Wednesday, 30 April 2025

Volg:

   Volg:



Volg Wees Aktief vir Jesus op:



https://weesaktiefvirJesus.blogspot.com

EN

www.weesaktiefvirjesusleefstyl.co.za


Aksie Kidz vir Jesus Gear is nou beskikbaar !!

   Aksie Kidz vir Jesus Gear is nou beskikbaar !!


Beskikbaar in Afrikaans. Ook beskikbaar vir volwassenes !!

 

Studiegidse R90 

NotaBoeke R70 

Inkleurboeke R90

Plakkerboeke R190 

Aktiwiteitsboeke R90 

Legkaarte R270

Bekers R170

T-hemde R270 


E-pos: navrae@aksiekidzvirjesus.co.za

navrae@weesafktiefvirjesusleefstyl.co.za







Hoe weet ek ek is in die regte of verkeerde kerk!!

 Hoe weet ek ek is in die regte of verkeerde kerk!!Nie elke kerk n, Pastoor sal hemel toe gaan nie!! Jy moet seker maak jy behoort aan 'n kerk wat gevul is met die Heilige Gees. Vra God om jou te help om vir jou die regte kerk te wys!! Dit is baie belangrik om aan die regte kerk te behoort. 'n Kerk waar jy gemaklik is is 'n groot NEE!! Jy moet uitgedaag word in jou geloof. Jou geloof moet groei. 'n Kerk wat gevul is met die Heilige Gees is die regte kerk!  Maak seker jy is ook Wedergebore!! Jy moet jou bekeer en jou lewe vir Jesus gee en gedoop word!! 'n Kerk moet vermy word: 1.  Wanneer die kerk nie gevul is met die Heilige Gees nie.   2.  Te veel leerstellings, soos die normale tradisionele kerke. 3.  Die doop van babas.  Dit is nie Bybels nie.  Jesus was gedoop toe Hy 30 was en nie as 'n baba nie. 4.  Preke  wat gaan oor wat mense wil hoor en nie wat hulle moet hoor nie.  Jy moet ver van hulle af bly!! Fokus nou daarop om die regte kerk te vind. Vra God om vir jou die regte kerk te wys en om deure vir jou oop te maak om daar uit te kom!! Maar dit is van lewensbelang dat jy na die regte kerk moet gaan!! ’n Godsdienstige kerk is groot moeilikheid. Dit gaan jou nie help om in die hemel te kom nie!! Die regte kerk is, wat met die Heilige Gees gevul is, waar jy groei in jou geloof, waar jy uitgedaag word in jou geloof, waar hulle almal van alle ouderdomme doop en gefokus is op die Woord van God alleen!

Belangrike Kennisgewing!!

Bekeer julle en laat julle doop! Dit is belangrik om 'n wedergeborene te wees.  Jesus kom gouer soos jy dink!! Wees gereed!! Hou jouself besig met God se werk en nie joune nie!!!

Galasiërs 6:

 "Dra mekaar se laste

Broers, as iemand in die een of ander sonde val, moet julle wat julle deur die Gees laat lei, so iemand in 'n gees van sagmoedigheid reghelp. En pas op: jy kan self ook in versoeking kom. Dra mekaar se laste, en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus. As iemand hom verbeel hy is iets en hy is niks, bedrieg hy homself. Laat elkeen sy eie doen en late ondersoek: as dit goed is, kan hy daarop trots wees sonder om dit met dié van 'n ander te vergelyk. Elkeen sal rekenskap moet gee oor wat hy gedoen het.

Iemand wat onderrig ontvang in die woord van God, moet sy leermeester laat deel in al die goeie dinge wat hy het.

Moenie julleself mislei nie: God laat nie met Hom spot nie. Wat 'n mens saai, dit sal hy ook oes. Wie op die akker van sy sondige natuur saai, sal van die sondige natuur dood en verderf oes. Maar wie op die akker van die Gees saai, sal van die Gees die ewige lewe oes. Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel. Solank ons die geleentheid het, moet ons dus aan almal goed doen, veral aan ons medegelowiges.

Laaste waarskuwing en groet

Van hier af skryf ek eiehandig aan julle. Kyk net die groot letters!

Daardie mense wat so daarop aandring dat julle julle ook moet laat besny, wil maar net uiterlik 'n goeie indruk maak, sodat hulle nie vervolg sou word ter wille van die kruis van Christus nie. Al het hulle hulle laat besny, onderhou hulle self nie die wet van Moses nie, maar hulle wil net hê dat julle julle moet laat besny sodat hulle kan roem oor wat met julle liggaam gebeur het. Maar wat my betref, mag God verhoed dat ek ooit oor iets anders roem as oor die kruis van ons Here Jesus Christus, want deur die kruis is die wêreld vir my dood en ek vir die wêreld. Of 'n mens besny is of nie, is nie van belang nie, maar dat jy 'n nuwe mens is. En almal wat volgens hierdie beginsel leef, die ware Israel – mag God aan hulle vrede gee en barmhartigheid bewys.

Niemand moet dit vir my verder moeilik maak nie, want ek dra al klaar die littekens van Jesus aan my liggaam.

Die genade van ons Here Jesus Christus sal by julle gees wees, broers! Amen."

Galasiërs 5:

"Christus het ons vrygemaak om werklik vry te wees. Staan dan vas in hierdie vryheid en moet julle nie weer onder 'n slawejuk laat indwing nie.

Die Christelike vryheid

Kyk, ek, Paulus, sê vir julle: As julle julle laat besny, sal Christus vir julle geen betekenis hê nie. Ek sê dit weer nadruklik vir elkeen wat hom laat besny: Hy is verplig om die hele wet van Moses te onderhou. Julle wat van julle sonde vrygespreek wil word deur die wet te onderhou, julle het julle band met Christus verbreek, julle het die genade van God verbeur. Wat ons betref, deur die werking van die Gees is dit ons hoop en verwagting dat ons deur te glo, vrygespreek sal word. In Christus Jesus is dit nie van belang of jy besny is of nie. Al wat van belang is, is geloof wat deur die liefde tot dade oorgaan.

Julle was so goed op pad. Wie het julle verhinder om die waarheid te bly gehoorsaam?  Wie het julle omgepraat? Nie God nie; Hy roep julle tot gehoorsaamheid. 'n Bietjie suurdeeg deurtrek die hele deeg. Ons band met die Here gee my die vertroue dat julle net so sal dink soos ek. Maar die man wat vir julle in verwarring bring, wie hy ook al mag wees, God sal hom straf.

Wat my betref, broers, as ek nog verkondig dat 'n mens besny moet word, waarom word ek dan nog vervolg? Dan is die kruis as struikelblok mos uit die weg geruim. Ek wens die mense wat dié verwarring onder julle stig, wou hulleself dan maar heeltemal ontman!

Die Gees van God en ons sondige natuur

Julle, broers, julle is tot vryheid geroep. Moet net nie julle vryheid misbruik as 'n verskoning om sonde te doen nie, maar dien mekaar in liefde. Die hele wet word in hierdie een gebod saamgevat: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” Maar julle byt en verskeur mekaar; pas op dat julle mekaar nie later heeltemal verslind nie.

Wat ek bedoel, is dít: Laat julle lewe steeds deur die Gees van God beheers word, dan sal julle nooit swig voor begeertes van julle sondige natuur nie. Wat ons sondige natuur begeer, is in stryd met wat die Gees wil, en wat die Gees wil, is in stryd met wat ons sondige natuur begeer. Hierdie twee staan lynreg teenoor mekaar, en daarom kan julle nie doen wat julle graag wil nie. Maar as julle julle deur die Gees laat lei, staan julle nie meer onder die wet nie.

Die praktyke van die sondige natuur is algemeen bekend: onsedelikheid, onreinheid, losbandigheid, afgodsdiens, towery, vyandskap, haat, naywer, woede, rusies, verdeeldheid, skeuring, afguns, dronkenskap, uitspattigheid en al dergelike dinge. Ek waarsku julle soos ek julle al vroeër gewaarsku het: Wie hom aan sulke dinge skuldig maak, sal nie die koninkryk van God as erfenis verkry nie.

Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge het die wet niks nie. Dié wat aan Christus Jesus behoort, het hulle sondige natuur met al sy hartstogte en begeertes gekruisig. Ons lewe deur die Gees; laat die Gees nou ook ons gedrag bepaal. Ons moenie verwaand wees, mekaar uittart of op mekaar afgunstig wees nie."

Aanbid God te alle tye!!

Vind die Bybelverse in:


1. Hebreërs 12:

2. Romeine 12:

3. Eksodus 23:

4. Johannes 4:

5. Psalm 95:

6. Jesaja 25:

7. Psalm 150:

8. Hebreërs 13:

9. Psalm 71:

10. Kolossense 3:


1. "God is Gees, en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid."


2. "Kom, laat ons aanbid en neerbuig; laat ons kniel voor die Here, ons Maker!"


3. "O Here, U is my God; ek sal U verhoog; ek sal u Naam prys, want U het wonders gedoen, planne van ouds af gemaak, getrou en seker."


4. "Laat alles wat asemhaal, die Here prys! Prys die Here!"


5. "Laat ons dan gedurig deur Hom 'n lofoffer aan God bring, dit is die vrug van die lippe wat sy Naam bely."


6. "My mond is vol van julle lof en van julle heerlikheid die hele dag."


7. "Laat die woord van Christus ryklik in julle woon. Leer en vermaan mekaar in alle wysheid. Sing psalms en lofgesange en geestelike liedere met dankbaarheid in julle harte tot God."


8. "Maar daar kom 'n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid, want die Vader soek sulke mense om Hom te aanbid."


9. "Laat ons dan dankbaar wees dat ons 'n onwankelbare koninkryk ontvang het. Laat ons God so aanbid met eerbied en ontsag."


10. "En nou doen ek 'n beroep op julle, broers, op grond van die groot ontferming van God: Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen.  Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is."


11. “Julle moet net die Here julle God dien. As julle dit doen, sal Ek julle seën met voedsel en water, en Ek sal julle van siekte bewaar."

Die Koninkryk van God!!

Vind die Bybelverse in:


1. Matteus 25:

2. 1 Korintiërs 6:

3. Johannes 3:

4. Matteus 6:

5. Lukas 10:

6. Lukas 17:

7. Johannes 18:

8. Markus 1:

9. Romeine 14:

10. Matteus 16:


1. "Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word."


2. "Jesus antwoord: My koninkryk is nie van hierdie wêreld nie. As my koninkryk van hierdie wêreld was, sou my dienaars geveg het, sodat Ek nie aan die Jode oorgelewer sou word nie. Maar my koninkryk is nie van die wêreld nie."


3. "Toe die Fariseërs Hom vra wanneer die koninkryk van God sou kom, antwoord Hy hulle: Die koninkryk van God kom nie op sigbare maniere nie; en hulle sal ook nie sê: Kyk, hier is dit! of: Daar! nie, want kyk, die koninkryk van God is in julle midde."


4. "En sê: Die tyd is vervul en die koninkryk van God het naby gekom; bekeer julle en glo in die evangelie.”


5. "Want die koninkryk van God is nie 'n saak van eet en drink nie, maar van geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees.”


6. "Ek sal aan jou die sleutels van die koninkryk van die hemel gee, en wat jy op die aarde toesluit, sal in die hemel toegesluit bly; en wat jy op die aarde oopsluit, sal in die hemel oopgesluit bly.”


7. "Dan sal die Koning vir dié aan sy regterkant sê: ‘Kom, julle wat deur my Vader geseën is! Die koninkryk is van die skepping van die wêreld af vir julle voorberei. Neem dit as erfenis in besit."


8. "Kom u koninkryk, laat u wil geskied, soos in die hemel, ook op die aarde.”


9. "Of weet julle nie dat mense wat onreg doen, geen deel sal kry aan die koninkryk van God nie? Moenie julleself mislei nie: geen onsedelikes of afgodsdienaars of egbrekers of mense wat homoseksualiteit beoefen of diewe of geldgieriges of dronkaards of kwaadpraters of bedrieërs sal deel kry aan die koninkryk van God nie."


10. "Jesus antwoord hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie."


11. "En maak die siekes gesond wat daarin is, en sê vir hulle: Die koninkryk van God het naby julle gekom."


Wandel soos Christus gewandel het!!

Vind die Bybelverse in:


1. 2 Petrus 3:

2. Efesiërs 5:

3. 1 Johannes 3:

4. Romeine 5:

5. 1 Johannes 4:

6. Kolossense 2:

7. 1 Johannes 2:

8. Romeine 8:


1. "Elkeen wat sê dat hy in Hom bly, behoort so te wandel soos Hy gewandel het."


2. "Hierdeur het die liefde by ons volmaak geword, sodat ons vrymoedigheid kan hê vir die oordeelsdag, want soos Hy is, is ons ook in hierdie wêreld."


3. "Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand die wêreld liefhet, is die liefde van die Vader nie in hom nie."


4. "Sodat die regverdige eis van die wet in ons vervul kan word wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees."


5. "Maar groei in die genade en kennis van onse Here en Verlosser Jesus Christus. Aan Hom behoort die heerlikheid, nou en tot in die ewigheid. Amen."


6. "Elkeen wat sondig, is uit die duiwel, want die duiwel sondig van die begin af. Die Seun van God het verskyn om die werke van die duiwel te vernietig."


7. "Laat niemand julle met leë woorde mislei nie, want daardeur kom die toorn van God oor die kinders van die ongehoorsaamheid."


8. "Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede met God deur onse Here Jesus Christus."


9. "Aangesien julle dan Christus Jesus die Here aangeneem het, wandel so in Hom."


10. "So ken en glo ons die liefde wat God vir ons het. God is liefde; en wie in die liefde bly, bly in God, en God bly in hom."

Hoekom Christenskap? Deel 2: Liefde!!

 Ware liefde is: "1 Johannes 4:10: Dit is ware liefde – nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun gestuur het as 'n offer om ons sondes weg te neem."

Johannes 3:16: “Want so het God die wêreld liefgehad: Hy het sy enigste Seun gegee, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê."

As Christene moet ons in liefde wandel. Daar is geen haat, geen jaloesie en geen vrees nie. Die Eerste en Grootste en die Tweede Gebod is: Matteus 22:37-39: Jesus het geantwoord: “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die eerste en grootste gebod. 'n Tweede is net so belangrik: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself." 1 Johannes 4:7-8: "Liewe vriende, laat ons mekaar liefhê, want liefde kom van God. Elkeen wat liefhet, is 'n kind van God en ken God. Maar elkeen wat nie liefhet nie, ken God nie, want God is liefde."

God is liefde en ons moet ook in liefde leef. Ons moet leef soos Jesus geleef het... met liefde. Hy het Sy lewe vir jou en my afgelê sodat ons 'n oorvloedige lewe kan hê. So moet ons ook ons ​​eie lewens vir ander aflê. Johannes 15:13: "Daar is geen groter liefde as om jou lewe af te lê vir jou vriende nie." 1 Johannes 4:16-21: "Ons weet hoeveel God ons liefhet, en ons het ons vertroue in sy liefde gestel. God is liefde, en almal wat in liefde leef, leef in God, en God leef in hulle. En soos ons in God leef, word ons liefde meer volmaak. Daarom sal ons nie bang wees op die oordeelsdag nie, maar ons kan Hom met vertroue tegemoet gaan omdat ons soos Jesus hier in hierdie wêreld leef. Sulke liefde het geen vrees nie, want volmaakte liefde verdryf alle vrees. As ons bang is, is dit uit vrees vir straf, en dit wys dat ons sy volmaakte liefde nie ten volle ervaar het nie. Ons het mekaar lief omdat Hy ons eerste liefgehad het. As iemand sê: "Ek het God lief," maar 'n medegelowige haat, is daardie persoon 'n leuenaar; want as ons nie mense liefhet wat ons kan sien nie, hoe kan ons God liefhê wat ons nie kan sien nie? En Hy het ons hierdie opdrag gegee: Diegene wat God liefhet, moet ook hul medegelowiges liefhê."

Daar is geen vrees, geen jaloesie, geen haat in liefde nie. Jesus het in Johannes 15:9 gesê: “Ek het julle liefgehad soos die Vader My liefgehad het. Bly in my liefde.” God is liefde. Ons moet ook liefhê. Wees lief vir God met jou hele hart, jou hele siel en jou hele verstand. En wees lief vir mekaar. Jou lewe sal vir altyd verander. Daar sal geen plek wees vir haat, vrees en jaloesie nie. Leef elke dag met liefde. As Wedergebore gelowiges leef ons in liefde, want God is liefde. Waar daar liefde is, is daar hoop, vrede, vreugde, selfbeheersing, geduld en geen vrees nie. 1 Johannes 3:1: “Kyk watter liefde die Vader aan ons gegee het: dat ons kinders van God genoem kan word; en ons is ook. Die wêreld ken ons nie, omdat dit Hom nie geken het nie.” Dit is baie belangrik om God te ken. Om met God te leef. Om die Woord van God dag en nag te bestudeer en daaroor na te dink. Fokus op die Woord van God en spreek die Woord van God. 1 Johannes 4:16: "So ken ons dan die liefde wat God vir ons het en glo dit. God is liefde, en wie in die liefde bly, bly in God, en God bly in hom." Met God aan jou kant kan jy alles oorwin. Romeine 8:38-39: "Want ek is verseker dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping ons sal kan skei van die liefde van God wat in Christus Jesus, onse Here, is nie." 1 Korintiërs 13:4-8: "Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie afgunstig nie, die liefde is nie grootpraterig nie, dit is nie verwaand of onwelvoeglik nie, dit dring nie aan op sy eie wil nie, dit is nie geïrriteerd of verbitterd nie, dit is nie bly oor die kwaad nie, maar is bly saam met die waarheid. Die liefde bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles. Die liefde hou nooit op nie; profesieë sal verbygaan; tale sal ophou; kennis sal verbygaan." 1 Johannes 5:3: "Want dit is die liefde tot God, dat ons sy gebooie bewaar. En sy gebooie is nie swaar nie." Gehoorsaam God te alle tye! Johannes 15:9-11: "Ek het julle liefgehad soos die Vader My liefgehad het. Bly in my liefde. Wanneer julle my gebooie gehoorsaam, bly julle in my liefde, net soos Ek die gebooie van my Vader gehoorsaam en in sy liefde bly. Dit het Ek vir julle gesê, sodat julle met my blydskap vervul kan word, en julle blydskap sal oorvloedig wees!" Maak tyd, spandeer tyd saam met God deur Sy Woord en deur gebed. Moenie op jou omstandighede fokus nie, maar op Jesus alleen!!


Psalms!!

Kies die regte Skrifgedeelte:


1. "God ons verlosser, U antwoord ons met magtige dade en in geregtigheid. Tot aan die einde van die aarde en vanaf die verste seë hoop mense op U."


A. Psalm 88:

B. Psalm 71:

C. Psalm 110:

D. Psalm 53:

E. Psalm 65:


2. "So moet elke geslag sy hoop opnuut op God vestig, sy glorieryke wonders nie vergeet nie en sy gebooie gehoorsaam."


A. Psalm 90:

B. Psalm 111:

C. Psalm 105:

D. Psalm 123:

E. Psalm 78:


3. "Hulle sal verklaar: “Die Here is regverdig! Hy is my rots; daar is geen kwaad in Hom nie!”


A. Psalm 57:

B. Psalm 101:

C. Psalm 92:

D. Psalm 119:

E. Psalm 30:


4. "Maar ek sal altyd getuig en sing tot eer van die God van Jakob.  Al die krag van die goddelose sal Ek afbreek; maar die krag van die regverdige sal vermeerder.”



A. Psalm 39:

B. Psalm 20:

C. Psalm 88:

D. Psalm 51:

E. Psalm 75:


5. "Dan sal ek God se Naam prys met gesang, en Hom met danksegging vereer."


A. Psalm 111:

B. Psalm 90:

C. Psalm 138:

D. Psalm 69:

E. Psalm 125:


6. "O God, ons gee U die hele dag eer en prys u Naam gedurig."


A. Psalm 81:

B. Psalm 79:

C. Psalm 123:

D. Psalm 21:

E. Psalm 44:


7. "O, die vreugde van die wat goed is vir die armes! Die Here red hulle wanneer hulle in die nood is. Die Here beskerm hulle en hou hulle in die lewe. Hy gee hulle voorspoed in die land en red hulle van hulle vyande. Die Here verpleeg hulle wanneer hulle siek is en herstel hulle tot gesondheid."


A. Psalm 88:

B. Psalm 118:

C. Psalm 102:

D. Psalm 145:

E. Psalm 41:


8. "Maar ek is soos 'n olyfboom wat floreer in die huis van God. Ek sal altyd vertrou op God se onfeilbare liefde. Ek sal U vir ewig prys, o God, vir wat u werk. Ek sal vertrou op u goeie Naam in die teenwoordigheid van u getroue volk."


A. Psalm 119:

B. Psalm 77:

C. Psalm 130:

D. Psalm 29:

E. Psalm 52:


9. "Laat alles wat ek is die Here loof; met my hele hart sal ek sy heilige Naam prys. Laat alles wat ek is die Here loof; mag ek nooit die goeie dade van sy diens aan my vergeet nie. Hy vergeef al my sondes en genees al my siektes."


A. Psalm 45:

B. Psalm 139:

C. Psalm 103:

D. Psalm 147:

E. Psalm 71:


10. "Ek sal vir ewig sing van die Here se onfeilbare liefde! Jonk en oud sal van u trou hoor. U onfeilbare liefde sal vir ewig duur. U trou is so lank soos die hemel."


A. Psalm 77:

B. Psalm 102:

C. Psalm 89:

D. Psalm 139:

E. Psalm 118:


11. "Die wyses sal dit alles ter harte neem; hulle sal in ons geskiedenis die getroue liefde van die Here sien."


A. Psalm 83:

B. Psalm 120:

C. Psalm 107:

D. Psalm 133:

E. Psalm 78:

Bybelnotas!!

Kies die regte Skrifgedeelte:


1. "Dit het Ek vir julle gesê, sodat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê. Maar hou moed; Ek het die wêreld oorwin."


A. Matteus 23:

B. Lukas 10:

C. Handelinge 27:

D. Markus 13:

E. Johannes 16:


2. "En ons weet dat God in alles ten goede meewerk vir die wat Hom liefhet, dié wat volgens sy voorneme geroep is."


A. Hebreërs 13:

B. Johannes 10:

C. Markus 15:

D. Galasiërs 3:

E. Romeine 8:


3. "Al gaan ek ook deur 'n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie, want U is met my; u stok en u staf dié vertroos my."


A. Psalm 90:

B. Psalm 110:

C. Psalm 23:

D. Psalm 133:

E. Psalm 118:


4. "Want die Here julle God, dit is Hy wat saam met julle gaan om vir julle teen julle vyande te veg, om julle die oorwinning te gee."


A. Eksodus 31:

B. Josua 20:

C. Jesaja 55:

D. Numeri 18:

E. Deuteronomium 20:


5. "Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee."


A. Johannes 15:

B. Lukas 19:

C. Matteus 11:

D. Johannes 20:

E. Handelinge 19:


6. "Smaak en sien dat die Here goed is; geseënd is die een wat by Hom skuil."


A. Psalm 105:

B. Psalm 122:

C. Psalm 20:

D. Psalm 88:

E. Psalm 34:


7. "Want die HERE is son en skild; die HERE gee guns en eer; Hy hou geen goeie ding terug van die wat onberispelik wandel nie."


A. Psalm 127:

B. Psalm 119:

C. Psalm 79:

D. Psalm 105:

E. Psalm 84:


8. "Die liefde is geduldig en vriendelik; die liefde is nie afgunstig nie en spog nie; dit is nie arrogant of onbeskof nie. Dit dring nie aan op sy eie weg nie; dit is nie geïrriteerd of verbitterd nie; dit is nie bly oor die verkeerde dade nie, maar is bly saam met die waarheid. Die liefde verdra alles, glo alles, hoop alles, verdra alles. Die liefde hou nooit op nie. Wat profesieë betref, hulle sal verbygaan; wat tale betref, hulle sal ophou; wat kennis betref, dit sal verbygaan."


A. Markus 15:

B. Lukas 18:

C. Romeine 10:

D. Handelinge 21:

E. 1 Korintiërs 13:


9. "Ons ken en glo die liefde wat God vir ons het. God is liefde; en wie in die liefde bly, bly in God, en God bly in hom."


A. 2 Korintiërs 11:

B. Hebreërs 13:

C. 1 Petrus 1:

D. 2 Korintiërs 10:

E. 1 Johannes 4:1


10. "Kyk watter liefde die Vader aan ons bewys het: dat ons kinders van God genoem kan word; en ons is dit ook. Die wêreld ken ons nie, omdat dit Hom nie geken het nie."


A. Jakobus 5:

B. Titus 3:

C. Romeine 9:

D. Filippense 1:

E. 1 Johannes 3:


11. "En beklee julle bo dit alles met die liefde wat alles in volkome harmonie saambind."


A. 1 Timoteus 5:

B. 2 Timoteus 3:

C. Hebreërs 12:

D. Kolossense 3:

E. Johannes 10:

Psalm 91:

 "Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind

en die beskerming van die Almagtige geniet,
hy sê vir die Here:
“U is my toevlug en my veilige vesting,
my God op wie ek vertrou.”

Dit is Hy wat jou uit die voëlvanger se wip hou
en jou bewaar van dodelike siekte.

Hy beskut jou onder sy vleuels
en is vir jou 'n veilige skuilplek.
Sy trou beskerm jou aan alle kante.

Jy hoef nie bang te wees vir gevaar in die nag
of vir aanvalle oordag,

vir pes wat in die donker toeslaan
of vir siekte wat helder oordag verwoesting saai nie.


Al val daar duisende langs jou, tienduisende by jou, vir jou sal niks tref nie.  Met jou eie oë sal jy sien hoe die goddelose gestraf word.

Omdat jy die Here as skuilplek geneem het,
die Allerhoogste as jou beskermer,

sal geen onheil jou tref
en geen plaag naby jou woonplek kom nie.

Hy sal sy engele opdrag gee
om jou te beskerm waar jy ook al gaan.

Op hulle hande sal hulle jou dra,
sodat jy nie jou voet teen 'n klip sal stamp nie.

Jy sal oor leeus en adders loop,
leeus en slange sal jy doodtrap.


“Omdat hy My liefhet, sal Ek hom red,”

sê die Here, “omdat hy My ken, sal Ek hom beskerm.
Wanneer hy My aanroep, sal Ek sy gebed verhoor;
in sy nood sal Ek by hom wees,
Ek sal hom red en hom in sy eer herstel.

'n Baie lang lewe sal Ek hom gee
en oor my hulp sal hy hom verbly.”

 

Verlossingsgebed:

 Hemelse Vader, ek erken dat ek 'n sondaar is.  Ek kom na U toe en vra U om my te vergewe vir my sondes.  Ek gee my lewe vir U.  Kom in my lewe en lei my.  Wys my U wil en nie my wil.  In Jesus se Naam.  Amen.

Die sleutel vir die Koninkryk van God - Wedergebore!!

 Wedergebore:


1. Bekering

2. Nooi Jesus in jou lewe

3. Doop 

'n Nuwe Lewe!!


1. Verhouding met die Here

2. Nuwe Persoon

3. Nuwe Leefstyl

4. Vind die regte kerk

5. Studeer en oordink die Woord van God dag en nag.

6. Leef die Woord van God

Om Jesus te volg moet jy gehoorsaam wees in alles wat Hy jou vra om te doen!! Wat is jy bereid om optegee om Jesus te volg?

Tuesday, 29 April 2025

Volg:

  Volg:



Volg Wees Aktief vir Jesus op:



https://weesaktiefvirJesus.blogspot.com

EN

www.weesaktiefvirjesusleefstyl.co.za


Aksie Kidz vir Jesus Gear is nou beskikbaar !!

  Aksie Kidz vir Jesus Gear is nou beskikbaar !!


Beskikbaar in Afrikaans. Ook beskikbaar vir volwassenes !!

 

Studiegidse R90 

NotaBoeke R70 

Inkleurboeke R90

Plakkerboeke R190 

Aktiwiteitsboeke R90 

Legkaarte R270

Bekers R170

T-hemde R270 


E-pos: navrae@aksiekidzvirjesus.co.za

navrae@weesafktiefvirjesusleefstyl.co.za







Hoe weet ek ek is in die regte of verkeerde kerk!!

 Hoe weet ek ek is in die regte of verkeerde kerk!!Nie elke kerk n, Pastoor sal hemel toe gaan nie!! Jy moet seker maak jy behoort aan 'n kerk wat gevul is met die Heilige Gees. Vra God om jou te help om vir jou die regte kerk te wys!! Dit is baie belangrik om aan die regte kerk te behoort. 'n Kerk waar jy gemaklik is is 'n groot NEE!! Jy moet uitgedaag word in jou geloof. Jou geloof moet groei. 'n Kerk wat gevul is met die Heilige Gees is die regte kerk!  Maak seker jy is ook Wedergebore!! Jy moet jou bekeer en jou lewe vir Jesus gee en gedoop word!! 'n Kerk moet vermy word: 1.  Wanneer die kerk nie gevul is met die Heilige Gees nie.   2.  Te veel leerstellings, soos die normale tradisionele kerke. 3.  Die doop van babas.  Dit is nie Bybels nie.  Jesus was gedoop toe Hy 30 was en nie as 'n baba nie. 4.  Preke  wat gaan oor wat mense wil hoor en nie wat hulle moet hoor nie.  Jy moet ver van hulle af bly!! Fokus nou daarop om die regte kerk te vind. Vra God om vir jou die regte kerk te wys en om deure vir jou oop te maak om daar uit te kom!! Maar dit is van lewensbelang dat jy na die regte kerk moet gaan!! ’n Godsdienstige kerk is groot moeilikheid. Dit gaan jou nie help om in die hemel te kom nie!! Die regte kerk is, wat met die Heilige Gees gevul is, waar jy groei in jou geloof, waar jy uitgedaag word in jou geloof, waar hulle almal van alle ouderdomme doop en gefokus is op die Woord van God alleen!

Belangrike Kennisgewing!!

 Bekeer julle en laat julle doop! Dit is belangrik om 'n wedergeborene te wees.  Jesus kom gouer soos jy dink!! Wees gereed!! Hou jouself besig met God se werk en nie joune nie!!!

Galasiërs 4

"God het sy Seun gestuur om ons vry te maak

Ek gaan nou 'n voorbeeld gebruik om vir julle iets te verduidelik: Wanneer iemand iets erf, en hy is nog baie jonk, dan behoort dit alles aan hom, maar hy is soos 'n slaaf. Hy moet doen wat die mense vir hom sê, die mense wat sy goed moet oppas. Maar wanneer hy so oud is soos sy pa gesê het hy moet wees om te erf, dan mag hy self besluit wat om te doen met sy goed.

Dit was dieselfde met ons. Ons was ook eers soos mense wat baie jonk is, ons was slawe van die afgode of slawe van die Wette van Moses. Maar toe God besluit het dit is die regte tyd, het Hy sy Seun gestuur. Sy Seun was 'n mens, soos ons, en Hy moes doen wat die wette sê. Ons was slawe van die wette, maar God het sy Seun gestuur om ons vry te maak. So het God ons aangeneem, en ons het sy kinders geword. Omdat ons God se kinders is, het God sy Seun se Gees, die Heilige Gees, in ons harte gestuur, en die Gees sê in ons harte dat God ons Vader is. Daarom is ons nie meer slawe van die wette nie, ons is nou kinders van God. En omdat ons kinders van God is, sal God ook vir ons gee wat Hy vir ons belowe het.

Paulus is baie bekommerd oor die gelowiges in Galasië

Voorheen, toe julle nog nie vir God geken het nie, het julle ander gode gedien wat nie regtig gode is nie. Maar nou ken julle vir God, of, dit is beter om te sê dat God nou vir julle ken. Daarom moet julle nie nou weer teruggaan en slawe word van die Wette van Moses nie, wette wat niks beteken nie. Julle probeer om al die feeste te vier wat die Jode vier, elke dag en maand en tyd wat die Jode vier. Dit is verkeerd. Daarom is ek bekommerd dat al my harde werk niks gehelp het vir julle nie.

Vriende, ek vra baie mooi vir julle: Julle moet word soos ek, want ek het voorheen geword soos julle. Julle was toe goed vir my. Julle weet ek het die eerste maal daar by julle die goeie boodskap gepreek omdat ek siek was. Julle het baie swaar gekry omdat ek siek was, maar julle het my nie daaroor gehaat nie en julle was nie skaam oor my nie. Julle het my gehelp en ek was welkom by julle soos 'n engel van God, ja, soos Christus Jesus self. Julle het baie gelukkig gevoel. As julle kon, dan sou julle toe julle oë uitgehaal het om dit vir my te gee. Maar nou is julle heeltemal anders! Julle moenie dink ek is nou julle vyand omdat ek die waarheid praat nie!

Daardie mense by julle wil vir julle baie dinge doen, maar dit is verkeerde dinge. Hulle wil julle weghou van my, want hulle wil hê julle moet vir hulle dinge doen. Julle moet onthou: Julle moet elke dag goeie dinge doen, wanneer ek by julle is, en ook wanneer ek nie by julle is nie. Julle is vir my soos my kinders, julle laat my nou weer baie swaar kry, en dit sal aanhou totdat Christus die belangrikste is in julle lewens. Ek wens ek was nou daar by julle. Dan kon ek op 'n ander manier met julle probeer praat, want ek weet nie wat om nou vir julle te sê nie.

Die voorbeeld van Hagar en Sara

Julle wil so graag slawe wees van die Wette van Moses, maar julle luister nie goed wat die wette sê nie. In die Ou Testament is geskryf dat Abraham twee seuns gehad het. Die een seun se ma was die slavin Hagar, en die ander seun se ma was Sara, sy was nie 'n slavin nie. Die slavin Hagar se seun is gebore soos al die ander kinders. Maar die seun van Sara, die vrou wat nie 'n slavin was nie, is gebore omdat God dit belowe het.

Die verhaal van hierdie twee vroue beteken meer. Hulle is soos twee verbonde. Die een vrou Hagar is soos die verbond wat die Here op Sinai-berg gemaak het. Hierdie verbond maak dat mense slawe van wette word. Ja, Hagar is soos Sinai-berg in Arabië, en soos Jerusalem wat hier op die aarde is, want hierdie Jerusalem en al sy mense is slawe van wette. Maar ons is die kinders van die Jerusalem wat in die hemel is, en daardie Jerusalem is nie 'n slaaf nie.  In die Ou Testament is geskryf:

Jy is soos 'n vrou wat nie kinders kon kry nie, maar jy moet juig en baie bly wees, want jy wat alleen was, sal meer kinders hê as 'n getroude vrou.

Vriende, Isak is gebore omdat God 'n belofte gemaak het. So het julle ook kinders van God geword omdat God dit belowe het. Daardie tyd het die een seun, die seun wat gebore is soos al die ander kinders, die ander seun laat swaarkry. Die ander seun is gebore nadat die Gees van God dit belowe het. Dieselfde gebeur nou daar by julle in Galasië. Daarom moet julle doen wat in die Ou Testament geskryf is:

Julle moet die slavin en haar seun wegjaag, want haar seun mag nie erf saam met die ander seun nie.  Die seun van die vrou wat nie 'n slavin is nie, moet alleen erf.

Ja, vriende, ons is nie kinders van 'n slavin nie. Ons is kinders van die vrou wat nie 'n slavin is nie."


Galasiërs 3:

 "Die wette kan 'n mens nie red nie

Julle in Galasië moenie so dom wees nie! Ek het vir julle gepreek en so goed verduidelik dat Jesus Christus gekruisig is. Maar dit lyk vir my iemand het julle getoor en julle koppe deurmekaar gemaak. Daar is een baie belangrike ding wat julle moet onthou: God het vir julle die Heilige Gees gegee. Hoekom? Nie omdat julle doen wat die wette sê nie, maar omdat julle die goeie boodskap gehoor en geglo het. Julle moenie so dom wees nie! Toe julle begin glo het, het die Heilige Gees in julle begin werk, maar nou wil julle die werk met julle eie krag klaarmaak. Daar het so baie dinge met julle gebeur, en nou lyk dit of dit alles niks gehelp het nie. Ek hoop nie so nie! God gee vir julle die Heilige Gees en God doen wonderwerke in julle gemeentes. Hoekom doen Hy dit? Hy doen dit omdat julle die goeie boodskap gehoor het en dit glo, nie omdat julle doen wat die wette sê nie.


Christene moet doen soos Abraham

Dit het ook met Abraham gebeur: Hy het God geglo en God het hom vrygespreek van sy sonde.

Daarom moet julle dit weet: Die kinders van Abraham is die mense wat in Christus glo.

Die Ou Testament het lank gelede gesê dat God die heidene sal vryspreek van hulle sonde omdat hulle glo. Daarom het God hierdie goeie boodskap vir Abraham gegee:

Ek seën jou, en daarom sal Ek ook al die heidene seën.

Daarom moet julle dit weet: God het vir Abraham geseën en God seën almal wat glo soos Abraham glo.

Daar is mense wat dink God spreek hulle vry omdat hulle doen wat die wette sê, maar God vervloek hulle. Want in die Ou Testament is geskryf:

God vervloek elkeen wat nie alles doen wat in die wette geskryf is nie.

Ja, dit is waar. God spreek nie mense vry omdat hulle doen wat die wette sê nie. As mense doen wat die wette sê, dan spreek God hulle nie vry nie. Want in die Ou Testament is geskryf:

Wanneer God mense vryspreek omdat hulle glo, dan sal hulle lewe.

Die wette vra nie dat mense moet glo nie, die wette vra dat die mense moet doen wat die wette sê. Want in die Ou Testament is geskryf:

Elkeen wat doen wat die wette sê, sal lewe omdat hy dit gedoen het.

Ja, God vervloek almal wat nie doen wat die wette sê nie. Maar God het ons nie vervloek nie, Hy het Christus vervloek in ons plek. Want in die Ou Testament is geskryf:

God vervloek elkeen wat aan 'n houtpaal hang.  En so het Christus ons vrygemaak. Daarom kon die heidene God se seën kry, die seën wat Hy vir Abraham belowe het en wat Hy nou vir hulle gee omdat hulle aan Christus Jesus behoort. Daarom kon ons wat glo, die Heilige Gees kry, die Gees wat God vir ons belowe het.

'n Testament is 'n voorbeeld van die verbond

Vriende, ek gaan nou 'n voorbeeld gebruik om te verduidelik wat ek sê: Wanneer 'n mens 'n testament gemaak het, dan kan iemand anders dit nie verander of sê dit beteken niks nie. Dit is dieselfde met die verbond. In die Ou Testament is geskryf dat God 'n belofte gemaak het aan Abraham en aan sy nageslag. Daar is nie geskryf “baie nageslagte” nie, maar “een nageslag,” en dit is Christus. God het eers sy verbond gemaak met sy volk en 430 jaar later het Hy die wette gegee. Nou sê ek: Die wette het baie later gekom, daarom kan die wette nie God se verbond verander en God se belofte breek nie. As ons eers moet doen wat die wette sê sodat ons dit kan kry wat God vir ons wil gee, dan kry ons dit omdat ons doen wat die wette sê, nie omdat God dit belowe het nie. Maar ons weet God het dit vir Abraham gegee omdat God goed was vir Abraham en omdat God dit belowe het.

Hoekom het God die wette gegee?

Hoekom het God die wette gegee? Hy het dit gegee omdat mense sonde doen. Maar die wette was net belangrik totdat Christus gekom het. Christus is die nageslag van Abraham, en dit wat God vir Abraham belowe het, het Hy vir Christus belowe. Engele het die wette vir Moses gegee, en Moses het die wette vir die mense gegee. God het die wette vir Moses gegee en Moses het die wette vir die mense gegee. Dit beteken: Die wette het nie reguit van God gekom nie. Maar ons weet: God is een.

Die wette het die mense opgepas

Is die wette en God se beloftes dan vyande van mekaar? Nee, glad nie. Maar die wette kan nie vir mense die ware lewe gee nie, daarom sal God hulle nie vryspreek wanneer hulle doen wat die wette sê nie. Die Ou Testament sê almal is sondaars, maar nou gee God die dinge wat Hy belowe het vir die mense wat in Jesus Christus glo.

Die wette was vir ons soos 'n wag. Dit het ons toegesluit en opgepas totdat God gesê het dit is nou die regte tyd vir mense om in Christus te glo. Die wette het ons opgepas soos 'n mens 'n kind oppas wat nie vir homself kan sorg nie. Die wette het ons opgepas totdat Christus gekom het. Toe het ons in Hom geglo, en God het ons vrygespreek van ons sondes. Nou glo ons in Christus en daarom is dit nie nodig dat die wette ons moet oppas nie.

Kinders van God

Julle almal is kinders van God, want julle glo in Christus Jesus. Julle is gedoop en julle is nou by Christus. Christus is nou so naby julle soos die klere wat julle aantrek. Party van julle is Jode en party is Grieke, party van julle is slawe en party is nie slawe nie, party van julle is mans en party is vroue. Maar dit alles maak nie meer saak nie, want julle behoort almal saam aan Christus Jesus, julle is een. En as julle aan Christus behoort, dan is julle die kinders van Abraham en dan kry julle wat God belowe het. Ja, julle kry dit omdat God dit belowe het."

Wedergebore Gesag!!

Kies die regte Skrifgedeelte:


1. "Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en Samaria en tot aan die uiterste van die aarde."


A. Efesiërs 3:

B. Lukas 8:

C. Markus 12:

D. Handelinge 1:

E. Jakobus 5:


2. "Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en 'n regte lewenswyse te kweek, sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk."


A. Markus 7:

B. Romeine 10:

C. 1 Johannes 5:

D. Hebreërs 12:

E. 1 Timoteus 3:


3. "Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo, sal ook die werke doen wat Ek doen; en groter werke as dit sal hy doen, omdat Ek na die Vader gaan."


A. Lukas 17:

B. Matteus 20:

C. Markus 15:

D. Johannes 14:

E. Handelinge 22:


4. “Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.”


A. 1 Johannes 5:

B. Titus 2:

C. Markus 10:

D. 2 Korintiërs 12:

E. Johannes 3:


5. “Dood en lewe is in die mag van die tong, en wie dit liefhet, sal die vrugte daarvan eet.”


A. Job 20:

B. Jeremia 22:

C. Hosea 13:

D. Spreuke 18:

E. Jesaja 23:


6. “Maar Petrus sê: Silwer en goud het ek nie, maar wat ek het, gee ek vir jou. In die Naam van Jesus Christus van Nasaret, staan ​​op en loop!”


A. Lukas 10:

B. Romeine 13:

C. Handelinge 3:

D. 1 Timoteus 5:

E. Matteus 12:


7. "En Hy het sy twaalf dissipels na Hom geroep en hulle mag gegee oor onreine geeste, om hulle uit te dryf en om elke siekte en elke kwaal te genees."


A. Markus 8:

B. Lukas 17:

C. Johannes 9:

D. Matteus 10:

E. Hebreërs 13:


8. "En neem die helm van verlossing en die swaard van die Gees, dit is die woord van God."


A. Lukas 11:

B. 1 Korintiërs 15:

C. Matteus 7:

D. 2 Korintiërs 13:

E. Efesiërs 6:


9. "Hy het ons verlos uit die mag van die duisternis en oorgebring in die koninkryk van sy geliefde Seun."


A. 1 Petrus 5:

B. Handelinge 12:

C. 1 Timoteus 3:

D. Johannes 10:

E. Kolossense 1:


10. "My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My."


A. Handelinge 13:

B. Hebreërs 8:

C. Lukas 13:

D. Johannes 10:

E. Romeine 15:


11. "En God het hulle geseën. En God het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde en onderwerp dit en heers oor die visse van die see en oor die voëls van die hemel en oor al die lewende wesens wat op die aarde beweeg."


A. Deuteronomium 7:

B. Levitikus 13:

C. Genesis 1:

D. Eksodus 5:

E. Josua 10:



Wees 'n doener van die Woord!!

Vind die Bybelverse in:


1. Johannes 13:

2. Lukas 6:

3. Lukas 8:

4. Matteus 12:

5. 2 Timoteus 3:

6. Hebreërs 4:

7. Jakobus 1:

8. Lukas 11:

9. Romeine 2:


1. "Julle moet doen wat die woord sê en dit nie net aanhoor nie, anders bedrieg julle julleself."


2. "Nie dié wat die wet hoor, word deur God vrygespreek nie, maar dié wat doen wat die wet sê, sal vrygespreek word."


3. "Hy het geantwoord: “Maar nog meer geseënd is almal wat die woord van God hoor en dit uitleef.”


4. "Raak dan ontslae van al die vuilheid en kwaad in julle lewens, en aanvaar nederig die woord wat God in julle harte geplant het, want dit het die krag om julle siele te red."


5. "As julle hierdie dinge weet, is julle geseënd as julle dit doen."


6. "Waarom noem julle My 'Here, Here', en doen nie wat Ek vir julle sê nie?"


7. "Maar Hy antwoord hulle: 'My moeder en my broers is die wat die woord van God hoor en dit doen.'"


8. "Want elkeen wat die wil van my Vader in die hemele doen, is my broer en suster en moeder."


9. "Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en 'n regte lewenswyse te kweek."


10. "Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard en dring deur tot die skeiding van siel en gees, van gewrigte en murg, en beoordeel die gedagtes en bedoelings van die hart."


Wees soos Jesus!!

Pas A met die regte antwoord B:


A.


1. Johannes 14:

2. Galasiërs 3:

3. Romeine 8:

4. Filippense 2:

5. Markus 10:

6. Lukas 21:

7. Jakobus 5:

8. Kolossense 1:

9. 1 Korintiërs 15:

10. Hebreërs 10:

11. Johannes 21:

12. Matteus 28:

13. Spreuke 3:

14. 1 Johannes 2:

15. 1 Korintiërs 11:

16. 1 Petrus 2:

17. Spreuke 22:

18. 1 Tessalonisense 5:

19. Matteus 10:

20. 1 Timoteus 3:

21. Handelinge 22:

22. Efesiërs 4:

23. Johannes 13:

24. Efesiërs 5:


B. 


1.  "Wie beweer dat hy in Hom bly, behoort self ook te lewe soos Jesus gelewe het."


2. "Want hiertoe is julle geroep, omdat Christus ook vir julle gely het en julle 'n voorbeeld gestel het, sodat julle in sy voetstappe kan volg."


3. "Wees navolgers van my, soos ek dit van Christus is."


4. "Wees dan navolgers van God, soos geliefde kinders. En wandel in liefde, soos Christus ons liefgehad het en Homself vir ons oorgegee het as 'n lieflike offer en 'n offer aan God."


5. "Hou dan op om te lewe soos julle vroeër gelewe het; breek met die ou, sondige mens in julle wat deur sondige begeertes verteer word.  Julle gees en gedagtes moet nuut word; lewe as nuwe mense wat as die beeld van God geskep is: lewe volkome volgens die wil van God en wees heilig."


6. "Julle noem My Meester en Here, en julle is reg, want Ek is dit. As Ek dan, julle Here en Meester, julle voete gewas het, is julle ook verplig om mekaar se voete te was. Want Ek het julle 'n voorbeeld gegee, sodat julle ook moet doen net soos Ek aan julle gedoen het. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, 'n dienskneg is nie groter as sy heer nie, en 'n boodskapper is nie groter as die een wat hom gestuur het nie. As julle hierdie dinge weet, is julle gelukkig as julle dit doen."


7. "As julle My liefhet, sal julle my gebooie bewaar."


8. "Want God het sy volk vooruit geken en hulle uitverkies om soos sy Seun te word, sodat sy Seun die eersgeborene onder baie broers en susters sou wees. En nadat Hy hulle uitverkies het, het Hy hulle geroep om na Hom toe te kom. En nadat Hy hulle geroep het, het Hy hulle reg aan Homself gegee. En nadat Hy hulle reg aan Hom gegee het, het Hy hulle sy heerlikheid gegee."


9. "Want almal van julle wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee."


10. "Have this mind among yourselves, which is yours in Christ Jesus."


11. "Vertrou op die Here met julle hele hart en steun nie op julle eie insig nie. Erken Hom in al julle weë, en Hy sal julle paaie reguit maak."


Hoekom Christenskap? Deel 1!!

As jy na die skepping kyk, kan jy sien dat alles perfek gemaak is. Jy, as mens, is ook perfek gemaak na die beeld van God. Jy is deur God geskep. Daar is een God en Hy is die Skepper van Hemel en Aarde. God is Liefde. Hy het Sy eie Seun gestuur om vir jou en my aan die kruis te sterf, sodat ons 'n oorvloedige lewe kan lei. Daar is net een weg en dit is deur Jesus Christus. Jesus is Lewe. Hy is Lig. Onthou jy kry die Hemel en die Hel. Daar is geen tussenin nie. As jy dit nie op God se manier doen nie, deur Christus, sal jy in die Hel beland. Die Hel is 'n plek vir niemand nie. Maar omdat mense hulle rug  op God gedraai het, beland mense in die Hel. Johannes 3:16: "Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê." Johannes 14:6: "Jesus sê vir hom: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader behalwe deur My nie." Efesiërs 2:10: "Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel."  Alles in God is liefde, vreugde en vrede. God is lewend. Sy Woord is kragtiger as enige ander wapen. Hebreërs 4:12: "Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en dit onderskei die gedagtes en bedoelings van die hart."

Daar is net twee paaie, een na die hemel en een na die hel vir ewig. Daar is geen tussenpaaie nie. Christenskap is die beste weg. Christenskap beteken dat jy in die lig wandel. Liefde, vrede, geen vrees, vreugde, hoop, geloof. Dit is 'n lewe geanker in God en nie die wêreldse lewe waar alles negatief is. Onthou Eva in die tuin van Eden, sy het na die duiwel se leuens geluister en kyk wat gebeur het. Maar as jy na Jesus kyk, Hy het nooit paniekerig geraak nie, Hy het nooit gevrees nie, Hy het nooit bekommerd geraak nie, Hy het nooit gehaat nie, Hy het nooit 'n sonde gepleeg nie. Ons moet Jesus naboots, ons moet Hom volg. Hy is die enigste Weg, die enigste Waarheid, die enigste Lewe. Ons moet soos Jesus wees, soos Jesus optree, soos Jesus praat, soos Jesus wandel. Die duiwel kom om te steel, dood te maak en te vernietig. Moet nooit na die leuens van Satan luister nie. Wees vol van Christus. Bestudeer, oordink die Woord van God dag en nag. Spreek die Woord van God dag en nag. Jou lewe sal vir altyd verander. Jy het die oorwinning deur Christus. Johannes 16:33: "Dit het Ek vir julle gesê, sodat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin." Johannes 10:10: "Die dief kom net om te steel en te slag en te vernietig. Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed." Deur Christus te volg, sal jy vir ewig lewe. Efesiërs 5:1: "Wees dan navolgers van God soos geliefde kinders. En wandel in liefde, soos Christus ons ook liefgehad het en Homself vir ons oorgegee het as 'n offer en 'n offer aan God tot 'n lieflike geur." Dit is beter om in die lig te wandel as in die duisternis. Duisternis, vlug altyd van die lig af. Kies die lewe. Doen dit soos Jesus dit gedoen het!

Psalms!!

Vind die Bybelverse in:


1. Psalm 48:

2. Psalm 17:

3. Psalm 139:

4. Psalm 106:

5. Psalm 140:

6. Psalm 119:

7. Psalm 68:

8. Psalm 58:

9. Psalm 49:

10. Psalm 21:


1. "Bly is die mense van integriteit wat die instruksies van die Here volg. Bly is die wat sy wette gehoorsaam en Hom met hulle hele hart soek."


2. "Dan sal almal uiteindelik sê: “Daar is waarlik 'n beloning vir die wat vir God leef; waarlik, daar is 'n God wat regverdig oordeel hier op aarde.”


3. "Maar wat my betref, God sal my lewe verlos. Hy sal my uit die mag van die doderyk ruk."


4. "Maar laat die godvresendes juig. Laat hulle bly wees in God se teenwoordigheid. Laat hulle met vreugde vervul wees."


5. "Staan op, o Here, in al u mag. Met musiek en sang vier ons u magtige dade."


6. "Hoe groot is die Here, hoe lofwaardig, in die stad van onse God, wat op sy heilige berg sit!"


7. "Ek het u gebooie gevolg, wat my daarvan weerhou om wrede en bose mense te volg. My voetstappe het op u pad gebly; ek het nie daarvan afgewyk om U te volg nie."


8. "Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my angstige gedagtes. Wys enigiets in my aan wat U aanstoot gee, en lei my op die pad van die ewige lewe."


9. "Dank die Here, want Hy is goed! "Sy troue liefde duur vir ewig."


10. "Maar ek weet die Here sal diegene help wat hulle vervolg; Hy sal aan die armes reg doen. Regverdiges prys u Naam; die vromes sal in u teenwoordigheid woon."


11. "Prys die Here; prys God, ons Verlosser! Want elke dag dra Hy ons in sy arms. Ons God is 'n God wat red! Die Here red ons van die dood."


12. "Hoe kan 'n jongmens rein bly? Deur u woord te gehoorsaam."


Volg:

      Volg : Volg Wees Aktief vir Jesus op: https://weesaktiefvirJesus.blogspot.com EN www.weesaktiefvirjesusleefstyl.co.za