Saturday, 10 May 2025

Ons het die gesindheid van Christus!!

Vind die Bybelverse in:


1. Romeine 11:

2. Kolossense 3:

3. 2 Timoteus 1:

4. 1 Johannes 5:

5. 1 Johannes 2:

6. Filippense 4:

7. Romeine 12:

8. 1 Petrus 1:

9. 1 Korintiërs 2:

10. Filippense 2:


1. “Want wie het die sin van die Here verstaan ​​om Hom te onderrig?” Maar ons het die gesindheid van Christus."


2. "Laastens, broers, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat prysenswaardig is, wat deug en lofwaardig is, bedink dit."


3. "Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is."


4. "Wees daarom verstandelik wakker en nugter, en vestig julle hoop volkome op die genade wat julle deel sal word by die wederkoms van Jesus Christus."


5. "maak dan nou my blydskap volkome deur eensgesind te wees: een in liefde, een van hart, een in strewe.  Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself.  Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander.  Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was."


6. "Want wie het die gesindheid van die Here geken, of wie was sy raadgewer?"


7. "Rig julle gedagtes op die dinge wat daarbo is, nie op die dinge wat op die aarde is nie."


8. "Want God het ons nie 'n gees van vrees gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing."


9. "En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus."


10. "En ons weet dat die Seun van God gekom het en ons verstand gegee het om die ware God te ken; en ons is in die ware God, in sy Seun, Jesus Christus. Hy is die ware God en die ewige lewe."


11. "Wie beweer dat hy in Hom bly, behoort self ook te lewe soos Jesus gelewe het."


Volg:

      Volg : Volg Wees Aktief vir Jesus op: https://weesaktiefvirJesus.blogspot.com EN www.weesaktiefvirjesusleefstyl.co.za