Sunday, 25 May 2025

Heilige Gees!!

As 'n wedergebore gelowige, sal jy die Heilige Gees vra om in jou te kom leef.  Hy sal jou bystaan elke stap van jou lewe.  The vrug van die Gees is: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing.  Jy is die draer van die vrugte van die Gees.  Jou liggam is 'n lewende tempel van die Heilige Gees.  Dit is so baie belangrik om na jou liggaam te kyk en te versorg.  Jy sal anders wees in vergelyking met die res van die wêreld, jou loop, praat en hoe jy lyk sal verskil van 'n wêreldse mens. Jy moet nie betrokke raak by enige skinderstories nie.  'n Groot voordeel van die Heilige Gees wat binne jou woon, is dat jy in tale kan praat.  Om in tale te praat is 'n kragtige wapen teen die duiwel.  Die duiwel sal nie verstaan wat jy praat nie en jy sal ook nie verstaan nie maar God sal verstaan.  Wanneer daar moeilike omstandighede is, kan jy begin om in tale te bid.  In jou daaglikse lewe is dit baie belangrik om in tale te praat.  Dit is 'n gebed, lofprysing, dit is jou beskerming, dit is jou wapen.  Die Heilige Gees sal altyd met jou oraat wanneer jy rustig is, slaap en ook deur God se Woord.  Hy sal jou altyd op die regte pad lei en jy hoef vir niks bang te wees nie.


Volg:

      Volg : Volg Wees Aktief vir Jesus op: https://weesaktiefvirJesus.blogspot.com EN www.weesaktiefvirjesusleefstyl.co.za