vriend van tollenaars en sondaars.’ Maar God tree met wysheid op, en sy werke bewys dit.”
Die onboetvaardige dorpe
Toe het Jesus die dorpe waarin Hy die meeste van sy wonderdade gedoen het, begin verwyt omdat hulle hulle nie bekeer het nie:
“Ellende wag vir jou, Gorasin! Ellende wag vir jou, Betsaida! As in Tirus en Sidon die wonderdade plaasgevind het wat in julle plaasgevind het, sou hulle hulle lankal in sak en as bekeer het. Maar Ek sê vir julle: Vir Tirus en Sidon sal dit in die oordeelsdag draagliker wees as vir julle. En jy, Kapernaum, dink jy
“ ‘jy sal tot die hemel toe verhoog word?
Nee, jy sal tot in die doderyk afdaal.’
“As in Sodom die wonderdade plaasgevind het wat in jou plaasgevind het, sou hy tot vandag toe nog bly staan het. Maar Ek sê vir julle: Vir die land van Sodom sal dit in die oordeelsdag draagliker wees as vir jou.”
Die uitnodiging van Jesus
Daardie tyd het Jesus gesê: “Ek prys U, Vader, Here van hemel en aarde, dat U hierdie dinge vir slim en geleerde mense verberg het en dit aan eenvoudiges bekend gemaak het. Ja, Vader, so was dit u genadige bedoeling.
“My Vader het alles aan My toevertrou, en niemand ken die Seun nie, behalwe die Vader; en ook ken niemand die Vader nie, behalwe die Seun en elkeen aan wie die Seun Hom wil bekend maak.
“Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en my las is lig.”
Matteus 10:
"Jesus stuur die twaalf uit
Jesus het sy twaalf dissipels nader geroep en hulle mag gegee om onrein geeste uit te dryf en om elke soort siekte en kwaal gesond te maak.
Die name van die twaalf apostels was: in die eerste plek Simon, wat ook Petrus genoem word, en sy broer Andreas; Jakobus seun van Sebedeus, en sy broer Johannes; Filippus en Bartolomeus; Tomas en Matteus die tollenaar; Jakobus seun van Alfeus, en Taddeus; Simon die Kananeër, en Judas Iskariot wat vir Jesus verraai het.
Jesus gee opdragte aan die twaalf
Jesus het hierdie twaalf uitgestuur en die volgende opdragte aan hulle gegee:
Moenie met 'n pad na die heidennasies toe afdraai nie en moenie in 'n dorp van die Samaritane ingaan nie. Gaan liewer na die verlore skape van die volk Israel toe. Gaan verkondig: ‘Die koninkryk van die hemel het naby gekom.’ Maak siekes gesond, wek dooies op, reinig melaatses en dryf bose geeste uit. Julle het dit verniet ontvang, gee dit ook verniet.
“Moenie vir goud of silwer of koper in julle beursies sorg nie en moenie vir die pad 'n reissak aanskaf of nog 'n kledingstuk of skoene of 'n stok nie. 'n Arbeider is tog geregtig op onderhoud.
“As julle in 'n stad of dorp kom, stel dan vas by wie julle daar kan tuis gaan en bly by hom totdat julle die reis voortsit. As julle in die huis kom, wens die mense vrede toe. As die huismense se gesindheid goed is, handhaaf julle vredewens vir die huis. Maar as hulle nie goedgesind is nie, trek julle vredewens dan terug. As iemand julle nie ontvang nie en nie na julle woorde luister nie, gaan uit sy huis of uit daardie dorp uit en skud die stof van julle voete af. Dit verseker Ek julle: Dit sal in die oordeelsdag vir die gebied Sodom en Gomorra draagliker wees as vir daardie dorp.”
Vervolginge wat voorlê
“Onthou: Ek stuur julle soos skape tussen wolwe in. Wees dus versigtig soos slange en opreg soos duiwe. Pas op vir die mense. Hulle sal julle aan die geregshowe uitlewer, en in hulle sinagoges sal hulle julle gesel. Ook voor goewerneurs en konings sal julle gebring word ter wille van My. Dit sal julle geleentheid wees om voor hulle en voor die heidennasies van My te getuig. Wanneer hulle julle uitlewer, moet julle julle nie bekommer oor hoe of wat julle moet sê nie, want op daardie oomblik sal God aan julle gee wat julle moet sê. Dan is dit nie julle wat praat nie, maar die Gees van julle Vader wat deur julle praat.
“Die een broer sal die ander uitlewer om doodgemaak te word, en selfs 'n pa sy kind; kinders sal teen hulle ouers in opstand kom en hulle doodmaak. Julle sal ter wille van my Naam deur almal gehaat word. Maar wie tot die einde toe volhard, sal gered word. As hulle julle in een dorp vervolg, vlug na 'n ander een toe. Dit verseker Ek julle: Julle sal sekerlik nie klaar wees met die dorpe van Israel voordat die Seun van die mens kom nie.
“'n Leerling is nie hoër as sy leermeester en 'n slaaf nie hoër as sy eienaar nie. 'n Leerling moet tevrede wees as dit met hom gaan soos met sy leermeester, en 'n slaaf as dit met hom gaan soos met sy eienaar. As hulle die hoof van die huis die skeldnaam Beëlsebul gegee het, sal hulle dan nie sy huisgenote met baie erger name uitskel nie?”
Wie gevrees moet word
“Moet dus nie vir mense bang wees nie. Daar is niks bedek wat nie openbaar gemaak sal word nie, en niks geheim wat nie bekend sal word nie. Wat Ek vir julle in die donker sê, moet julle in die daglig sê, en wat in julle oor gefluister word, moet julle van die dakke af uitbasuin. Moenie bang wees vir dié wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie. Nee, vrees Hom eerder wat sowel die liggaam as die siel in die hel kan laat vergaan.
“Is twee mossies nie vir 'n sent te koop nie? En tog sal nie een van hulle op die grond val sonder die wil van julle Vader nie. Van julle is selfs die hare op julle kop almal getel. Moet dan nie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies.”
Aansporing om Christus te bely
“Elkeen wat hom voor die mense openlik vir My uitspreek, vir hom sal Ek My ook openlik uitspreek voor my Vader wat in die hemel is. Maar hom wat My voor die mense verloën, sal Ek ook verloën voor my Vader wat in die hemel is.”
Jesus bring nie vrede nie maar die swaard
“Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie maar die swaard. Ek het gekom om tweedrag te bring
“ ‘tussen 'n man en sy vader en tussen 'n dogter en haar moeder,
tussen 'n skoondogter en haar skoonmoeder; ja, 'n man se huismense sal sy vyande wees.’
“Hy wat sy vader of moeder liewer het as vir My, is nie werd om aan My te behoort nie; hy wat sy seun of dogter liewer het as vir My, is nie werd om aan My te behoort nie. Hy wat nie sy kruis opneem en My volg nie, is nie werd om aan My te behoort nie.
“Hy wat sy lewe wil behou, sal dit verloor; en hy wat sy lewe ter wille van My verloor, sal dit vind.”
Beloning
“Wie julle ontvang, ontvang My; en wie My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het. Wie 'n profeet ontvang omdat hy 'n profeet is, sal 'n profeet se beloning ontvang; en wie 'n goeie mens ontvang omdat hy goed is, sal 'n goeie mens se beloning ontvang. Wie aan een van hierdie geringstes net 'n beker koue water gee omdat hy my dissipel is, sál sy beloning kry. Dit verseker Ek julle.”
Wysheid!!
Pas A by die regte antwoord in B:
A.
1. Spreuke 1:
2. Spreuke 9:
3. Spreuke 2:
4. Psalm 90:
5. Amos 3:
6. Matteus 8:
7. Johannes 13:
8. 1 Konings 21:
9. Prediker 10:
10. Eksodus 17:
11. Markus 15:
12. Handelinge 13:
13. 1 Petrus 3:
14. Psalm 88:
15. Sagaria 8:
16. Deuteronomium 21:
17. Spreuke 3:
18. Spreuke 15:
19. Jesaja 11:
20. Jeremia 10:
21. Psalm 19:
22. Job 12:
23. Psalm 104:
24. Psalm 111:
25. Job 36:
B.
1. "By God is wysheid en krag, by Hom is raad en insig."
2. "God is magtig maar Hy sien op niemand neer nie; Hy is magtig en sy wysheid is groot."
3. "Die woord van die Here is volmaak: dit gee lewe. Die onderwysing van die Here is betroubaar: dit gee wysheid aan dié wat nog onervare is."
4. "U het baie dinge geskep, Here, die aarde is vol van wat U gemaak het, en tog, U het alles in wysheid geskep."
5. "Wysheid begin met die dien van die Here; almal wat dit doen, het ware insig. Die roem van die Here hou altyd stand."
6. "Kennis begin met die dien van die Here; dit is net dwase wat wysheid en opvoeding gering ag."
7. "Dit is die Here wat die wysheid gee, uit sy mond kom die kennis en die insig."
8. "Die Here het die fondament van die aarde met wysheid gelê en die hemel gebou met insig."
9. "Wysheid begin met die dien van die Here; wie die Heilige ken, het werklik insig."
10. "Om die Here te dien, is om onderrig te word in wysheid; nederigheid kom voor eer."
11. "Die Gees van die Here sal op hom rus: die Gees wat wysheid en insig gee, die Gees wat raad en sterkte gee, die Gees wat kennis verleen en eerbied vir die Here."
12. "Dit is die Here wat met sy krag die aarde gemaak het, wat met sy wysheid die wêreld gevestig het en met insig die hemel oopgesprei het."
Jou woorde is belangrik:
Pas A by die regte antwoord in B
A.
1. Matteus 15:
2. Jakobus 1:
3. Spreuke 31:
4. Psalm 70:
5. Romeine 13:
6. Lukas 19:
7. Galasiërs 3:
8. Job 11:
9. Josua 7:
10. Psalm 135:
11. Handelinge 20:
12. 1 Timoteus 5:
13. Kolossense 4:
14. Markus 11:
15. Spreuke 21:
16. Hebreërs 9:
17. Psalm 55:
18. Jeremia 27:
19. 2 Korintiërs 10:
20. Psalm 119:
21. Spreuke 12:
22. Spreuke 15:
23. Spreuke 10:
B.
1. "Die mond van die regverdige laat wysheid uitspruit, maar die valse tong word uitgeroei."
2. "Uit die vrug van iemand se mond word hy versadig met die goeie, en die daad van ‘n mens se hande kom op hom terug."
3. "Sagtheid van tong is ‘n lewensboom, maar valsheid daarin is verbreking in die gees."
4. "Hy wat sy mond en sy tong bewaar, bewaar sy siel van benoudhede."
5. "Nie wat in die mond ingaan, maak die mens onrein nie; maar wat uit die mond uitgaan, dit maak die mens onrein."
6. "Want, voorwaar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir hierdie berg sê: Hef jou op en werp jou in die see—en nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sê, sal gebeur—hy sal verkry net wat hy sê."
7. "As iemand onder julle meen dat hy godsdienstig is en sy tong nie in toom hou nie, maar sy hart mislei, die godsdiens van hierdie man is tevergeefs."
8. "Haar mond maak sy oop met wysheid, en vriendelike onderrigting is op haar tong."
9. "My lippe sal lofsange laat uitstroom, want U leer my u insettinge. My tong sal u woord besing, want al u gebooie is geregtigheid. Laat u hand my tot hulp wees, want ek het u bevele verkies."
10. "Laat julle woord altyd aangenaam wees, met sout besprinkel, sodat julle kan weet hoe julle iedereen moet antwoord."
Wat is die Goeie Nuus!!
Pas A by die regte antwoord in B:
A.
1. Handelinge 13:
2. Titus 2:
3. Hebreërs 9:
4. Matteus 25:
5. Psalm 77:
6. Rigters 13:
7. Nehemia 10:
8. Markus 15:
9. 1 Timoteus 3:
10. Efesiërs 5:
11. 2 Korintiërs 10:
12. Eksodus 18:
13. Filippense 3:
14. Romeine 1:
15. 1 Petrus 2:
16. Romeine 9:
17. Jesaja 53:
18. Psalm 131:
19. Spreuke 18:
20. 1 Johannes 5:
21. Lukas 24:
22. Handelinge 5:
23. Johannes 1:
B.
1. "Die volgende dag sien Johannes Jesus na hom toe kom, en hy sê: Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!"
2. Nogtans het Hy óns krankhede op Hom geneem, en óns smarte—dié het Hy gedra; maar óns het Hom gehou vir een wat geplaag, deur God geslaan en verdruk was. Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom. Ons almal het gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop; maar die Here het die ongeregtigheid van ons almal op Hom laat neerkom."
3. "En Hy sê vir hulle: So is dit geskrywe, en so moes die Christus ly en op die derde dag uit die dode opstaan, en bekering en vergewing van sondes in sy Naam verkondig word aan al die nasies, van Jerusalem af en verder."
4. "Die God van ons vaders het Jesus opgewek, wat julle omgebring het deur Hom aan ‘n kruishout te hang. Hom het God as Leidsman en Verlosser deur sy regterhand verhoog om aan Israel bekering en vergifnis van sondes te skenk. En ons is sy getuies van hierdie dinge, en ook die Heilige Gees wat God gegee het aan die wat Hom gehoorsaam is."
5. "Laat dit dan aan julle bekend wees, broeders, dat deur Hom vergifnis van sondes aan julle verkondig word."
6. "terwyl ons die salige hoop en die verskyning van die heerlikheid verwag van die grote God en ons Verlosser, Jesus Christus, wat Homself vir ons gegee het om ons te verlos van alle ongeregtigheid en vir Homself ‘n volk as sy eiendom te reinig, ywerig in goeie werke."
7. "so sal Christus ook, nadat Hy een maal geoffer is om die sondes van baie weg te neem, vir die tweede maal sonder sonde verskyn aan die wat Hom verwag tot saligheid."
8. "wat self ons sondes in sy liggaam op die kruishout gedra het, sodat ons die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid lewe; deur wie se wonde julle genees is."
9. "Want ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, want dit is ‘n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, eerste vir die Jood en ook vir die Griek. Want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe."
10. "Wat sal ons dan sê? Dat die heidene, wat die geregtigheid nie nagejaag het nie, die geregtigheid verkry het, naamlik die geregtigheid wat uit die geloof is."
Daar is Krag in die Opstanding van Jesus!!
Jesus het die dood, siekte, gebrek, armoede, vrees en haat oorwin. 1 Korintiërs 15:55-58: "O dood, waar is jou oorwinning? O dood, waar is jou angel?" Want sonde is die angel wat tot die dood lei, en die wet gee die sonde sy mag. Maar dank God! Hy gee ons die oorwinning oor sonde en die dood deur ons Here Jesus Christus." Ons het die oorwinning oor die duiwel. Die duiwel het nie meer 'n greep op jou en my nie. As gevolg van die Opstanding het ons gesag oor die duiwel. Dood, siekte, sonde, gebrek, armoede, vrees, haat, al die negatiewe kom van die duiwel en ons het die oorwinning oor almal. Ons kan in oorwinning leef en in oorvloed leef. Romeine 8:11: "Die Gees van God wat Jesus uit die dood opgewek het, woon in julle. En net soos God Christus Jesus uit die dood opgewek het, sal Hy ook aan julle sterflike liggame lewend maak deur dieselfde Gees wat in julle woon." As 'n wedergebore gelowige het ons krag binne-in ons as gevolg van die Opstanding. Romeine 6:5-6: "Want as ons met Hom een geword het deur 'n dood soos syne, sal ons ook met Hom een word deur 'n opstanding soos syne. Ons weet dat ons ou mens saam met Hom gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer aan die sonde verslaaf sou wees nie." Ons is vry van sonde. Ons kan nou in oorwinning, liefde, vrede, vreugde, geloof en hoop wandel. En daarom gee ons nooit moed op nie, want Hy leef in ons en die Gees van God, wat Jesus uit die dood opgewek het, leef in jou. Daar is altyd hoop en oorwinning vir wedergebore gelowiges. 1 Korintiërs 15:17: "En as Christus nie opgewek is nie, is julle geloof nutteloos en is julle nog skuldig aan julle sondes." Ons het die oorwinning en ons kan in oorwinning oor die vyand leef!
Psalms!!
Pas A by die korrekte antwoord in B:
A.
1. Psalm 60:
2. Psalm 59:
3. Psalm 25:
4. Psalm 116:
5. Psalm 80:
6. Psalm 111:
7. Psalm 33:
8. Psalm 10:
9. Psalm 125:
10. Psalm 77:
11. Psalm 28:
12. Psalm 137:
13. Psalm 147:
14. Psalm 119:
15. Psalm 106:
16. Psalm 76:
17. Psalm 118:
18. Psalm 12:
19. Psalm 51:
20. Psalm 39:
21. Psalm 115::
22. Psalm 90:
23. Psalm 35:
24. Psalm 89:
B.
1. "Here ons God, red ons! Versamel ons weer uit die nasies sodat ons u heilige Naam kan prys, in U bly kan wees, en U kan loof."
2. "Voordat die berge gebore was en U die aarde en die wêreld voortgebring het, ja, van ewigheid tot ewigheid is U God."
3. "Ek het gesê: “U troue liefde sal vir altyd duur. U getrouheid is so standvastig soos die hemel.”
4. "Die glans van u verskyning is heerliker as die hoogste berge."
5. "Maar ek sal juig in die Here, ek sal jubel oor die redding wat Hy bring."
6. "Met God aan ons kant sal ons oorwin, Hy self sal ons vyande vertrap."
7. "My God sal my te hulp kom in sy trou, God sal my laat neersien op my teëstanders."
8. "As iemand die Here dien, leer Hy hom watter pad hy moet kies, sodat hy voorspoed sal geniet en sy nageslag die land sal bly bewoon."
9. "U het my van die dood gered, U het 'n einde gemaak aan my trane, U het gesorg dat ek nie weer struikel nie."
10. "Prys die Here! Dit is goed om tot lof van ons God te sing, dit is 'n genot om die loflied te sing wat Hom toekom."
11. "Ondersteun my, volgens u woord, sodat ek kan lewe; laat my nie beskaamd staan oor my hoop nie."
Bybelnotas!!
Pas A by die regte antwoord in B:
A.
1. 2 Korintiërs 10:
2. 1 Johannes 5:
3. 2 Timoteus 2:
4. Efesiërs 6:
5. Sagaria 10:
6. Psalm 125:
7. Markus 11:
8. Romeine 15:
9. Amos 2:
10. Openbaring 18:
11. Johannes 20:
12. Filippense 1:
13. Prediker 12:
14. Eksodus 21:
15. Lukas 19:
16. Matteus 17:
17. Hebreërs 12:
18. Jesaja 40:
19. Matteus 19:
20. Jakobus 5:
21. 1 Krionieke 11:
22. Esegiël 32:
23. 2 Korintiërs 3:
24. Miga 7:
25. Jesaja 41:
26. Romeine 8:
B.
1. "Hy gee die vermoeide krag en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen kragte het nie."
2. "Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand."
3. "Maar Jesus het hulle aangekyk en vir hulle gesê: By mense is dit onmoontlik, maar by God is alle dinge moontlik."
4. "Wat sal ons dan van hierdie dinge sê? As God vír ons is, wie kan teen ons wees?"
5. "Nie dat ons uit onsself bekwaam is om iets as uit onsself te bedink nie, maar ons bekwaamheid is uit God."
6. "want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp."
7. "As ons ontrou is, Hy bly getrou; Hy kan Homself nie verloën nie."
8. "Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof."
9. "Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus."
10. "En Jesus antwoord hulle: Deur julle ongeloof; want, voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het soos ‘n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg sê: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie."
11. "die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het."
Psalm 91:
"Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind
en die beskerming van die Almagtige geniet,
hy sê vir die Here:
“U is my toevlug en my veilige vesting,
my God op wie ek vertrou.”
Dit is Hy wat jou uit die voëlvanger se wip hou
en jou bewaar van dodelike siekte.
Hy beskut jou onder sy vleuels
en is vir jou 'n veilige skuilplek.
Sy trou beskerm jou aan alle kante.
Jy hoef nie bang te wees vir gevaar in die nag
of vir aanvalle oordag,
vir pes wat in die donker toeslaan
of vir siekte wat helder oordag verwoesting saai nie.
Omdat jy die Here as skuilplek geneem het,
die Allerhoogste as jou beskermer,
sal geen onheil jou tref
en geen plaag naby jou woonplek kom nie.
Hy sal sy engele opdrag gee
om jou te beskerm waar jy ook al gaan.
Op hulle hande sal hulle jou dra,
sodat jy nie jou voet teen 'n klip sal stamp nie.
Jy sal oor leeus en adders loop,
leeus en slange sal jy doodtrap.
sê die Here, “omdat hy My ken, sal Ek hom beskerm.
Wanneer hy My aanroep, sal Ek sy gebed verhoor;
in sy nood sal Ek by hom wees,
Ek sal hom red en hom in sy eer herstel.
'n Baie lang lewe sal Ek hom gee
en oor my hulp sal hy hom verbly.”
Verlossingsgebed:
Hemelse Vader, ek erken dat ek 'n sondaar is. Ek kom na U toe en vra U om my te vergewe vir my sondes. Ek gee my lewe vir U. Kom in my lewe en lei my. Wys my U wil en nie my wil. In Jesus se Naam. Amen.
Sodra jy hierdie gebed gebid het, en jou lewe aan Jesus gegee het, stuur asseblief 'n e -pos na:
navrae@aksiekidzvirjesus.co.za
Bekeer julle en laat julle doop! Dit is belangrik om 'n wedergeborene te wees. Jesus kom gouer soos jy dink!! Wees gereed!! Hou jouself besig met God se werk en nie joune nie!!!
Die sleutel vir die Koninkryk van God - Wedergebore!!
Wedergebore:
1. Bekering
2. Nooi Jesus in jou lewe
3. Doop
'n Nuwe Lewe!!
1. Verhouding met die Here
2. Nuwe Persoon
3. Nuwe Leefstyl
4. Vind die regte kerk
5. Studeer en oordink die Woord van God dag en nag.
6. Leef die Woord van God
Om Jesus te volg moet jy gehoorsaam wees in alles wat Hy jou vra om te doen!! Wat is jy bereid om optegee om Jesus te volg?
Sunday, 23 November 2025
Aksie Kidz vir Jesus Gear is nou beskikbaar!!
Aksie Kidz vir Jesus Gear is nou beskikbaar!!
Beskikbaar in Afrikaans. Ook beskikbaar vir volwassenes !!
Studiegidse R90
NotaBoeke R70
Inkleurboeke R90
Plakkerboeke R190
Aktiwiteitsboeke R90
Legkaarte R270
Bekers R170
T-hemde R270
E-pos: navrae@aksiekidzvirjesus.co.za
navrae@weesafktiefvirjesusleefstyl.co.za
Hoe weet ek ek is in die regte of verkeerde kerk!!
Hoe weet ek ek is in die regte of verkeerde kerk!!Nie elke kerk n, Pastoor sal hemel toe gaan nie!! Jy moet seker maak jy behoort aan 'n kerk wat gevul is met die Heilige Gees. Vra God om jou te help om vir jou die regte kerk te wys!! Dit is baie belangrik om aan die regte kerk te behoort. 'n Kerk waar jy gemaklik is is 'n groot NEE!! Jy moet uitgedaag word in jou geloof. Jou geloof moet groei. 'n Kerk wat gevul is met die Heilige Gees is die regte kerk! Maak seker jy is ook Wedergebore!! Jy moet jou bekeer en jou lewe vir Jesus gee en gedoop word!! 'n Kerk moet vermy word: 1. Wanneer die kerk nie gevul is met die Heilige Gees nie. 2. Te veel leerstellings, soos die normale tradisionele kerke. 3. Die doop van babas. Dit is nie Bybels nie. Jesus was gedoop toe Hy 30 was en nie as 'n baba nie. 4. Preke wat gaan oor wat mense wil hoor en nie wat hulle moet hoor nie. Jy moet ver van hulle af bly!! Fokus nou daarop om die regte kerk te vind. Vra God om vir jou die regte kerk te wys en om deure vir jou oop te maak om daar uit te kom!! Maar dit is van lewensbelang dat jy na die regte kerk moet gaan!! ’n Godsdienstige kerk is groot moeilikheid. Dit gaan jou nie help om in die hemel te kom nie!! Die regte kerk is, wat met die Heilige Gees gevul is, waar jy groei in jou geloof, waar jy uitgedaag word in jou geloof, waar hulle almal van alle ouderdomme doop en gefokus is op die Woord van God alleen!
Matteus 9:
"Die genesing van 'n verlamde man
Jesus het toe in die skuit geklim, die see oorgesteek en in sy eie dorp aangekom. Daar het hulle 'n verlamde man wat bedlêend was, na Hom toe gebring. Toe Jesus hulle geloof sien, sê Hy vir die verlamde: “Vriend, wees gerus; jou sondes word vergewe.”
Party van die skrifgeleerdes het by hulleself gesê: “Hy praat godslasterlik.”
Maar Jesus het geweet wat hulle dink, en Hy sê vir hulle: “Waarom het julle sulke slegte gedagtes in julle harte? Wat is makliker? Om te sê: ‘Jou sondes word vergewe,’ of om te sê: ‘Staan op en loop’? Maar Ek gaan nou vir julle die bewys lewer dat die Seun van die mens volmag het om op aarde sondes te vergewe.”
Hy sê toe vir die verlamde man: “Staan op, vat jou draagbaar en gaan huis toe.”
Hy het opgestaan en huis toe gegaan; en toe die menigte mense dit sien, het hulle God, wat sulke mag aan mense gee, met eerbiedige vrees geprys.
Die roeping van Matteus
Terwyl Jesus daarvandaan verder gaan, het Hy 'n man met die naam Matteus by die tolhuis sien sit en vir hom gesê: “Volg My!”
Hy het toe opgestaan en Hom gevolg.
Jesus het by hom in sy huis gaan eet, en baie tollenaars en sondaars het saam met Jesus en sy dissipels kom eet. Toe die Fariseërs dit sien, vra hulle vir sy dissipels: “Waarom eet julle leermeester saam met tollenaars en sondaars?”
Maar Jesus het dit gehoor en gesê: “Dié wat gesond is, het nie 'n dokter nodig nie, maar dié wat siek is. 13Gaan leer wat dit beteken: ‘Ek verwag barmhartigheid en nie offers nie.’ Ek het nie gekom om mense te roep wat op die regte pad is nie, maar sondaars.”
Die vastyd
In dié tyd het die volgelinge van Johannes na Jesus toe gekom en gevra: “Waarom vas ons en die Fariseërs dikwels, maar u dissipels vas glad nie?”
Jesus antwoord hulle: “Kan die bruilofsgaste dan treur solank die bruidegom nog by hulle is? Maar daar kom 'n tyd wanneer die bruidegom van hulle weggeneem sal word, en dan sal hulle vas.
“Niemand lap tog ou klere met ongekrimpte materiaal nie, want die nuwe lap skeur die klere nog verder, en die gat word net groter.
“'n Mens gooi ook nie nuwe wyn in ou velsakke nie. As jy dit doen, bars die sakke, die wyn loop uit en die sakke is daarmee heen. Nee, 'n mens gooi nuwe wyn in nuwe sakke en so behou jy altwee.”
Die dogtertjie van die Joodse raadslid. Die vrou met bloedvloeiing
Jesus was nog besig om dit vir die mense te sê toe daar 'n raadslid van die sinagoge voor Hom kom kniel en sê: “My dogter het nou net gesterwe, maar kom lê u hand op haar en sy sal weer lewe.”
Jesus het opgestaan, en Hy en sy dissipels het saam met die man gegaan.
'n Vrou wat al twaalf jaar lank aan bloedvloeiing gely het, het nader gekom en van agter af aan die soom van sy klere geraak. Sy het vir haarself gesê: “As ek maar net aan sy klere kan raak, sal ek gesond word.”
Jesus het omgedraai, haar gesien en gesê: “Wees gerus, dogter, jou geloof het jou gered.”
Van daardie oomblik af was die vrou gesond.
Daarna het Jesus by die huis van die raadslid gekom. Toe Hy die fluitspelers sien en die klomp mense wat te kere gaan, sê Hy: “Gaan weg, want die dogtertjie is nie dood nie, sy slaap net.”
Maar hulle het Hom uitgelag. Nadat die mense uitgejaag was, het Hy in die huis ingegaan, die dogtertjie se hand gevat en sy is uit die dood opgewek.
Berigte hieroor het deur daardie hele omgewing versprei.
Die genesing van twee blindes
Terwyl Jesus daarvandaan verder gaan, het twee blindes Hom gevolg. Hulle het aanhoudend geskreeu: “Ontferm U tog oor ons, Seun van Dawid!”
Jesus het in die huis ingegaan, en die blindes het daar na Hom toe gekom. Hy vra toe vir hulle: “Glo julle dat Ek dit kan doen?”
“Ja, Here,” antwoord hulle Hom.
Toe raak Hy aan hulle oë en sê: “Wat julle glo, sal gebeur.”
Hulle kon toe sien, maar Jesus het hulle baie streng beveel: “Hiervan moet niemand hoor nie.”
Maar toe hulle daar weg is, het hulle in daardie hele omgewing van Hom vertel.
Die genesing van 'n stom man
Nadat die twee blindes die huis verlaat het, het die mense 'n man na Hom toe gebring wat stom was omdat hy in die mag van 'n bose gees was. Nadat die bose gees uitgedryf is, het die stom man begin praat. Die menigte het hulle verwonder en gesê: “So iets het nog nooit in Israel gebeur nie.”
Maar die Fariseërs het gesê: “Dit is met die hulp van die aanvoerder van die bose geeste dat hy die bose geeste uitdryf.”
Die groot oes
Jesus het al die dorpe en klein plekkies besoek. Hy het die mense in hulle sinagoges geleer, die evangelie van die koninkryk verkondig en elke soort siekte en kwaal gesond gemaak.
Toe Hy die menigtes sien, het Hy hulle innig jammer gekry, want hulle was moeg en hulpeloos soos skape wat nie 'n wagter het nie. Hy sê toe vir sy dissipels: “Die oes is groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes.”
Matteus 8:
"Die genesing van 'n melaatse
Jesus het afgekom van die berg af, en 'n groot menigte mense het saam met Hom gegaan. 'n Melaatse man kom kniel toe voor Hom en sê: “Here, as U wil, kan U my gesond maak.”
Toe steek Jesus sy hand uit, raak hom aan en sê: “Ek wil. Word gesond!” En sy melaatsheid was onmiddellik weg. Jesus sê toe vir hom: “Jy moet dit vir niemand vertel nie, maar gaan wys jou vir die priester en bring die offer wat Moses voorgeskryf het. Dit sal vir die mense die bewys wees dat jy rein geword het.”
Die genesing van die offisier se slaaf
Nadat Jesus in Kapernaum aangekom het, het 'n offisier by Hom hulp kom vra en gesê: “Here, my slaaf lê by my huis verlam en verduur baie pyn.”
En Jesus antwoord hom: “Ek sal hom kom gesond maak.”
Maar die offisier sê: “Here, ek is nie werd dat U onder my dak inkom nie. Sê maar net 'n woord, en my slaaf sal gesond word. Ek is ook 'n mens wat onder gesag staan en ek het soldate onder my. Vir een sê ek: ‘Gaan daarheen!’ en hy gaan; en vir 'n ander: ‘Kom!’ en hy kom; en vir my slaaf: ‘Doen dit!’ en hy doen dit.”
Jesus was verwonderd toe Hy dit hoor, en Hy sê vir die mense wat agter Hom aan gekom het: “Dit verseker Ek julle: Ek het nog by niemand in Israel so 'n groot geloof teëgekom nie. Ek sê vir julle: Baie sal van die ooste en die weste af kom en saam met Abraham, Isak en Jakob aan tafel gaan in die koninkryk van die hemel. Maar mense vir wie die koninkryk bedoel is, sal in die diepste duisternis daarbuite gegooi word, waar hulle sal huil en op hulle tande sal kners.”
Jesus sê toe vir die offisier: “Gaan terug, en wat jy geglo het, sal gebeur.”
En sy slaaf het op daardie oomblik gesond geword.
Die genesing van Petrus se skoonmoeder
Toe Jesus in die huis van Petrus kom, sien Hy Petrus se skoonmoeder siek lê met 'n hoë koors. Hy het haar hand gevat, en die koors het haar verlaat. Sy het opgestaan en Hom bedien.
Toe dit aand word, het hulle baie wat in die mag van bose geeste was, vir Hom gebring. Hy het die geeste met 'n woord uitgedryf en al die siekes gesond gemaak. So is vervul wat deur die profeet Jesaja gesê is:
“Hy het ons lyding op Hom geneem, ons siektes het Hy gedra.”
Hoe Jesus gevolg moet word
Toe Jesus die menigte mense rondom Hom sien, het Hy opdrag gegee om na die oorkant toe te vertrek. 'n Skrifgeleerde kom toe nader en sê vir Hom: “Meneer, ek sal u volg waar u ook al gaan.”
Jesus sê vir hom: “Jakkalse het gate en voëls het neste, maar die Seun van die mens het nie eens 'n rusplek vir sy kop nie.”
Iemand anders, een van sy dissipels, sê vir Hom: “Here, laat my toe om eers terug te gaan en my pa te begrawe.”
Maar Jesus antwoord hom: “Volg My, en laat die dooies hulle eie dooies begrawe.”
Jesus maak die storm stil
Toe Jesus in die skuit klim, het sy dissipels Hom gevolg. Skielik het daar 'n hewige storm op die see losgebars, sodat die golwe oor die skuit geslaan het. Maar Jesus het geslaap.
Hulle kom toe en maak Hom wakker en sê: “Here, red ons! Ons vergaan!”
Hy sê vir hulle: “Waarom is julle bang, kleingelowiges?”
Daarna het Hy opgestaan en die wind en die see hard aangespreek, en dit het doodstil geword. Die mense het hulle verwonder en gesê: “Watter soort mens is hy dat selfs die wind en die see hom gehoorsaam?”
Die genesing van die besetenes in Gadara
Toe Jesus aan die oorkant in die land van die Gadareners kom, het twee mense wat in die mag van bose geeste was, Hom van die grafte af tegemoet gekom. Hulle was baie gevaarlik, sodat niemand dit langs daardie pad kon waag nie. Skielik het hulle begin skreeu: “Wat het U met ons te doen, Seun van God? Het U hierheen gekom om ons voor die tyd te pynig?”
'n Hele ent van hulle af het 'n groot trop varke geloop. Die bose geeste het Hom gesoebat: “As U ons uitdryf, stuur ons tog in die trop varke in.”
“Gaan!” het Hy vir hulle gesê.
Hulle is toe uit die mense uit en het in die varke ingevaar. Die hele trop het meteens op loop gesit teen die hang af, die see in, en het in die water versuip. Die wagters het weggehardloop dorp toe en alles daar gaan vertel, ook wat met die besetenes gebeur het. Die hele dorp het Jesus tegemoet gegaan, en toe hulle Hom sien, het hulle Hom ernstig versoek om hulle gebied te verlaat."
Jesus Christus!!
Voltooi die Bybelverse:
1. Johannes 4:
2. Jesaja 53:
3. Handelinge 4:
4. Matteus 18:
5. Luke 18:
6. Hebreërs 12:
7. Mark 10:
8. Filippense 2:
9. Johannes 10:
10. Johannes 11:
1. Maar Jesus het hulle aangekyk en geantwoord: By mense is dit ..................................
2. Die oog gevestig op .........................................
3. Jesus sê vir haar: Het Ek nie vir jou gesê, as jy glo, sal jy die .......
4. Elkeen wat bely dat ................................
5. Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in .......
6. En Ek gee hulle die ............................................
7. Maar Hy is ter wille van ons oortredinge .................................
8. En die saligheid is in niemand ..........................................
9. Hierin is die liefde van God tot ons geopenbaar, dat God sy ........
10. Want waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek .......
11. Maar Hy antwoord: Die dinge wat by mense onmoontlik is, is by God ......................
Die voordele van wedergebore Christen!!
Omdat jy jou lewe aan Jesus gegee het, woon God die Vader, Jesus die Seun en die Heilige Gees binne-in jou. Jy is anderster as die wêreld. Jy loop, praat en tree anderster op as die wêreld. Jy wandel in die Lig. Die wêreld wandel in die duisternis. Jy sal geen vrees hê nie, want Hy wat groter is as die wêreld , leef binne-in jou. 2 Timoteus 1:7: "Want God het ons nie 'n gees van vrees en lafhartigheid gegee nie, maar van krag, liefde en selfbeheersing." As gevolg van die Gees in jou, sal jy die vrug van die Gees hê. Galasiërs 5:22-23: "Maar die Heilige Gees bring hierdie soort vrugte in ons lewens voort: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing. Daar is geen wet teen hierdie dinge nie!" Daar sal altyd hoop wees. Moet nooit opgee nie. Die wêreld kan moed opgee, maar vir 'n Wedergebore Gelowige, is daar altyd hoop. Ons wandel met vreugde en vrede. Die vrede wat Jesus vir ons gegee het, ken die wêreld nie. Johannes 14:27: “Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie. Maak nie saak wat om ons aangaan nie, as 'n Wedergebore Gelowige het ons vrede, vreugde, liefde, hoop. Onthou dat Jesus oorwin het. Ons het die oorwinning. Johannes 16:33: "Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin." As 'n Wedergebore Gelowige kan jy wandel met liefde, vrede vreugde, hoop, geen vrees en geen bekommernisse nie. Hebreërs 13:5-6: "God self het gesê: “Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie. Daarom kan ons met vertroue sê: “Die Here is my helper, ek ken geen vrees nie: wat kan 'n mens aan my doen?" Hy is altyd aan jou kant. Aanvaar Jesus vandag in jou lewe en jy sal 'n totale ander lewenstyl sien.
Beloftes van God!!
Pas A by die regte antwoord in B:
A.
1. Miga 7:
2. Maleagi 4:
3. Johannes 5:
4. Filippense 1:
5. Lukas 18:
6. 2 Korintiërs 4:
7. Psalm 122:
8. Romeine 10:
9. 1 Petrus 3:
10. Eksodus 20:
11. Jakobus 5:
12. Markus 13:
13. Handelinge 25:
14. Rigters 10:
15. Matteus 22:
16. Galasiërs 5:
17. 1 Tessalonisense 5:
18. Josua 21:
19. Johannes 15:
20. 2 Korintiërs 10:
21. Jesaja 37:
22. Romeine 15:
23. Psalm 34:
24. Hebreërs 9:
B.
1. "As julle in My bly en my woorde in julle, vra dan net wat julle wil hê, en dit sal vir julle gebeur. Hierdeur word my Vader verheerlik, dat julle veel vrug dra en so my dissipels is."
2. "Nie een van al die goeie beloftes wat die Here aan Israel gemaak het, het onvervul gebly nie. Almal is nagekom."
3. "Hy sal dit ook doen, want Hy wat julle roep, is getrou."
4. "Daarom is Hy die Middelaar van 'n nuwe verbond tussen God en mense, sodat almal wat geroep is, die ewige erfenis kan ontvang wat God hulle belowe het. Want Christus het gesterf om hulle vry te maak van die straf van die sondes wat hulle onder daardie eerste verbond gepleeg het."
5. "As die regverdiges om hulp roep, hoor die Here hulle en red Hy hulle uit al hulle benoudhede."
6. "Hy sal ons weer genade betoon, Hy sal ons sonde tot niet maak, U sal al hulle sondes in die diepsee gooi."
7. "Maar vir julle wat my Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan, en daar sal genesing onder sy vleuels wees; en julle sal uittrek en huppel soos kalwers uit die stal."
8. "Dit verseker Ek julle: Wie luister na wat Ek sê, en in Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe. Hy word nie veroordeel nie, maar het reeds uit die dood na die lewe oorgegaan."
9. "Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom."
10. "Maar Hy het gesê: "Wat vir mense onmoontlik is, is vir God moontlik."
11. "Ons word in alles verdruk, maar nie terneergedruk nie; ons is verleë, maar nie wanhopig nie; ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; neergewerp, maar nie vernietig nie."
Spreuke!!
Vind die Bybelverse in:
1. Spreuke 17:
2. Spreuke 1:
3. Spreuke 21:
4. Spreuke 12:
5, Spreuke 10:
6. Spreuke 7:
7. Spreuke 26:
8. Spreuke 3:
1. "Wyse mense versamel kennis. Dwase se gebabbel bring spoedig teëspoed."
2. "Maak wat ek vir jou sê jou eie, my seun, hou by wat ek jou voorskryf, maak wat ek jou voorskryf jou eie, dat jy kan lewe, maak wat ek jou leer jou eie, so eie soos die appel van jou oog. Sorg dat jy dit altyd onthou, maak dit 'n deel van jou lewe."
3. "As iemand 'n gat grawe, val hulle self daarin; as iemand 'n klip rol, rol dit terug op hulle."
4. "want die Here straf die mens wat Hy liefhet net soos 'n vader doen met sy seun."
5. "'n Vrolike mens is 'n gesonde mens, 'n neerslagtige mens raak uitgeput."
6. "maar wie na my luister, sal veilig wees en hoef geen ramp te vrees nie.”
7. "Die Here verkies dat 'n mens doen wat regverdig en reg is eerder as dat jy offers bring."
8. "Die loon van die regverdige is die lewe, maar die verdienste van die goddelose is sonde en die dood."
9. "Die regverdige word geseën. Daar steek geweld agter die mooi woorde van die goddeloses."
10. "Die planne van die regverdiges is reg. Die raad van goddeloses is vol bedrog."
11. "Die woorde van die regverdige is soos ’n fontein van lewe. Die woorde van goddeloses steek geweld weg."
Volg:
Volg : Volg Wees Aktief vir Jesus op: https://weesaktiefvirJesus.blogspot.com EN www.weesaktiefvirjesusleefstyl.co.za
-
Vind die Bybelverse in: 1. Eksodus 26: 2. Jeremia 30: 3. Filippense 4: 4. Romeine 10: 5. Johannes 11: 6. 1 Korintiërs 10: 7. Jesaja 5...
-
Vind die Bybelverse in: 1. Filippense 3: 2. Johannes 16: 3. Galasiërs 5: 4. Galasiërs 6: 5. Matteus 8: 6. Johannes 3: 7. Matteus 10: 8. Rome...
-
Volg : Volg Wees Aktief vir Jesus op: https://weesaktiefvirJesus.blogspot.com EN www.weesaktiefvirjesusleefstyl.co.za









