Tuesday, 31 March 2026

Volg:

      Volg:



Volg Wees Aktief vir Jesus op:



https://weesaktiefvirJesus.blogspot.com

EN

www.weesaktiefvirjesusleefstyl.co.za


Aksie Kidz vir Jesus Gear is nou beskikbaar!!

   Aksie Kidz vir Jesus Gear is nou beskikbaar!!


Beskikbaar in Afrikaans. Ook beskikbaar vir volwassenes !!

 

Studiegidse R90 

NotaBoeke R70 

Inkleurboeke R90

Plakkerboeke R190 

Aktiwiteitsboeke R90 

Legkaarte R270

Bekers R170

T-hemde R270 


E-pos: navrae@aksiekidzvirjesus.co.za

navrae@weesafktiefvirjesusleefstyl.co.za







Follow Kingdom Lifestyle Ministries!!

         

     



  












Hoe weet ek ek is in die regte of verkeerde kerk!!

    Hoe weet ek ek is in die regte of verkeerde kerk!!Nie elke kerk n, Pastoor sal hemel toe gaan nie!! Jy moet seker maak jy behoort aan 'n kerk wat gevul is met die Heilige Gees. Vra God om jou te help om vir jou die regte kerk te wys!! Dit is baie belangrik om aan die regte kerk te behoort. 'n Kerk waar jy gemaklik is is 'n groot NEE!! Jy moet uitgedaag word in jou geloof. Jou geloof moet groei. 'n Kerk wat gevul is met die Heilige Gees is die regte kerk!  Maak seker jy is ook Wedergebore!! Jy moet jou bekeer en jou lewe vir Jesus gee en gedoop word!! 'n Kerk moet vermy word: 1.  Wanneer die kerk nie gevul is met die Heilige Gees nie.   2.  Te veel leerstellings, soos die normale tradisionele kerke. 3.  Die doop van babas.  Dit is nie Bybels nie.  Jesus was gedoop toe Hy 30 was en nie as 'n baba nie. 4.  Preke  wat gaan oor wat mense wil hoor en nie wat hulle moet hoor nie.  Jy moet ver van hulle af bly!! Fokus nou daarop om die regte kerk te vind. Vra God om vir jou die regte kerk te wys en om deure vir jou oop te maak om daar uit te kom!! Maar dit is van lewensbelang dat jy na die regte kerk moet gaan!! ’n Godsdienstige kerk is groot moeilikheid. Dit gaan jou nie help om in die hemel te kom nie!! Die regte kerk is, wat met die Heilige Gees gevul is, waar jy groei in jou geloof, waar jy uitgedaag word in jou geloof, waar hulle almal van alle ouderdomme doop en gefokus is op die Woord van God alleen!

Matteus 19:

"Gesprek oor egskeiding


Nadat Jesus klaar gepraat het, het Hy uit Galilea vertrek en in die gebied van Judea anderkant die Jordaan gekom. Groot menigtes het agter Hom aan gegaan, en Hy het hulle daar gesond gemaak.

Daar was Fariseërs wat Hom op die proef wou stel, en hulle kom toe by Hom met die vraag: “Mag 'n man sommer oor enige ding van sy vrou skei?”

Hy het hulle geantwoord: “Het julle nie gelees dat die Skepper hulle van die begin af man en vrou gemaak het nie? Daarby het Hy gesê: ‘Daarom sal 'n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe en hulle twee sal een wees.’ Hulle is dus nie meer twee nie, maar een. Wat God dan saamgevoeg het, mag 'n mens nie skei nie.”

Hulle vra Hom toe: “Waarom het Moses dan bepaal dat, as iemand sy vrou 'n skeibrief gee, hy van haar kan skei?”

Hy antwoord hulle: “Dit is oor die hardheid van julle harte dat Moses julle toegelaat het om van julle vrouens te skei, maar dit was nie van die begin af so nie. Ek sê vir julle: Elkeen wat van sy vrou skei, behalwe oor owerspel, en met 'n ander een trou, pleeg egbreuk.”

Sy dissipels sê toe vir Hom: “As dit is hoe die saak met man en vrou staan, is dit beter om nie te trou nie.”

Maar Hy sê vir hulle: “Wat julle nou sê, is nie vir almal moontlik nie, net vir dié aan wie dit gegee is. Daar is mense wat nie kan trou nie omdat hulle van hulle geboorte af so is, ander is deur mense so gemaak, en ander het self so gekies ter wille van die koninkryk van die hemel.

“Wie dit kan doen, laat hy dit doen.”


Jesus seën die kindertjies

Die mense het kindertjies na Hom toe gebring dat Hy hulle die hande moet oplê en vir hulle moet bid. Sy dissipels het met hulle daaroor geraas.

Maar Jesus het gesê: “Laat staan die kindertjies en moet hulle nie verhinder om na My toe te kom nie, want die koninkryk van die hemel is juis vir mense soos hulle.”

Nadat Hy hulle die hande opgelê het, het Hy daarvandaan weggegaan.


Die ryk jongman

Daar het iemand na Hom toe gekom en gesê: “Meneer, watter goeie daad moet ek doen om die ewige lewe te verkry?”

Hy het vir hom gesê: “Waarom vra jy My uit oor wat goed is? Daar is net Een wat goed is. Maar as jy die ewige lewe wil ingaan, onderhou die gebooie.”

“Watter gebooie bedoel u?” het hy vir Hom gevra.

Jesus het gesê: “Dit: Jy mag nie moord pleeg nie, jy mag nie egbreuk pleeg nie, jy mag nie steel nie, jy mag nie vals getuienis aflê nie, eer jou vader en jou moeder en: jy moet jou naaste liefhê soos jouself.”

“Dit alles het ek nagekom,” het die jongman gesê. “In watter opsig skiet ek nog te kort?”

Jesus het hom geantwoord: “As jy volmaak wil wees, gaan verkoop jou besittings en gee die geld vir die armes, en jy sal 'n skat in die hemel hê. Kom dan terug en volg My.”

Toe die jongman dit hoor, het hy bedruk weggegaan, want hy het baie besittings gehad.

Jesus het toe vir sy dissipels gesê: “Dit verseker Ek julle: 'n Ryk mens sal moeilik in die koninkryk van die hemel kom. Ek stel dit nog sterker: Dit is makliker vir 'n kameel om deur die oog van 'n naald te kom as vir 'n ryke om in die koninkryk van God te kom.”

Toe die dissipels dit hoor, het dit hulle geweldig ontstel, en hulle het gesê: “Wie kan dan gered word?”

Jesus het reguit na hulle gekyk en gesê: “Vir mense is dit onmoontlik, maar vir God is alles moontlik.”

Toe sê Petrus vir Hom: “Kyk, ons het alles verlaat en U gevolg. Wat sal ons daarvoor kry?”

Jesus antwoord hulle: “Dit verseker Ek julle: Wanneer alles nuut gemaak word, as die Seun van die mens op sy koninklike troon sit, sal ook julle wat My gevolg het, op twaalf trone sit en oor die twaalf stamme van Israel regeer. En elkeen wat ter wille van my Naam afgesien het van huise of broers of susters of vader of moeder of kinders of grond, sal honderd maal soveel ontvang en die ewige lewe as erfenis kry.

“Maar baie wat eerste is, sal laaste wees, en wat laaste is, eerste.”

Matteus 18:

 "Die belangrikste in die koninkryk


In daardie tyd het die dissipels by Jesus gekom met die vraag: “Wie is die belangrikste in die koninkryk van die hemel?”

Hy het 'n kindjie nader geroep en hom tussen hulle laat staan en gesê: “Dit verseker Ek julle: As julle nie verander en soos kindertjies word nie, sal julle beslis nie in die koninkryk van die hemel kom nie. Wie homself gering ag soos hierdie kindjie, hy is die belangrikste in die koninkryk van die hemel. En wie so 'n kindjie in my Naam ontvang, ontvang My.”


Aanleiding tot afvalligheid

“Elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, van My afvallig maak, vir hom is dit beter as hy met 'n groot meulsteen aan sy nek in die diep see verdrink. Hoe jammer tog vir die wêreld dat daar dinge is wat die mens afvallig maak! Sulke dinge kom noodwendig, maar wee die mens deur wie dit kom.

“As jou hand of jou voet jou van My afvallig maak, kap hom af en gooi hom van jou af weg. Dit is vir jou beter om vermink of kreupel die lewe in te gaan as om met altwee jou hande of voete in die ewige vuur gegooi te word. En as jou oog jou van My afvallig maak, ruk hom uit en gooi hom van jou af weg. Dit is vir jou beter om met een oog die lewe in te gaan as om met altwee oë in die vuur van die hel gegooi te word.”


Die gelykenis van die verlore skaap

“Julle moet nooit een van hierdie kleintjies minag nie, want Ek verseker julle dat hulle engele in die hemel gedurigdeur by my hemelse Vader is.

“Hoe dink julle? As iemand honderd skape het en een van hulle raak weg, sal hy nie die nege en negentig daar in die bergveld laat staan en die een wat weg is, gaan soek nie? En as hy hom kry, verseker Ek julle, is hy blyer oor hom as oor die nege en negentig wat nie weggeraak het nie. So is dit ook nie die wil van julle Vader in die hemel dat een van hierdie kleintjies verlore moet gaan nie.”


'n Broer wat sondig

“As jou broer verkeerd opgetree het teen jou, gaan wys hom tereg waar julle eenkant alleen is. As hy na jou luister, het jy jou broer teruggewen. Maar as hy nie luister nie, neem nog een of twee met jou saam, sodat alles wat gesê word, deur die woord van twee of drie getuies bevestig kan word.  En as hy na hulle nie luister nie, sê dit vir die gemeente. As hy ook na die gemeente nie luister nie, moet jy hom as 'n heiden en 'n tollenaar behandel.

“Dit verseker Ek julle: Wat julle ook al op die aarde toesluit, sal in die hemel toegesluit bly; en wat julle ook al op die aarde oopsluit, sal in die hemel oopgesluit bly.  Verder verseker Ek julle: As twee van julle op aarde oor enige saak saamstem en daaroor bid, sal my Vader wat in die hemel is, hulle dit laat kry, want waar twee of drie in my Naam saam is, daar is Ek by hulle.”


Die plig om te vergewe

Daarna het Petrus na Jesus toe gekom en gevra: “Here, hoeveel keer moet ek my broer vergewe as hy iets verkeerds teen my doen? Selfs sewe keer?”

Jesus antwoord hom: “Ek sê vir jou, nie sewe keer nie maar selfs sewentig maal sewe keer. Daarom kan die koninkryk van die hemel vergelyk word met 'n koning wat besluit het om saam met sy amptenare hulle boeke na te gaan. Toe hy daarmee begin, is een amptenaar na hom toe gebring wat miljoene rand geskuld het. Hy kon dit nie betaal nie, en daarom het die koning beveel dat hy en sy vrou en sy kinders en alles wat hy het, verkoop en die skuld betaal moet word. Die man het voor hom neergeval en gesoebat: ‘Gee my tog uitstel; ek sal u alles terugbetaal.’ Die koning het hom jammer gekry, hom laat gaan en sy skuld afgeskryf.

“Toe daardie man buite kom, het hy een van sy medeamptenare raakgeloop wat hom net 'n paar rand geskuld het. Hy het hom gegryp en gewurg, en gesê: ‘Betaal wat jy skuld!’ Sy medeamptenaar het voor hom neergeval en hom gesmeek: ‘Gee my tog uitstel, ek sal jou betaal.’ Maar hy wou nie en hy is daar weg om hom in die tronk te laat gooi totdat hy die skuld betaal het.

“Toe sy medeamptenare sien wat gebeur het, was hulle diep teleurgesteld, en hulle het alles wat gebeur het, vir hulle koning gaan vertel.  Die koning het hom laat haal en vir hom gesê: ‘Jou skurk! Al daardie skuld het ek vir jou afgeskryf omdat jy my gesoebat het.  Moes jy nie ook jou medeamptenaar jammer gekry het soos ek jou jammer gekry het nie?’ Die koning was woedend en het hom oorgegee om gemartel te word totdat hy al die skuld betaal het.

“So sal my Vader wat in die hemel is, ook met julle maak as julle nie elkeen sy broer van harte vergewe nie.”

Die Here is my beskerming!!

Vind die Bybelverse in:


1.  2 Timoteus 4:

2.  Psalm 18:

3.  Psalm 41:

4.  Psalm 121:

5.  Spreuke 30:

6.  2 Tessalonisense 3:

7.  Jesaja 41:

8.  Johannes 17:


1.  "Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose bewaar."


2.  "Die Here sal jou uitgang en jou ingang bewaar, van nou af tot in ewigheid."


3.  "Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand."


4.  "Maar die Here is getrou; Hy sal julle versterk en bewaar van die Bose."


5.  "En die Here sal my verlos van elke bose werk en my red om in sy hemelse koninkryk in te gaan. Aan Hom die heerlikheid tot in alle ewigheid! Amen."


6.  "Die Here is jou Bewaarder; die Here is jou skaduwee aan jou regterhand."


7.  "Die weg van God is volmaak; die woord van die Here is gelouter; Hy is ‘n skild vir almal wat by Hom skuil."


8.  "Die Here is my rots en my bergvesting en my redder; my God, my rots by wie ek skuil; my skild en die horing van my heil, my rotsvesting."


9.  "Die Here sal hom bewaar en hom in die lewe hou; hy sal gelukkig gemaak word op die aarde. Ja, U kan hom nie oorgee aan die begeerte van sy vyande nie."


10.  "Elke woord van God is gelouter; Hy is ‘n skild vir die wat by Hom skuil."

Lewe in die Lig!!

Kies die regte Skrifgedeelte:


1.  "Die Here is my lig en my redder, vir wie sou ek bang wees? Die Here is my toevlug, vir wie sou ek vrees?"


A.  Psalm 133:

B.  Psalm 50:

C.  Psalm 110:

D.  Psalm 75:

E.  Psalm 27:


2.  "Daar is donkerte oor die aarde, duisternis oor die nasies, maar oor jou gee die Here lig, oor jou verskyn sy magtige teenwoordigheid."


A.  Jeremia 33:

B.  Josua 10:

C.  Spreuke 29:

D.  Amos 1:

E.  Jesaja 60:


3.  "om lig te bring aan dié wat in duisternis en in die skaduwee van die dood lewe, om ons voetstappe te rig op die pad van vrede.”


A.  Markus 13:

B.  Romeine 10:

C.  Jakobus 3:

D.  Handelinge 18:

E.  Lukas 1:


4.  "Maar wie volgens die waarheid handel, kom na die lig toe, sodat dit duidelik kan blyk dat sy dade in gehoorsaamheid aan God gedoen is.”


A.  1 Petrus 3:

B.  Kolossense 2:

C.  1 Tessalonisense 3:

D.  Matteus 20:

E.  Johannes 3:


5.  "Hy was die lamp wat gebrand en geskyn het, en julle was gewillig om julle 'n rukkie in sy lig te verheug."


A.  Matteus 21:

B.  1 Timoteus 3:

C.  Markus 15:

D.  Lukas 11:

E.  Johannes 5:


6.  "Ek het as die lig na die wêreld toe gekom, sodat dié wat in My glo, nie in die duisternis sou bly nie."


A.  Handelinge 19:

B.  Kolossense 2:

C.  Jakobus 5:

D.  Johannes 12:

E.  Romeine 10:


7.  "Die Christus moes ly en die eerste wees wat uit die dood opstaan. Daardeur sou Hy aan die Jode en aan die heidennasies die lig bring.”


A.  Markus 11:

B.  Filippense 2:

C.  Johannes 18:

D.  1 Petrus 5:

E.  Handelinge 26:


8.  "Jy is daarvan oortuig dat jy 'n gids vir die blindes is, 'n lig vir dié wat in die duisternis is."


A.  Jakobus 3:

B.  Matteus 18:

C.  Lukas 11:

D.  1 Timoteus 5:

E.  Romeine 2:



9.  "Die nag is byna verby; dit is amper dag. Laat ons dan ophou met die werke van die duisternis; laat ons die wapens van die lig opneem."


A.  Lukas 20:

B.  Handelinge 19:

C.  Johannes 15:

D.  Openbaring 22:

E.  Romeine 13:


10.  "Julle is tog almal mense van die lig, mense van die dag; ons is nie van die nag of die duisternis nie."


A.  Kolossense 2:

B.  1 Johannes 1:

C.  Titus 3:

D.  1 Tessalonisense 5:

E.  1 Timoteus 3:


Die Bloed Van Jesus!!

Vind die Bybelverse in:


1. Romeine 3:

2. Hebreërs 9:

3. 1 Petrus 1:

4. 1 Korintiërs 6:

5. Openbaring 12:

6. Markus 14:

7. 1 Korintiërs 10:

8. Hebreërs 10:


1. "Waar daar nou vergifnis van hierdie dinge is, is daar geen offer vir sonde meer nie."


2. "Is die beker van danksegging wat ons danksegging gee nie die gemeenskap met die bloed van Christus nie? Is die brood wat ons breek nie die gemeenskap met die liggaam van Christus nie?"


3. "En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het hulle lewe nie liefgehad nie, selfs toe hulle die dood in die gesig gestaar het."


4. "naamlik die geregtigheid van God deur die geloof in Jesus Christus vir almal wat glo; want daar is geen onderskeid nie."


5. "En Hy het vir hulle gesê: "Dit is my bloed van die verbond, wat vir baie uitgestort word."


6. "volgens die voorkennis van God die Vader, deur die heiligmakingswerk van die Gees, om Jesus Christus te gehoorsaam en met sy bloed besprinkel te word: Mag genade en vrede julle in volle mate wees."


7. "Toe sê Hy: "Hierdie bloed bevestig die verbond wat God met julle gesluit het."


8. "wat God in die openbaar vertoon het as 'n versoening in sy bloed deur die geloof. Dit was om sy geregtigheid te bewys, omdat Hy in die verdraagsaamheid van God die sondes wat voorheen gepleeg is, vergewe het."


9. "So was sommige van julle; maar julle is gewas, maar julle is geheilig, maar julle is geregverdig in die Naam van die Here Jesus Christus en in die Gees van onse God."


10. "En volgens die Wet, kan mens amper sê, word alle dinge met bloed gereinig, en sonder bloedvergieting vind daar geen vergifnis plaas nie."


Jesus - Die Seun van God!!

Vind die Bybelverse in:


1.  1 Johannes 5:

2.  Galasiërs 5:

3.  Johannes 14:

4.  1 Petrus 1:

5.  Johannes 15

6.  Markus 10:

7.  Jesaja 53:

8.  Filippense 3:

9.  Johannes 17:


1.  "En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het."


2.  "Want die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as ‘n losprys vir baie."


3.  "Hy was verag en deur die mense verlaat, ‘n man van smarte en bekend met krankheid; ja, soos een vir wie ‘n mens sy gelaat verberg; Hy was verag en ons het Hom nie geag nie."


4.  "sodat ek Hom kan ken en die krag van sy opstanding en die gemeenskap aan sy lyde terwyl ek aan sy dood gelykvormig word."


5.  "Dit het ek geskrywe aan julle wat glo in die Naam van die Seun van God, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het en kan glo in die Naam van die Seun van God."


6.  "Staan dan vas in die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, en laat julle nie weer onder die juk van diensbaarheid bring nie."


7.  "As julle My liefhet, bewaar my gebooie."


8.  "omdat julle weet dat julle nie deur verganklike dinge, silwer of goud, losgekoop is uit julle ydele lewenswandel wat deur die vaders oorgelewer is nie, maar deur die kosbare bloed van Christus, soos van ‘n lam sonder gebrek en vlekkeloos."


9.  "Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie."


10.  "Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie."


Een weg na die Koninkryk van God!!

Daar is net EEN weg na die Koninkryk van God!! Nie die wêreld se manier nie, nie die kerk se manier nie, nie jou manier nie. Net God se manier. Slegs deur Jesus sal jy die Koninkryk ontvang. Moenie 'n lui rusbank , medium, louwarm Christen wees nie, want daar is nie so 'n Christen in die Koninkryk van God nie. Vra die Here om vir jou wysheid te gee om jou te help om 'n Wedergebore Christen te word. Is jy bereid om jou rug op wêreldse dinge te draai? Jy kan nie een voet in die Koninkryk en die ander voet in die wêreld staan nie. Daar is geen tussenin nie. Tyd is min. Maak seker jy is reg met God – SY manier. Matteus 16:24-25: “Toe sê Jesus vir sy dissipels: “As iemand van julle my volgeling wil wees, moet julle jul eie pad prysgee, julle kruis opneem en My volg. As jy aan jou lewe probeer vashou, sal jy dit verloor. Maar as jy jou lewe ter wille van my prysgee, sal jy dit red." Dit is so, so belangrik om Wedergebore te word. Nadat jy Wedergebore is, sal jy die Heilige Gees ontvang. Hy is jou Leidsman. Hy sal jou lei oor watter rigting jy in jou lewe moet gaan. Dit is baie belangrik om die Heilige Gees te vra om jou te lei. Ons is hier op aarde om die Here se wil te doen en nie ons wil nie.  Dit beteken dat ons deur vervolging sal gaan. Staan op vir Jesus, word soos Jesus.  Hy lewe binne in ons.  1 Johannes 4:4: "omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is." Doen wat Jesus van jou verwag.  Wees gehoorsaam aan God se Woord.


Psalms!!

Pas A by die regte antwoord in B:


A.


1. Psalm 60:

2. Psalm 59:

3. Psalm 25:

4. Psalm 116:

5. Psalm 80:

6. Psalm 111:

7. Psalm 33:

8. Psalm 10:

9. Psalm 125:

10. Psalm 77:

11. Psalm 28:

12. Psalm 137:

13. Psalm 147:

14. Psalm 119:

15. Psalm 106:

16. Psalm 76:

17. Psalm 118:

18. Psalm 12:

19. Psalm 51:

20. Psalm 39:

21. Psalm 115:

22. Psalm 90:

23. Psalm 35:

24. Psalm 89:


B.


1. "Red ons, o Here onse God, en versamel ons uit die nasies, om u heilige Naam te loof en in u lof te roem."


2. "Here, deur al die geslagte was U ons tuiste!"


3. "U onfeilbare liefde sal vir ewig duur. U getrouheid is so duursaam soos die hemel."


4. "U is glorieryk en meer majestueus as die ewige berge."


5. "Dan sal ek in die Here juig. Ek sal bly wees, want Hy red my."


6. "Met God se hulp sal ons magtige dinge doen, want Hy sal ons vyande vertrap."


7. "In sy onfeilbare liefde sal my God by my staan. Hy sal my in triomf laat neerkyk op al my vyande."


8. "Wie is dit wat die Here vrees? Hy sal hulle die pad wys wat hulle moet kies. Hulle sal in voorspoed leef, en hulle kinders sal die land beërwe."


9. "Want U het my siel van die dood gered, my oë van trane, my voete van struikeling."


10. "Prys die Here! Hoe goed is dit om lofliedere tot ons God te sing! Hoe lieflik en hoe gepas!"


11. "Ondersteun my volgens u woord, sodat ek kan lewe; en laat my nie beskaamd staan ​​oor my hoop nie."

Bybelnotas!!

Vind die Bybelverse in:


1. Johannes 14:

2. Johannes 8:

3. Jesaja 26:

4. 2 Korintiërs 5:

5. Efesiërs 4:

6. 2 Petrus 1:

7. Genesis 2:

8. Hebreërs 10:

9. 2 Korintiërs 3:

10. Handelinge 1:


1. "Maar jy mag nie eet van die boom van die kennis van goed en kwaad nie, want wanneer jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe."


2. "Hoe meer jy so groei, hoe meer produktief en nuttig sal jy wees in jou kennis van onse Here Jesus Christus."


3. "Daarom, broers en susters, aangesien ons vrymoedigheid het om die Allerheiligste plek binne te gaan deur die bloed van Jesus."


4. "Sulke vertroue het ons deur Christus voor God."


5. "Want Johannes het wel met water gedoop, maar binne 'n paar dae sal julle met die Heilige Gees gedoop word."


6. "Die Gees van die waarheid. Die wêreld kan Hom nie aanvaar nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie. Maar julle ken Hom, want Hy bly by julle en sal in julle wees."


7. "As die Seun julle dan vrymaak, sal julle waarlik vry wees."


8. "Julle sal dié wat standvastig is in vrede bewaar, omdat hulle op julle vertrou."


9. "En vanweë sy heerlikheid en uitnemendheid het Hy ons groot en kosbare beloftes gegee. Dit is die beloftes wat julle in staat stel om sy goddelike natuur te deel en die wêreld se verdorwenheid wat deur menslike begeertes veroorsaak word, te ontvlug."


10. "Want ons moet almal voor Christus staan ​​om geoordeel te word. Ons sal elkeen ontvang wat ons verdien vir die goeie of die slegte wat ons in hierdie aardse liggaam gedoen het."


11. "Om sy mense toe te rus vir werke van diens, sodat die liggaam van Christus opgebou kan word."


Psalm 91:

 "Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind

en die beskerming van die Almagtige geniet,
hy sê vir die Here:
“U is my toevlug en my veilige vesting,
my God op wie ek vertrou.”

Dit is Hy wat jou uit die voëlvanger se wip hou
en jou bewaar van dodelike siekte.

Hy beskut jou onder sy vleuels
en is vir jou 'n veilige skuilplek.
Sy trou beskerm jou aan alle kante.

Jy hoef nie bang te wees vir gevaar in die nag
of vir aanvalle oordag,

vir pes wat in die donker toeslaan
of vir siekte wat helder oordag verwoesting saai nie.


Al val daar duisende langs jou, tienduisende by jou, vir jou sal niks tref nie.  Met jou eie oë sal jy sien hoe die goddelose gestraf word.

Omdat jy die Here as skuilplek geneem het,
die Allerhoogste as jou beskermer,

sal geen onheil jou tref
en geen plaag naby jou woonplek kom nie.

Hy sal sy engele opdrag gee
om jou te beskerm waar jy ook al gaan.

Op hulle hande sal hulle jou dra,
sodat jy nie jou voet teen 'n klip sal stamp nie.

Jy sal oor leeus en adders loop,
leeus en slange sal jy doodtrap.


“Omdat hy My liefhet, sal Ek hom red,”

sê die Here, “omdat hy My ken, sal Ek hom beskerm.
Wanneer hy My aanroep, sal Ek sy gebed verhoor;
in sy nood sal Ek by hom wees,
Ek sal hom red en hom in sy eer herstel.

'n Baie lang lewe sal Ek hom gee
en oor my hulp sal hy hom verbly.”

Verlossingsgebed!!

  Hemelse Vader, ek erken dat ek 'n sondaar is.  Ek kom na U toe en vra U om my te vergewe vir my sondes.  Ek gee my lewe vir U.  Kom in my lewe en lei my.  Wys my U wil en nie my wil.  In Jesus se Naam.  Amen.


Sodra jy hierdie gebed gebid het, en jou lewe aan Jesus gegee het, stuur asseblief  'n e -pos na:


navrae@weesafktiefvirjesusleefstyl.co.za 


Bekeer julle en laat julle doop! Dit is belangrik om 'n wedergeborene te wees.  Jesus kom gouer soos jy dink!! Wees gereed!! Hou jouself besig met God se werk en nie joune nie!!!

Die sleutel vir die Koninkryk van God - Wedergebore!!

  Wedergebore:


1. Bekering

2. Nooi Jesus in jou lewe

3. Doop 


'n Nuwe Lewe!!


1. Verhouding met die Here

2. Nuwe Persoon

3. Nuwe Leefstyl

4. Vind die regte kerk

5. Studeer en oordink die Woord van God dag en nag.

6. Leef die Woord van God


Om Jesus te volg moet jy gehoorsaam wees in alles wat Hy jou vra om te doen!! Wat is jy bereid om optegee om Jesus te volg?

Monday, 30 March 2026

Volg:

                 Volg:



Volg Wees Aktief vir Jesus op:



https://weesaktiefvirJesus.blogspot.com

EN

www.weesaktiefvirjesusleefstyl.co.za


Aksie Kidz vir Jesus Gear is nou beskikbaar!!

  Aksie Kidz vir Jesus Gear is nou beskikbaar!!


Beskikbaar in Afrikaans. Ook beskikbaar vir volwassenes !!

 

Studiegidse R90 

NotaBoeke R70 

Inkleurboeke R90

Plakkerboeke R190 

Aktiwiteitsboeke R90 

Legkaarte R270

Bekers R170

T-hemde R270 


E-pos: navrae@aksiekidzvirjesus.co.za

navrae@weesafktiefvirjesusleefstyl.co.za







Follow Kingdom Lifestyle Ministries!!

        

     



  












Hoe weet ek ek is in die regte of verkeerde kerk!!

   Hoe weet ek ek is in die regte of verkeerde kerk!!Nie elke kerk n, Pastoor sal hemel toe gaan nie!! Jy moet seker maak jy behoort aan 'n kerk wat gevul is met die Heilige Gees. Vra God om jou te help om vir jou die regte kerk te wys!! Dit is baie belangrik om aan die regte kerk te behoort. 'n Kerk waar jy gemaklik is is 'n groot NEE!! Jy moet uitgedaag word in jou geloof. Jou geloof moet groei. 'n Kerk wat gevul is met die Heilige Gees is die regte kerk!  Maak seker jy is ook Wedergebore!! Jy moet jou bekeer en jou lewe vir Jesus gee en gedoop word!! 'n Kerk moet vermy word: 1.  Wanneer die kerk nie gevul is met die Heilige Gees nie.   2.  Te veel leerstellings, soos die normale tradisionele kerke. 3.  Die doop van babas.  Dit is nie Bybels nie.  Jesus was gedoop toe Hy 30 was en nie as 'n baba nie. 4.  Preke  wat gaan oor wat mense wil hoor en nie wat hulle moet hoor nie.  Jy moet ver van hulle af bly!! Fokus nou daarop om die regte kerk te vind. Vra God om vir jou die regte kerk te wys en om deure vir jou oop te maak om daar uit te kom!! Maar dit is van lewensbelang dat jy na die regte kerk moet gaan!! ’n Godsdienstige kerk is groot moeilikheid. Dit gaan jou nie help om in die hemel te kom nie!! Die regte kerk is, wat met die Heilige Gees gevul is, waar jy groei in jou geloof, waar jy uitgedaag word in jou geloof, waar hulle almal van alle ouderdomme doop en gefokus is op die Woord van God alleen!

Matteus 17:

 "Die verheerliking op die berg


Ses dae later het Jesus vir Petrus en Jakobus en sy broer Johannes saamgeneem en hulle op 'n hoë berg gebring waar hulle alleen was. Daar het sy voorkoms voor hulle oë verander: sy gesig het begin straal soos die son, en sy klere het wit geword soos die lig. Skielik het Moses en Elia aan hulle verskyn en met Jesus gepraat.

Toe sê Petrus vir Jesus: “Here, dit is goed dat ons hier is. As U wil, sal ek hier drie hutte bou: een vir U, een vir Moses en een vir Elia.”

Terwyl hy nog praat, het 'n helderligte wolk skielik sy skaduwee oor hulle gegooi, en 'n stem uit die wolk het gesê: “Dit is my geliefde Seun oor wie Ek My verheug. Luister na Hom.”

Toe sy dissipels dit hoor, het hulle baie bang geword en op die grond neergeval. Maar Jesus het na hulle toe gekom, hulle aangeraak en gesê: “Staan op en moenie bang wees nie.”

Toe hulle opkyk, het hulle niemand gesien nie, net Jesus alleen.


Die koms van Elia

Terwyl hulle van die berg afkom, het Jesus hulle beveel: “Wat julle gesien het, moet julle vir niemand vertel voordat die Seun van die mens uit die dood opgewek is nie.”

Die dissipels vra Hom toe: “Waarom sê die skrifgeleerdes dan dat Elia eers moet kom?”

“Elia kom wel om alles weer reg te maak,” antwoord Hy, “maar Ek sê vir julle Elia het al gekom, maar hulle het hom nie herken nie en met hom gemaak net wat hulle wou. So sal ook die Seun van die mens deur hulle mishandel word.”

Toe het die dissipels verstaan dat Hy met hulle van Johannes die Doper gepraat het.


Jesus maak 'n seun gesond

Toe hulle weer by die mense kom, het 'n man voor Hom kom kniel en gesê: “Here, ontferm U tog oor my seun, want hy is geestelik versteurd en hy ly verskriklik. Hy val dikwels in die vuur en dikwels in die water. Ek het hom al na u dissipels toe gebring, en hulle kon hom nie gesond maak nie.”

“Ongelowige en ontaarde geslag,” het Jesus gesê, “hoe lank moet Ek nog saam met julle wees? Hoe lank moet Ek julle nog verdra? Bring hom hier vir My!”

Jesus het die bose gees skerp aangespreek, en die bose gees het van die seun af weggegaan. Van daardie oomblik af het die seun gesond geword.

Die dissipels het toe alleen na Jesus toe gekom en gevra: “Waarom kon ons hom nie uitdryf nie?”

“Omdat julle geloof te klein is,” sê Hy vir hulle. “Dit verseker Ek julle: As julle maar geloof het so groot soos 'n mosterdsaadjie, sal julle vir hierdie berg sê: ‘Gaan staan daar anderkant!’ en hy sal gaan. Niks sal vir julle onmoontlik wees nie.”


Jesus kondig die tweede keer sy dood en opstanding aan

Toe die dissipels weer in Galilea bymekaar was, het Jesus vir hulle gesê: “Die Seun van die mens gaan oorgelewer word in die hande van mense, en hulle sal Hom doodmaak, en op die derde dag sal Hy uit die dood opgewek word.”

Hieroor het hulle baie bedroef geword.


Die tempelbelasting

By hulle aankoms in Kapernaum het die amptenare wat die tempelbelasting invorder, na Petrus toe gegaan en gesê: “Wat van julle leermeester? Betaal hy dan nie tempelbelasting nie?”

“Ja, natuurlik,” antwoord hy.

Toe hy in die huis kom, was Jesus hom voor met die vraag: “Simon, hoe dink jy: Van wie vorder die konings van die wêreld tol of belastings in? Van hulle seuns of van ander mense?”

Toe Petrus antwoord: “Van ander mense,” sê Jesus vir hom: “Dan is die seuns mos vrygestel. Maar ons moenie hierdie mense aanstoot gee nie. Gaan see toe en gooi hoek in, en die eerste vis wat byt, moet jy uittrek. As jy sy bek oopmaak, sal jy 'n silwermuntstuk daarin kry. Vat dit en betaal hulle die belasting vir My en vir jou.”

Matteus 16:

" 'n Tweede versoek om 'n teken afgewys

Die Fariseërs en die Sadduseërs het gekom om Jesus op die proef te stel. Hulle het Hom gevra om vir hulle as teken uit die hemel 'n wonder te doen.

Maar Hy antwoord hulle: “In die aand sê julle: ‘Daar kom mooi weer, want die lug is rooi;’ in die môre sê julle: ‘Vandag sal dit onweer wees, want die lug is dynserig rooi.’ Julle weet hoe om die voorkoms van die lug te beoordeel, maar die tekens van die tye kan julle nie onderskei nie. 'n Slegte en afvallige geslag wil 'n teken hê, en geen teken sal aan hulle gegee word nie behalwe die teken van Jona.”

Hy het hulle daar gelaat en weggegaan.


Die suurdeeg van die Fariseërs en die Sadduseërs

Die dissipels het na die oorkantste oewer toe gegaan, maar vergeet om brood saam te neem. Jesus het vir hulle gesê: “Pas op en wees op julle hoede vir die suurdeeg van die Fariseërs en die Sadduseërs.”

Hulle het toe met mekaar daaroor gepraat en gesê: “Dit is omdat ons nie brood saamgebring het nie.”

Jesus het geweet wat hulle praat, en Hy sê vir hulle: “Kleingelowiges! Hoekom praat julle met mekaar daaroor dat julle nie brood het nie? Verstaan julle nog nie en onthou julle nie die vyf brode vir die vyf duisend en hoeveel mandjies vol julle bymekaargemaak het nie? En die sewe brode vir die vier duisend en hoeveel mandjies vol julle bymekaargemaak het nie? Hoe is dit dan dat julle nie verstaan dat Ek nie met julle oor brood gepraat het nie? Ek het gesê: Pas op vir die suurdeeg van die Fariseërs en die Sadduseërs.”

Toe het hulle verstaan dat Hy nie bedoel het dat hulle vir gewone suurdeeg op hulle hoede moet wees nie maar vir die leer van die Fariseërs en die Sadduseërs.


Die belydenis van Petrus

Toe Jesus in die streke van Sesarea-Filippi kom, het Hy vir sy dissipels gevra: “Wie, sê die mense, is die Seun van die mens?”

Hulle antwoord: “Party sê Johannes die Doper, party Elia, party Jeremia of een van die profete.”

“Maar julle,” het Hy gevra, “wie, sê julle, is Ek?”

Simon Petrus het geantwoord: “U is die Christus, die Seun van die lewende God.”

“Gelukkig is jy, Simon Barjona,” het Jesus vir hom gesê, “want dit is nie 'n mens wat dit aan jou geopenbaar het nie, maar my Vader wat in die hemel is.  En Ek sê vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my kerk bou, en die magte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie. Ek sal aan jou die sleutels van die koninkryk van die hemel gee, en wat jy op die aarde toesluit, sal in die hemel toegesluit bly; en wat jy op die aarde oopsluit, sal in die hemel oopgesluit bly.”

Toe het Jesus sy dissipels beveel om vir niemand te sê dat Hy die Christus is nie.


Jesus kondig die eerste keer sy dood en opstanding aan

Van toe af het Jesus dit vir sy dissipels duidelik begin stel dat Hy Jerusalem toe moet gaan en baie moet ly onder die familiehoofde, die priesterhoofde en die skrifgeleerdes, en dat Hy doodgemaak moet word, en die derde dag uit die dood opgewek moet word.

Petrus het Hom toe opsy geneem en Hom begin berispe: “Mag God dit verhoed, Here! Dit sal beslis nie met U gebeur nie.”

Maar Jesus het na Petrus toe gedraai en vir hom gesê: “Moenie in my pad staan nie, Satan! Jy is vir My 'n struikelblok, want jy dink nie aan wat God wil hê nie, maar aan wat die mense wil hê.”


Om Jesus te volg

Toe sê Jesus vir sy dissipels: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg, want wie sy lewe wil behou, sal dit verloor; maar wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit terugkry. Wat sal dit 'n mens help as hy die hele wêreld as wins verkry maar sy lewe verloor, of wat sal 'n mens gee in ruil vir sy lewe? Die Seun van die mens gaan saam met sy engele kom. Hy sal beklee wees met dieselfde heerlikheid as sy Vader en sal elkeen volgens sy dade vergeld. Dit verseker Ek julle: Daar is party van dié wat hier staan wat beslis nie sal sterwe voordat hulle die Seun van die mens in sy koninkryk sien kom het nie.”

Die Here is jou Beskerming!!

Pas A by die regte antwoord in B:


A.


1.  Efesiërs 6:

2.  Eksodus 14:

3.  Psalm 59:

4.  Jeremia 30:

5.  Spreuke 19:

6.  Handelinge 10:

7.  Lukas 20:

8.  1 Petrus 5:

9.  Jakobus 3:

10.  Josua 11:

11.  Markus 15:

12.  Nehemia 7:

13.  2 Timoteus 2:

14.  Kolossense 1:

15.  Psalm 3:

16.  Psalm 121:

17.  Psalm 91:

18.  Psalm 54:

19.  Psalm 32:

20.  Eksodus 30:

21.  Filippense 3:

22.  Romeine 8:

23.  Psalm 94:

24.  Jesaja 54:


B.


1.  "Elke wapen wat teen jou gesmee word, sal niks uitrig nie; en elke tong wat teen jou opstaan in die gereg, sal jy weerlê. Dit is die erfdeel van die knegte van die Here en hulle geregtigheid wat uit My is, spreek die Here."


2.  "U is ‘n skuilplek vir my; U bewaar my vir benoudheid; U omring my met vrolike gesange van bevryding."


3.  "Wat sal ons dan van hierdie dinge sê? As God vír ons is, wie kan teen ons wees?"


4.  "Maar die Here is ‘n rotsvesting vir my, en my God die rots van my toevlug."


5.  "Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel."


6.  "Die Here sal vir julle stry, en julle moet stil wees."


7.  "Maar ék sal sing van u sterkte en elke môre jubel oor u goedertierenheid, want U was ‘n rotsvesting vir my en ‘n toevlug in die dag toe ek benoud was."


8.  "Maar U, Here, is ‘n skild wat my beskut, my eer en die Een wat my hoof ophef."


9.  "Die Here sal jou bewaar vir elke onheil; jou siel sal Hy bewaar."


10.  "Hy sal jou dek met sy vlerke, en onder sy vleuels sal jy skuil; sy trou is ‘n skild en pantser."


11.  "Kyk, God is my helper. Dit is die Here wat my siel ondersteun."


Lewe in die ware Lig!!

Pas A by die regte antwoord in B:


A.


1.  Matteus 6:

2.  1 Johannes 2:

3.  Johannes 1:

4.  1 Petrus 2:

5.  Markus 13:

6.  Lukas 18:

7.  1 Konings 20:

8.  Psalm 33:

9.  1 Timoteus 5:

10.  Sagaria 11:

11.  Amos 1:

12.  Eksodus 28:

13.  Romeine 15:

14.  Psalm 122:

15.  Filippense 3:

16.  Jesaja 60:

17.  Johannes 12:

18.  Psalm 89:

19.  Psalm 43:

20.  Openbaring 20:

21.  Kolossense 2:

22.  Matteus 5:

23.  Psalm 119:

24.  Psalm 112:


B.


1.  "Stuur u lig en u waarheid dat dié my lei en my bring na u heilige berg, na u woning!"


2.  "Dit gaan goed met die volk wat kan jubel tot u eer, wat in u lig lewe, Here."


3.  "hy laat sy lig in die donker uitstraal vir die opregtes, hy is genadig, barmhartig en regverdig."


4.  "Wanneer u woord vir mense oopgaan, bring dit lig; dit gee insig aan dié wat nog onervare is."


5.  “Julle is die lig vir die wêreld. 'n Stad wat op 'n berg lê, kan nie weggesteek word nie."


6.  “Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog goed is, sal jou hele liggaam lig hê."


7.  "Hy het gekom om te getuig; hy moes getuig van die lig, sodat almal deur hom tot geloof kon kom."


8.  "Wie sy broer liefhet, bly in die lig, en daar is niks wat hom laat struikel nie."


9.  "Julle, daarenteen, is 'n uitverkore volk, 'n koninklike priesterdom, 'n nasie wat vir God afgesonder is, die eiendomsvolk van God, die volk wat die verlossingsdade moet verkondig van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderbare lig."


10.  "Bedags sal dit nie die son wees wat vir jou lig gee nie, snags sal dit nie die maan wees wat oor jou skyn nie: die Here sal vir jou 'n ewige lig wees, en jy sal roem in jou God."


11.  "Toe sê Jesus vir hulle: “Nog net 'n kort tydjie is die lig by julle. Lewe in die lig terwyl julle dit het sodat die duisternis julle nie oorval nie. Wie in die duisternis lewe, weet nie waar hy gaan uitkom nie."


Die Bloed van Jesus!!

Vind die Bybelverse in:


1. Johannes 6:

2. Lukas 22:

3. Eksodus 12:

4. Openbaring 5:

5. Hebreërs 13:

6. Kolossense 1:

7. Efesiërs 2:

8. Romeine 3:

9. Matteus 26:


1. "So het Jesus ook buitekant die poort gely om die volk deur sy eie bloed te heilig."


2. "En deur Hom alles met Homself te versoen, hetsy op die aarde of in die hemel, deur vrede te maak deur die bloed van sy kruis."


3. "Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus."


4. "Tog maak God ons in sy genade vrygewig voor Hom. Hy het dit gedoen deur Christus Jesus toe Hy ons van die straf vir ons sondes vrygespreek het. Want God het Jesus as die offer vir sonde aangebied. Mense word vrygespreek met God wanneer hulle glo dat Jesus sy lewe opgeoffer het en sy bloed vergiet het. Hierdie offer wys dat God regverdig was toe Hy teruggehou het en nie diegene gestraf het wat in die verlede gesondig het nie."


5. "Want dit is my bloed, die bloed van die verbond, wat vir baie uitgegiet word tot vergifnis van sondes."


6. "Want my vlees is die ware voedsel, en my bloed is die ware drank. Wie my vlees eet en my bloed drink, bly in My en Ek in hom. Soos die lewende Vader My gestuur het en Ek deur die Vader leef, so sal wie My eet, ook deur My lewe. Dit is die brood wat uit die hemel neergedaal het; nie soos die brood wat die vaders geëet en gesterf het nie. Wie hierdie brood eet, sal vir ewig lewe." Jesus het hierdie dinge in die sinagoge gesê terwyl Hy in Kapernaüm geleer het.


7. "En net so het Hy die beker geneem nadat hulle geëet het en gesê: "Hierdie beker wat vir julle uitgegiet word, is die nuwe verbond in my bloed."


8. "Dit is die brood wat uit die hemel neerdaal, sodat 'n mens daarvan kan eet en nie sterwe nie. Ek is die lewende brood wat uit die hemel neerdaal. As iemand van hierdie brood eet, sal hy vir ewig lewe. En die brood wat Ek vir die lewe van die wêreld sal gee, is my vlees." Die Jode het toe onder mekaar gestry en gesê: "Hoe kan hierdie man ons sy vlees gee om te eet?" Toe sê Jesus vir hulle: "Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie die vlees van die Seun van die mens eet en sy bloed drink nie, het julle geen lewe in julleself nie. Wie my vlees eet en my bloed drink, het die ewige lewe, en Ek sal hom opwek in die laaste dag."


9. "Die bloed sal vir julle 'n teken wees aan die huise waar julle is. En wanneer Ek die bloed sien, sal Ek julle verbygaan, en geen plaag sal julle tref om julle te vernietig wanneer Ek Egipteland tref nie."


10. "Mag die God van vrede nou, wat ons Here Jesus, die groot Herder van die skape, deur die bloed van die ewige verbond uit die dood teruggebring het."


11. "En hulle het 'n nuwe lied gesing en gesê: U is waardig om die boekrol te neem en sy seëls oop te maak, want U is geslag en met u bloed het U mense vir God losgekoop uit elke stam en taal en volk en nasie."

Jesus - Die Seun van God!!

Vind die Bybelverse in:


1.  Johannes 3:

2.  Johannnes 14:

3.  Matteus 16:

4.  2 Korintiërs 5:

5.  1 Johannes 5:

6.  Johannes 1:

7.  Jesaja 9:

8.  Efesiërs 2:

9.  Handelinge 13:


1.  "Hy moet meer word, maar ek minder.'


2.  "Want ‘n Kind is vir ons gebore, ‘n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors."


3.  "Maar God, wat ryk is in barmhartigheid, het ons deur sy grote liefde waarmee Hy ons liefgehad het, ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus—uit genade is julle gered."


4.  "Laat dit dan aan julle bekend wees, broeders, dat deur Hom vergifnis van sondes aan julle verkondig word, en dat elkeen wat glo, deur Hom geregverdig word van alles waarvan julle deur die wet van Moses nie geregverdig kon word nie."


5.  "Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word."


6.  "En wat julle ook al in my Naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word."


7.  "Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword."


8.  "Hy sê vir hulle: Maar julle, wie sê julle is Ek? En Simon Petrus antwoord en sê: U is die Christus, die Seun van die lewende God."


9.  "Wie anders is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is?"


10.  "En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon—en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom—vol van genade en waarheid."


Volg:

      Volg : Volg Wees Aktief vir Jesus op: https://weesaktiefvirJesus.blogspot.com EN www.weesaktiefvirjesusleefstyl.co.za