Sunday, 25 May 2025

Die Prys van Dissipelskap!!

Vind die Bybelverse in:


1. Filippense 3:

2. Johannes 16:

3. Galasiërs 5:

4. Galasiërs 6:

5. Matteus 8:

6. Johannes 3:

7. Matteus 10:

8. Romeine 12:

9. Lukas 14:

10. Lukas 9:


1.  "EN groot menigtes het saam met Hom gegaan, en Hy het Hom omgedraai en vir hulle gesê: As iemand na My toe kom en hy haat nie sy vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters, ja, selfs ook sy eie lewe nie, kan hy my dissipel nie wees nie.  En elkeen wat sy kruis nie dra en agter My aan kom nie, kan my dissipel nie wees nie."


2.  "Toe het Hy vir almal gesê: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, elke dag sy kruis opneem en My volg, want elkeen wat sy lewe wil behou, sal dit verloor, maar elkeen wat sy lewe om my ontwil verloor, sal dit behou.  Wat help dit 'n mens as hy die hele wêreld as wins verkry, maar homself verloor of te gronde gaan? Elkeen wat hom vir My en my woorde skaam, vir hom sal die Seun van die mens Hom skaam wanneer Hy kom, beklee met sy heerlikheid en die heerlikheid van die Vader en van die heilige engele."


3.  "So kan niemand van julle my dissipel wees as hy nie bereid is om van al sy besittings afstand te doen nie.”


4.  “Hy wat sy vader of moeder liewer het as vir My, is nie werd om aan My te behoort nie; hy wat sy seun of dogter liewer het as vir My, is nie werd om aan My te behoort nie."


5.  "En nou doen ek 'n beroep op julle, broers, op grond van die groot ontferming van God: Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen.  Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is."


6.  "ja, nog meer: ek beskou alles as waardeloos, want om Christus Jesus, my Here, te ken, oortref alles in waarde. Ter wille van Hom het ek alles prysgegee en beskou ek dit as verwerplik sodat ek Christus as enigste bate kan verkry en een met Hom kan wees: vrygespreek, nie omdat ek die wet onderhou nie, maar omdat ek in Christus glo. Dit is die vryspraak wat God gee omdat 'n mens in Hom glo."


7.  "Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.”


8.  "Dié wat aan Christus Jesus behoort, het hulle sondige natuur met al sy hartstogte en begeertes gekruisig."


9.  "Niemand moet dit vir my verder moeilik maak nie, want ek dra al klaar die littekens van Jesus aan my liggaam."


10. "Toe Jesus 'n skare rondom Hom sien, het Hy bevel gegee om na die oorkant te gaan. 'n Skrifgeleerde het nader gekom en vir Hom gesê: "Meester, Ek sal U volg waar U ook al gaan." Jesus sê toe vir Hom: "Jakkalse het gate en voëls van die hemel neste, maar die Seun van die mens het geen plek waar Hy sy hoof kan neerlê nie." 'n Ander dissipel sê toe vir Hom: "Here, laat My eers gaan en my Vader begrawe." Jesus sê toe vir hom: "Volg My en laat die dooies hul eie dooies begrawe."


11. "Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê."


Volg:

      Volg : Volg Wees Aktief vir Jesus op: https://weesaktiefvirJesus.blogspot.com EN www.weesaktiefvirjesusleefstyl.co.za