Tuesday, 31 March 2026

Lewe in die Lig!!

Kies die regte Skrifgedeelte:


1.  "Die Here is my lig en my redder, vir wie sou ek bang wees? Die Here is my toevlug, vir wie sou ek vrees?"


A.  Psalm 133:

B.  Psalm 50:

C.  Psalm 110:

D.  Psalm 75:

E.  Psalm 27:


2.  "Daar is donkerte oor die aarde, duisternis oor die nasies, maar oor jou gee die Here lig, oor jou verskyn sy magtige teenwoordigheid."


A.  Jeremia 33:

B.  Josua 10:

C.  Spreuke 29:

D.  Amos 1:

E.  Jesaja 60:


3.  "om lig te bring aan dié wat in duisternis en in die skaduwee van die dood lewe, om ons voetstappe te rig op die pad van vrede.”


A.  Markus 13:

B.  Romeine 10:

C.  Jakobus 3:

D.  Handelinge 18:

E.  Lukas 1:


4.  "Maar wie volgens die waarheid handel, kom na die lig toe, sodat dit duidelik kan blyk dat sy dade in gehoorsaamheid aan God gedoen is.”


A.  1 Petrus 3:

B.  Kolossense 2:

C.  1 Tessalonisense 3:

D.  Matteus 20:

E.  Johannes 3:


5.  "Hy was die lamp wat gebrand en geskyn het, en julle was gewillig om julle 'n rukkie in sy lig te verheug."


A.  Matteus 21:

B.  1 Timoteus 3:

C.  Markus 15:

D.  Lukas 11:

E.  Johannes 5:


6.  "Ek het as die lig na die wêreld toe gekom, sodat dié wat in My glo, nie in die duisternis sou bly nie."


A.  Handelinge 19:

B.  Kolossense 2:

C.  Jakobus 5:

D.  Johannes 12:

E.  Romeine 10:


7.  "Die Christus moes ly en die eerste wees wat uit die dood opstaan. Daardeur sou Hy aan die Jode en aan die heidennasies die lig bring.”


A.  Markus 11:

B.  Filippense 2:

C.  Johannes 18:

D.  1 Petrus 5:

E.  Handelinge 26:


8.  "Jy is daarvan oortuig dat jy 'n gids vir die blindes is, 'n lig vir dié wat in die duisternis is."


A.  Jakobus 3:

B.  Matteus 18:

C.  Lukas 11:

D.  1 Timoteus 5:

E.  Romeine 2:



9.  "Die nag is byna verby; dit is amper dag. Laat ons dan ophou met die werke van die duisternis; laat ons die wapens van die lig opneem."


A.  Lukas 20:

B.  Handelinge 19:

C.  Johannes 15:

D.  Openbaring 22:

E.  Romeine 13:


10.  "Julle is tog almal mense van die lig, mense van die dag; ons is nie van die nag of die duisternis nie."


A.  Kolossense 2:

B.  1 Johannes 1:

C.  Titus 3:

D.  1 Tessalonisense 5:

E.  1 Timoteus 3:


Volg:

      Volg : Volg Wees Aktief vir Jesus op: https://weesaktiefvirJesus.blogspot.com EN www.weesaktiefvirjesusleefstyl.co.za