Pas A by die regte antwoord in B:
A.
1. Galasiërs 5:
2. Hebreërs 4:
3. Handelinge 1:
4. Romeine 15:
5. Eksodus 23:
6. Markus 10:
7. Efesiërs 3:
8. Jakobus 1:
9. Kolossense 3:
10. Psalm 111:
11. Lukas 18:
12. Numeri 13:
13. 1 Johannes 5:
14. Handelinge 2:
15. Johannes 15:
16. 1 Petrus 1:
17. Hebreërs 12:
18. 1 Korintiërs 3:
19. Matteus 25:
20. Deuteronomium 31:
21. 2 Korintiërs 12:
22. Johannes 14:
23. 2 Timoteus 2:
24. Levitikus 11:
B.
1. "Maar soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in jul hele lewenswandel heilig word, omdat daar geskrywe is: Wees heilig, want Ek is heilig."
2. "Weet julle nie dat julle die tempel van God is en dat die Gees van God in julle woon nie? As iemand die tempel van God beskadig, sal God hom straf, want die tempel van God is heilig, en die tempel is julle."
3. "Beywer julle vir vrede met alle mense asook vir 'n heilige lewe, waarsonder niemand die Here sal sien nie."
4. "Ek is die Here wat julle uit Egipte laat trek het sodat Ek julle God kan wees. Omdat Ek heilig is, moet julle ook heilig wees."
5. "Later, wanneer Ek weggegaan het, sal die Vader vir julle 'n Helper stuur om by julle te wees omdat Ek nie meer by julle is nie. Die Helper is die Heilige Gees. Hy sal vir julle alles leer. Ja, Hy sal julle laat onthou wat Ek vir julle gesê het."
6. "As jy jouself skoon hou van die verkeerde, sal jy ’n kosbare item wees, ’n spesiale besitting van die Huiseienaar , een wat Hy nuttig kan gebruik en wat gereed is vir enige goeie taak."
7. "Maar die vrug van die Gees is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing; Teen sulke dinge is daar geen wet nie."
8. "Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en Samaria en tot aan die einde van die aarde."
9. "En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van julle sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang."
10. “Ek sal vir julle 'n Helper stuur wat van die Vader kom. Die Helper is die Heilige Gees wat vir julle sal wys wat die waarheid is. Die Helper kom van die Vader. Hy sal vir julle vertel van My."
11. "Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en onderskei die gedagtes en bedoelings van die hart."