Tuesday, 7 October 2025

Volg:

          Volg:



Volg Wees Aktief vir Jesus op:



https://weesaktiefvirJesus.blogspot.com

EN

www.weesaktiefvirjesusleefstyl.co.za


Aksie Kidz vir Jesus Gear is nou beskikbaar!!

   Aksie Kidz vir Jesus Gear is nou beskikbaar!!


Beskikbaar in Afrikaans. Ook beskikbaar vir volwassenes !!

 

Studiegidse R90 

NotaBoeke R70 

Inkleurboeke R90

Plakkerboeke R190 

Aktiwiteitsboeke R90 

Legkaarte R270

Bekers R170

T-hemde R270 


E-pos: navrae@aksiekidzvirjesus.co.za

navrae@weesafktiefvirjesusleefstyl.co.za







Volg Kingdom Lifestyle Ministries!!

      








Hoe weet ek ek is in die regte of verkeerde kerk!!

   Hoe weet ek ek is in die regte of verkeerde kerk!!Nie elke kerk n, Pastoor sal hemel toe gaan nie!! Jy moet seker maak jy behoort aan 'n kerk wat gevul is met die Heilige Gees. Vra God om jou te help om vir jou die regte kerk te wys!! Dit is baie belangrik om aan die regte kerk te behoort. 'n Kerk waar jy gemaklik is is 'n groot NEE!! Jy moet uitgedaag word in jou geloof. Jou geloof moet groei. 'n Kerk wat gevul is met die Heilige Gees is die regte kerk!  Maak seker jy is ook Wedergebore!! Jy moet jou bekeer en jou lewe vir Jesus gee en gedoop word!! 'n Kerk moet vermy word: 1.  Wanneer die kerk nie gevul is met die Heilige Gees nie.   2.  Te veel leerstellings, soos die normale tradisionele kerke. 3.  Die doop van babas.  Dit is nie Bybels nie.  Jesus was gedoop toe Hy 30 was en nie as 'n baba nie. 4.  Preke  wat gaan oor wat mense wil hoor en nie wat hulle moet hoor nie.  Jy moet ver van hulle af bly!! Fokus nou daarop om die regte kerk te vind. Vra God om vir jou die regte kerk te wys en om deure vir jou oop te maak om daar uit te kom!! Maar dit is van lewensbelang dat jy na die regte kerk moet gaan!! ’n Godsdienstige kerk is groot moeilikheid. Dit gaan jou nie help om in die hemel te kom nie!! Die regte kerk is, wat met die Heilige Gees gevul is, waar jy groei in jou geloof, waar jy uitgedaag word in jou geloof, waar hulle almal van alle ouderdomme doop en gefokus is op die Woord van God alleen!

Matteus 6:

Matteus 6:


"Bergrede: Oor liefdadigheid

“Wees op julle hoede dat julle nie julle geregtigheid voor die mense beoefen om deur hulle gesien te word nie, anders is daar vir julle geen beloning by julle Vader in die hemele nie.

“Wanneer jy liefdadigheid beoefen, moet dit nie uitbasuin soos die skynheiliges in die sinagoges en in die strate maak, sodat hulle deur mense geëer kan word nie. Amen, Ek sê vir julle: Hulle het reeds hulle volle beloning ontvang.

 Maar wanneer jy liefdadigheid beoefen, moet jou linkerhand nie weet wat jou regterhand doen nie,

sodat jou liefdesdaad verborge kan bly. En jou Vader wat sien wat verborge is, sal jou beloon.”


Bergrede: Oor gebed

“En wanneer julle bid, moet julle nie soos die skynheiliges wees nie, want hulle hou daarvan om in die sinagoges en op die straathoeke te staan en bid, sodat hulle deur die mense gesien kan word. Amen, Ek sê vir julle: Hulle het reeds hulle volle beloning ontvang.

Maar jy, wanneer jy bid, gaan na jou binneste kamer, maak jou deur toe en bid tot jou Vader wat in die verborgenheid is, en jou Vader wat in die verborgenheid sien, sal jou beloon.

 “Wanneer julle bid, moet julle nie soos die heidene 'n stortvloed woorde gebruik nie, want hulle dink dat hulle op grond van hulle baie woorde verhoor sal word.

Moenie soos hulle wees nie, want julle Vader weet wat julle nodig het nog voordat julle Hom vra.

“Só moet julle dan bid: “Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word.

Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde.

Gee ons vandag ons daaglikse brood.

En vergeef ons ons skulde, soos ook ons hulle vergeef wat teenoor ons skuldig staan.

En bring ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.

“Want as julle die mense hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe.

Maar as julle die mense nie vergewe nie, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie.”


Bergrede: Oor vas

“Wanneer julle vas, moenie soos die skynheiliges met hulle lang gesigte wees nie, want hulle trek hulle gesigte, sodat die mense kan sien dat hulle vas. Amen, Ek sê vir julle: Hulle het reeds hulle volle beloning ontvang.

Maar wanneer jy vas, salf jou kop met olie en was jou gesig,

sodat jy nie die mense nie, maar net jou Vader, wat in die verborgenheid is, laat sien dat jy vas. En jou Vader, wat in die verborgenheid sien, sal jou beloon.”


Bergrede: Die ware skat

“Moenie vir julle skatte op aarde bymekaarmaak nie, daar waar mot en roes verniel, en waar diewe inbreek en steel.

Maar maak vir julle skatte in die hemel bymekaar, daar waar mot en roes nie verniel nie, en waar diewe nie inbreek en steel nie.

Want waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.

“Die oog is die lamp van die liggaam. As jou oog suiwer is, sal jou hele liggaam verlig wees.

Maar as jou oog boos is, sal jou hele liggaam donker wees. As die lig in jou donker is, hoe groot is die duisternis nie!

“Niemand kan twee base dien nie. Want hy sal óf die een haat en die ander een liefhê, óf hy sal aan die een lojaal wees en die ander een verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie.

“Daarom sê Ek vir julle, moet julle nie bekommer oor julle lewe, oor wat julle sal eet, of oor wat julle sal drink, of oor julle liggaam, wat julle sal aantrek nie. Is die lewe dan nie belangriker as kos en die liggaam as klere nie?

Let op die voëls van die hemel: Hulle saai nie en hulle maai nie, en hulle versamel niks in skure nie. Tog sorg julle hemelse Vader vir hulle. Is julle nie meer werd as hulle nie?

Wie van julle kan deur hom te bekommer, een el by sy lewe voeg?

En waarom is julle oor klere bekommerd? Let op die wilde narsings, hoe hulle groei. Hulle swoeg nie en hulle spin nie.

Maar Ek sê vir julle, selfs Salomo in al sy prag was nie soos een van hulle geklee nie.

As God die gras van die veld, wat vandag daar staan en môre in 'n oond gegooi word, so klee, hoeveel te meer nie vir julle nie, kleingelowiges?

“Moet julle daarom nie bekommer en vra, ‘Wat sal ons eet?’ of ‘Wat sal ons drink?’ of ‘Wat sal ons aantrek?’ nie.

Dit is immers alles dinge waarna die heidennasies soek. Julle hemelse Vader weet tog wat julle alles nodig het.

Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.

Moet julle dus nie bekommer oor die dag van môre nie, want môre sal hom oor homself bekommer. Elke dag het genoeg van sy eie kwaad.”

Matteus 5:

 Matteus 5:


"Die bergrede


Toe Jesus die menigte mense sien, het Hy teen die berg opgegaan. Nadat Hy gaan sit het, het sy dissipels na Hom toe gekom, en Hy het hulle geleer en gesê:


Die werklik gelukkiges

“Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.

Geseënd is dié wat treur, want hulle sal vertroos word.

Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang.

Geseënd is dié wat honger en dors na wat reg is, want hulle sal versadig word.

Geseënd is dié wat barmhartig is, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word.

Geseënd is dié wat rein van hart is, want hulle sal God sien.

Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.

Geseënd is dié wat vervolg word omdat hulle doen wat reg is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.

“Geseënd is julle wanneer die mense julle ter wille van My beledig en vervolg en valslik al wat sleg is van julle sê. Wees bly en verheug, want julle loon is groot in die hemel. Hulle het immers die profete voor julle net so vervolg.”


Die sout vir die aarde en die lig vir die wêreld

“Julle is die sout vir die aarde. Maar as sout verslaan het, hoe kry 'n mens dit weer sout? Dit is niks meer werd nie. Dit word buitekant weggegooi, en die mense vertrap dit.

“Julle is die lig vir die wêreld. 'n Stad wat op 'n berg lê, kan nie weggesteek word nie; ook steek 'n mens nie 'n lamp op en sit dit onder 'n emmer nie maar op 'n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die huis. Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.”


Die vervulling van die wet

“Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete ongeldig te maak nie. Ek het nie gekom om hulle ongeldig te maak nie, maar om hulle hulle volle betekenis te laat kry. Dit verseker Ek julle: Die hemel en die aarde sal eerder vergaan as dat een letter of letterstrepie van die wet sal wegval voordat alles voleindig is.

“Wie dan ook een van die geringste van hierdie gebooie ongeldig maak en die mense so leer, sal die minste geag word in die koninkryk van die hemel. Maar wie die wet gehoorsaam en ander so leer, sal hoog geag word in die koninkryk van die hemel. Ek sê vir julle: As julle getrouheid aan die wet nie meer inhou as dié van die skrifgeleerdes en die Fariseërs nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemel ingaan nie.”


Versoening

“Julle het gehoor dat daar van die ou tyd af aan die mense gesê is: ‘Jy mag nie moord pleeg nie; en elkeen wat moord pleeg, is strafbaar voor die regbank’. Maar Ek sê vir julle: Elkeen wat vir sy broer kwaad is, is al strafbaar voor die regbank. Verder, elkeen wat sy broer uitskel vir 'n gek, is strafbaar voor die Joodse Raad; en wie hom uitskel vir 'n idioot, is strafbaar met die helse vuur.

“As jy dus jou gawe na die altaar toe bring en dit jou daar byval dat jou broer iets teen jou het, laat staan jou gawe daar by die altaar en gaan maak eers vrede met jou broer en kom dan en bring jou gawe.

“As iemand 'n regsaak teen jou begin, kom betyds tot 'n skikking solank jy nog saam met hom op pad hof toe is, sodat hy jou nie voor die regter bring en die regter jou aan die polisie oorgee en dié jou in die tronk sit nie. Dit verseker Ek jou: Jy sal sekerlik nie daar uitkom voordat jy die laaste sent betaal het nie.”


Kuisheid

“Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jy mag nie egbreuk pleeg nie.’ Maar Ek sê vir julle: Elkeen wat na 'n vrou kyk en haar begeer, het reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg.

“As jou regteroog jou laat struikel, haal hom uit en gooi hom van jou af weg; want dit is vir jou beter dat net een van jou ledemate verlore gaan as dat jou hele liggaam in die hel gegooi word.  Of as jou regterhand jou laat struikel, kap hom af en gooi hom van jou af weg; want dit is vir jou beter dat net een van jou ledemate verlore gaan as dat jou hele liggaam in die hel beland.”


Egskeiding

“Daar is gesê: ‘Elkeen wat van sy vrou skei, moet aan haar 'n skeibrief gee.’ Maar Ek sê vir julle: Elkeen wat van sy vrou skei behalwe oor owerspel, maak dat sy egbreuk pleeg, en iemand wat met die geskeide vrou trou, pleeg ook egbreuk.”


Die aflê van 'n eed

“Verder het julle gehoor dat daar van die ou tyd af aan die mense gesê is: ‘Jy mag nie jou eed verbreek nie, en 'n eed in die Naam van die Here moet jy nakom.’ Maar Ek sê vir julle: Moet glad nie 'n eed aflê nie, nie by die hemel nie, want dit is die troon van God;  nie by die aarde nie, want dit is die rusplek vir sy voete; nie by Jerusalem nie, want dit is die stad van die groot Koning. Jy moet ook nie jou kop op die spel plaas as jy 'n eed aflê nie, want jy kan nie een haar wit of swart maak nie. Laat julle ‘ja’ eenvoudig ‘ja’ wees en julle ‘nee’, ‘nee’. Wat meer gesê word as dit, kom van die Bose.”


Vergelding

“Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘'n Oog vir 'n oog en 'n tand vir 'n tand.’ Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle nie teen 'n kwaadwillige mens verset nie. As iemand jou op die regterwang slaan, draai ook die ander wang na hom toe. As iemand jou hof toe wil vat om jou onderklere te eis, gee hom ook jou boklere. As iemand jou dwing om sy goed een kilometer ver te dra, dra dit vir hom twee kilometer. Gee aan hom wat iets van jou vra, en moet hom wat van jou wil leen, nie afwys nie.”


Liefde vir die vyand

“Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jou naaste moet jy liefhê en jou vyand moet jy haat.’ Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê, en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg, sodat julle kinders kan wees van julle Vader in die hemel. Hy laat immers sy son opkom oor slegtes en goeies, en Hy laat reën oor dié wat reg doen en oor dié wat verkeerd doen. As julle net dié liefhet wat vir julle liefhet, watter loon kan julle dan nog verwag? Maak die tollenaars nie ook maar net so nie? En as julle net julle broers groet, wat doen julle meer as ander? Maak die heidene nie ook maar net so nie?

“Wees julle dan volmaak soos julle hemelse Vader volmaak is.”

Markus 4:

  Markus 4:


"Die gelykenis van die saaier

Jesus het weer die mense langs die see begin leer. 'n Baie groot menigte het by Hom saamgedrom, sodat Hy op die see in 'n skuit gaan sit het. Die hele menigte was langs die see op die strand. Hy het hulle baie deur gelykenisse geleer. So het Hy onder andere gesê terwyl Hy hulle leer:

“Luister hier! 'n Saaier het eendag gaan saai. Met die saai het 'n deel van die saad op die pad geval, en die voëls het gekom en dit opgepik.  'n Ander deel daarvan het op 'n klipbank geval, waar daar nie baie grond was nie. Dit het gou opgekom, omdat die grond nie diep was nie. 6Maar toe die son warm word, is dit verskroei, en omdat dit nie wortel geskiet het nie, het dit verdroog.  'n Ander deel het tussen die onkruid geval. Die onkruid het opgekom en dit laat verstik, en dit het nie saad geskiet nie.  Die ander saad het in goeie grond geval, en dit het opgekom, gegroei en 'n oes gelewer. Party het dertigvoudig gedra, ander sestig- en nog ander honderdvoudig.”

Verder het Hy gesê: “Wie ore het en kan hoor, moet luister!”

Die doel met die gelykenisse

Toe hulle alleen was, het die mense wat saam met die twaalf by Hom was, Hom oor die gelykenisse uitgevra, en Hy het vir hulle gesê: “Aan julle is die insig in die geheim van die koninkryk van God gegee; maar vir dié wat daarbuite is, bly alles net by gelykenisse, sodat

“hulle kyk en kyk en tog nie sien nie,

en hoor en hoor en tog nie verstaan nie,

dat hulle hulle nie miskien bekeer en vergewe word nie.”

Jesus verklaar die gelykenis van die saaier

Hy sê toe vir hulle: “Julle begryp nie eens hierdie gelykenis nie. Hoe sal julle dan al die ander gelykenisse kan verstaan?

“Die saaier saai die woord.  Daar is mense by wie daar soos op 'n pad gesaai word: sodra hulle die woord hoor, kom die Satan en vat die woord weg wat in hulle gesaai is.  Daar is mense by wie daar soos op klipbanke gesaai word: sodra hulle die woord hoor, neem hulle dit met blydskap aan.  Hulle laat dit egter nie in hulle wortel skiet nie en hou nie lank uit nie. As hulle daarna ter wille van die woord verdruk of vervolg word, word hulle gou afvallig.  Daar is mense by wie daar soos tussen die onkruid gesaai word. Dit is hulle wat die woord hoor, maar die sorge van die lewe en die verleiding van rykdom en die begeertes na allerhande ander dinge kom op en verstik die woord, en dit bly sonder vrug. Dan is daar die mense by wie daar soos op goeie grond gesaai is, wat die woord hoor en aanvaar en vrug voortbring, party dertig-, party sestig- en party honderdvoudig.”

Julle moet luister

Hy het vir hulle gesê: “'n Lamp kom mos nie onder 'n emmer of onder 'n bed nie? Is dit nie bedoel om op 'n staander gesit te word nie? Daar is geen geheim nie, of dit moet openbaar gemaak word; en daar word niks geheim gehou nie, of dit moet aan die lig kom. As iemand ore het en kan hoor, moet hy luister!”

Hy het ook vir hulle gesê: “Gee aandag aan wat julle hoor! Want met die maat waarmee julle meet, sal vir julle gemeet word en daar sal vir julle nog toegevoeg word. Wie het, vir hom sal daar nog meer gegee word; en wie nie het nie, van hom sal ook die bietjie wat hy het, weggevat word.”

Die gelykenis van die saad wat vanself groei

Verder het Hy gesê: “Met die koninkryk van God gaan dit só: Iemand saai die saad op die land en gaan slaap en staan op, dag na dag, en die saad ontkiem en groei – hóé weet hy self nie. Vanself bring die aarde die graan voort, eers 'n halm, dan 'n aar, dan die vol koringaar. En wanneer die graan ryp is, steek hy dadelik die sekel in, omdat die oestyd daar is.”

Die gelykenis van die mosterdsaadjie

Hy het ook gesê: “Hoe sal ons die koninkryk van God voorstel, of met watter gelykenis sal ons dit uitbeeld? Dit is soos 'n mosterdsaadjie. Wanneer dit in die land geplant word, is dit die kleinste van al die soorte saad daar in die land. Maar as dit eenmaal geplant is, kom dit op en word dit groter as al die tuinplante. Dit kry sulke groot takke dat die voëls in sy skaduwee kom nes maak.”

Die gebruik van gelykenisse

Deur baie sulke gelykenisse het Jesus met die mense oor sy boodskap gepraat, vir sover hulle dit kon verstaan. Sonder 'n gelykenis het Hy nie met hulle gepraat nie, maar wanneer Hy met sy dissipels alleen was, het Hy vir hulle alles uitgelê.

Jesus maak die storm stil

Laat daardie middag sê Jesus vir sy dissipels: “Kom ons vaar oorkant toe.”

Hulle het toe die mense wat daar was, daar laat bly en Hom saamgeneem in die skuit waarin Hy gesit het. Daar was ook nog ander skuite by.  Skielik het daar 'n groot storm losgebars, en die golwe het in die skuit geslaan, sodat die skuit al begin vol word het.  Jesus het op die bank in die agterstewe gelê en slaap. Hulle maak Hom toe wakker en sê vir Hom: “Meneer, gee U dan nie om dat ons vergaan nie?”

Toe staan Hy op, bestraf die wind en sê vir die see: “Hou op! Bedaar!”

Die wind het gaan lê en daar het 'n groot stilte gekom. Toe sê Hy vir hulle: “Waarom is julle bang? Het julle dan nie geloof nie?”

Hulle is met groot ontsag vervul en het vir mekaar gesê: “Wie kan Hy tog wees dat selfs die wind en die see Hom gehoorsaam?”


1.  Wat het met die saad gebeur wat op die pad geval het?


2.  Wat het met die saad gebeur wat op die klipbank geval het?


3.  Wat het met die saad gebeur wat in die onkruid geval het?


4.  Wat het met die saad gebeur wat in die goeie grond geval het?


5.  Wie ore het moet ...................................


6.  Wie is die saaier?


7.  Daar is mense by wie daar soos op 'n pad gesaai word: sodra hulle ....................


8.  Daar is mense by wie daar soos op klipbanke gesaai word: sodra hulle ................................


9.  Daar is mense by wie daar soos tussen die onkruid gesaai word. Dit is hulle ........................


10.  Dan is daar die mense by wie daar soos op goeie grond gesaai is, wat die ..........................


11.  Jesus het gesê: Gee aandag aan .....................................


12.  “Met die koninkryk van God gaan dit ................................


13.  Die koninkryk van God is soos 'n ........................


14. Is dit die grootste of kleinste saad?


15.  Maar as dit eenmaal geplant is dan ................................


16.  Hoekom het Jesus gelykenisse gebruik?


17.  Hoekom was die dissipels bang gewees?


18.  Wat het Jesus gedoen met die storm?


19.  Het Jesus hande arbeid gebruik of gepraat?


20.  Wat het die dissipels vir mekaar gesê?


Woorde is Belangrik!!

Kies die regte Skrifgedeelte:


1.  "En Simon Petrus antwoord Hom: Here, na wie toe sal ons gaan? U het die woorde van die ewige lewe."


A.  Markus 10:

B.  Lukas 17:

C.  Hebreërs 7:

D.  Johannes 6:

E.  Handelinge 15:


2.  "Deur die Woord van die HERE is die hemele gemaak en deur die Gees van sy mond hulle hele leër."


A.  Psalm 99:

B.  Psalm 70:

C.  Psalm 18:

D.  Psalm 120:

E.  Psalm 33:


3.  "Die Gees van die HERE spreek in my, en sy woord is op my tong."


A.  Eksodus 15:

B.  2 Konings 25:

C.  Josua 7:

D.  Jesaja 30:

E.  2 Samuel 23:


4.  "Elke woord van God is gelouter; Hy is ‘n skild vir die wat by Hom skuil.


A.  Levitikus 19:

B.  Jeremia 55:

C.  Eksodus 20:

D.  1 Konings 15:

D.  Spreuke 30:


5.  "Die woorde van ‘n man se mond is diep waters, ‘n stroom wat bruis, ‘n fontein van wysheid."


A.  Josua 9:

B.  Jesaja 30:

C.  Numeri 10:

D.  Esegiël 25:

E.  Spreuke 18:


6.  "En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sê nie? Elkeen wat na My toe kom en na my woorde luister en dit doen Ek sal julle wys soos wie hy is.  Hy is soos ‘n man wat ‘n huis bou, wat gegrawe en diep ingegaan en die fondament op die rots gelê het; en toe die vloedwater kom en die stroom teen daardie huis losbreek, kon hy dit nie beweeg nie, omdat sy fondament op die rots was.  Maar wie dit hoor en dit nie doen nie, is soos ‘n man wat ‘n huis sonder fondament op die grond bou, en die stroom het daarteen losgebreek en dit het dadelik geval, en die instorting van daardie huis was groot."


A.  Jakobus 5:

B.  Filippense 3:

C.  Handelinge 20:

D.  Lukas 6:

E.  Hebreërs 12:


7.  "Maar baie naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart, om dit te doen."


A.  Esegiël 28:

B.  Eksodus 12:

C.  Jesaja 52:

D.  Josua 10:

E.  Deuteronomium 30:


8.  "En Hy sê: Ja, maar salig is hulle wat die woord van God hoor en dit bewaar."


A.  Galasiërs 5:

B.  Markus 12:

C.  1 Timoteus 5:

D.  Romeine 13:

D.  Lukas 11:


9.  "Want Hy wat God gestuur het, spreek die woorde van God; want God gee Hom die Gees nie met mate nie."


A.  Efesiërs 5:

B.  Matteus 22:

C.  Kolossense 1:

D.  1 Korintiërs 10:

E.  Johannes 3:


10.  "Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe."


A.  Jakobus 2:

B.  Romeine 13:

C.  Lukas 18:

D.  Hebreërs 12:

E.  Johannes 5:


Nuwe lewe in Christus!!

Kies die regte Skrifgedeelte:


1.  Dit is nie ék wat lewe nie, dit is Chrístus wat in my lewe. Ek lewe nou só: Ek glo in die Seun van God, die Seun wat lief is vir my en wat gesterf het sodat ek kan lewe.


A.  Markus 12:

B.  Jakobus 5:

C.  Romeine 10.

D.  Openbaring 7:

E.  Galasiërs 2:

 

2.  "Iemand wat reg lewe, laat ander mense waarlik lewe, 'n wyse mens sal lank lewe."


A.  Jesaja 31:

B.  Rigters 17:

C.  1 Samuel 20:

D.  Spreuke 11:

E.  Josua 7:

   

3.  “Die Vader lewe en Hy laat mense lewe. Hy het hierdie lewe ook vir die Seun gegee sodat die Seun ook mense kan laat lewe."


A.  Handelinge 19:

B.  Lukas 11:

C.  Markus 15:

D.  Filippense 3:

E.  Johannes 5:


4.  "Nou lewe ek naby die Here tussen mense wat lewe."


A.  Psalm 90:

B.  Psalm 130:

C.  Psalm 70:

D.  Psalm 33:

E.  Psalm 116:



5.  "As iemand dink sy eie lewe is baie belangrik, dan sal hy sy lewe verloor. Maar as iemand besef dat sy lewe op aarde nie belangrik is nie, dan sal hy sy lewe hou, hy sal altyd aanhou lewe."


A.  1 Timoteus 5:

B.  Romeine 13:

C.  Lukas 15:

D.  Jakobus 2:

E.  Johannes 12:

    

6.  "As iemand aan Christus behoort, dan het God daardie persoon 'n nuwe mens gemaak. Die persoon se ou lewe is verby, ja, hy het 'n nuwe lewe gekry."


A.  Galasiërs 1:

B.  2  Korintiërs 5:

C.  1 Johannes 2:

D.  Matteus 20:

E.  1 Petrus 3:



7.  "Want U gee vir ons die lewe, U gee die lig wat vir ons laat lewe."


A.  Psalm 71:

B.  Psalm 36:

C.  Psalm 27:

D.  Psalm 119:

E.  Psalm 122:

    


8.  "As jy met wysheid lewe, dan sal jy 'n lang en 'n mooi lewe hê."


A.  Esegiël 21:

B.  Jeremia 50:

C.  Hosea 7:

D.  2 Kronieke 20:

E.  Spreuke 3:



9.  "As jy wysheid het, dan sal jy lank lewe, jy sal baie jare lank lewe.


A.  Eksodus 11:

B.  Deuteronomium 29:

C.  Amos 1:

D.  Spreuke 9:

E.  1 Konings 15:



10.  "Die Woord het die lewe gebring, en hierdie lewe was die lig vir die mense."


A.  Matteus 20:

B.  Johannes 1:

C.  Romeine 15:

D.  Kolossense 2:

E.  Hebreërs 12:


Vrae!!

 Jy moet jou Bybel gebruik om die vrae te kan beantwoord:


1.  Wat is Geloof?

2.  Wat is Gehoorsaamheid?

3.  Hoekom is dit baie belangrik om wedergebore te wees?

4.  Hoekom is dit baie belangrik om tot bekering te kom?

5.  Hoekom is dit baie belangrik om gedoop te word as volwassene?

6.  Hoekom is dit baie belangrik om op God se Woord te mediteer dag en nag, om God se Woord te studeer en ook om op Sy Woord te fokus?

7.  In wie se beeld is ons geskape?

8.  Ons is veronderstel om te regeer en ....................

9.  Jesus het gesê as jy Sy dissipel wil wees dan moet jy ...........

10.  Is jy bereid om jou lewe optegee vir Jesus?

11.  Wat is die Groot Kommissie?


Psalms!!

Pas A by die regte antwoord in B:


A.


1.  Psalm 107:

2.  Psalm 122:

3.  Psalm 95:

4.  Psalm 82:

5.  Psalm 5:

6.  Psalm 131:

7.  Psalm 90:

8.  Psalm 110:

9.  Psalm 145:

10.  Psalm 120:

11.  Psalm 57:

12.  Psalm 18:

13.  Psalm 70:

14.  Psalm 99:

15.  Psalm 1:

16.  Psalm 17:

17.  Psalm 150:

18.  Psalm 103:

19.  Psalm 33:

20.  Psalm 84:

21.  Psalm 65

22.  Psalm 8:

23.  Psalm 81:

24.  Psalm 27:


B.  


1.  "Geseënd is die nasie wie se God die Here is, die volk wat Hy as sy erfdeel uitverkies het."


2.  "Here, ons Here, hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde, hoe glansryk alles wat U in die hemelruim geplaas het!"


3.  "Die Here God is ons krag en ons beskerming, die Here gee genade en eer, Hy weerhou die goeie nie van dié wat reg lewe nie."


4.  "Jubel tot eer van God ons sterkte, juig tot eer van die God van Jakob!"


5.  "Loof die Here, want Hy is goed. Aan sy liefde is daar geen einde nie."


6.  "Die Here is my lig en my redder, vir wie sou ek bang wees? Die Here is my toevlug, vir wie sou ek vrees?"


7.  "Kom, laat ons jubel tot eer van die Here, laat ons juig oor die rots by wie ons redding vind, laat ons na Hom toe gaan met lof, laat ons Hom toejuig met lofsange."


8.  "Bid vir die vrede van Jerusalem: Mag hulle wat jou liefhet, voorspoedig wees."


9.  "Ek het gesê: Julle is gode, en julle is almal seuns van die Allerhoogste."


10.  "Laat alles wat asem het die Here loof. Loof die Here!"


11.  "Ek wil die Here loof en nie een van sy weldade vergeet nie."


Bybelnotas!!

Vind die Bybelverse in:


1. Romeine 12:

2. Matteus 28:

3. Efesiërs 2:

4. Galasiërs 5:

5. Romeine 8:

6. Johannes 3:

7. Jeremia 29:

8. Spreuke 3:

9. Filippense 4:


1.  “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê."


2.  "Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting!"


3.  "Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is."


4.  "Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee."


5.  "Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie.  Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop."


6.  "Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is."


7.  "Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend."


8.  "Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees."


9.  "Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God."


10.  "Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge het die wet niks nie."


11.  "En nou doen ek 'n beroep op julle, broers, op grond van die groot ontferming van God: Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen."


Psalm 91:

   "Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind

en die beskerming van die Almagtige geniet,
hy sê vir die Here:
“U is my toevlug en my veilige vesting,
my God op wie ek vertrou.”

Dit is Hy wat jou uit die voëlvanger se wip hou
en jou bewaar van dodelike siekte.

Hy beskut jou onder sy vleuels
en is vir jou 'n veilige skuilplek.
Sy trou beskerm jou aan alle kante.

Jy hoef nie bang te wees vir gevaar in die nag
of vir aanvalle oordag,

vir pes wat in die donker toeslaan
of vir siekte wat helder oordag verwoesting saai nie.


Al val daar duisende langs jou, tienduisende by jou, vir jou sal niks tref nie.  Met jou eie oë sal jy sien hoe die goddelose gestraf word.

Omdat jy die Here as skuilplek geneem het,
die Allerhoogste as jou beskermer,

sal geen onheil jou tref
en geen plaag naby jou woonplek kom nie.

Hy sal sy engele opdrag gee
om jou te beskerm waar jy ook al gaan.

Op hulle hande sal hulle jou dra,
sodat jy nie jou voet teen 'n klip sal stamp nie.

Jy sal oor leeus en adders loop,
leeus en slange sal jy doodtrap.


“Omdat hy My liefhet, sal Ek hom red,”

sê die Here, “omdat hy My ken, sal Ek hom beskerm.
Wanneer hy My aanroep, sal Ek sy gebed verhoor;
in sy nood sal Ek by hom wees,
Ek sal hom red en hom in sy eer herstel.

'n Baie lang lewe sal Ek hom gee
en oor my hulp sal hy hom verbly.”

 

Verlossingsgebed:

Hemelse Vader, ek erken dat ek 'n sondaar is.  Ek kom na U toe en vra U om my te vergewe vir my sondes.  Ek gee my lewe vir U.  Kom in my lewe en lei my.  Wys my U wil en nie my wil.  In Jesus se Naam.  Amen.


Sodra jy hierdie gebed gebid het, en jou lewe aan Jesus gegee het, stuur asseblief  'n e -pos na:


navrae@weesafktiefvirjesusleefstyl.co.za 


Bekeer julle en laat julle doop! Dit is belangrik om 'n wedergeborene te wees.  Jesus kom gouer soos jy dink!! Wees gereed!! Hou jouself besig met God se werk en nie joune nie!!!

Die sleutel vir die Koninkryk van God - Wedergebore!!

Wedergebore:


1. Bekering

2. Nooi Jesus in jou lewe

3. Doop 


'n Nuwe Lewe!!


1. Verhouding met die Here

2. Nuwe Persoon

3. Nuwe Leefstyl

4. Vind die regte kerk

5. Studeer en oordink die Woord van God dag en nag.

6. Leef die Woord van God


Om Jesus te volg moet jy gehoorsaam wees in alles wat Hy jou vra om te doen!! Wat is jy bereid om optegee om Jesus te volg?

Thursday, 2 October 2025

Volg:

         Volg:



Volg Wees Aktief vir Jesus op:



https://weesaktiefvirJesus.blogspot.com

EN

www.weesaktiefvirjesusleefstyl.co.za


Aksie Kidz vir Jesus Gear is nou beskikbaar!!

  Aksie Kidz vir Jesus Gear is nou beskikbaar!!


Beskikbaar in Afrikaans. Ook beskikbaar vir volwassenes !!

 

Studiegidse R90 

NotaBoeke R70 

Inkleurboeke R90

Plakkerboeke R190 

Aktiwiteitsboeke R90 

Legkaarte R270

Bekers R170

T-hemde R270 


E-pos: navrae@aksiekidzvirjesus.co.za

navrae@weesafktiefvirjesusleefstyl.co.za







Volg Kingdom Lifestyle Ministries!!

     








Hoe weet ek ek is in die regte of verkeerde kerk!!

  Hoe weet ek ek is in die regte of verkeerde kerk!!Nie elke kerk n, Pastoor sal hemel toe gaan nie!! Jy moet seker maak jy behoort aan 'n kerk wat gevul is met die Heilige Gees. Vra God om jou te help om vir jou die regte kerk te wys!! Dit is baie belangrik om aan die regte kerk te behoort. 'n Kerk waar jy gemaklik is is 'n groot NEE!! Jy moet uitgedaag word in jou geloof. Jou geloof moet groei. 'n Kerk wat gevul is met die Heilige Gees is die regte kerk!  Maak seker jy is ook Wedergebore!! Jy moet jou bekeer en jou lewe vir Jesus gee en gedoop word!! 'n Kerk moet vermy word: 1.  Wanneer die kerk nie gevul is met die Heilige Gees nie.   2.  Te veel leerstellings, soos die normale tradisionele kerke. 3.  Die doop van babas.  Dit is nie Bybels nie.  Jesus was gedoop toe Hy 30 was en nie as 'n baba nie. 4.  Preke  wat gaan oor wat mense wil hoor en nie wat hulle moet hoor nie.  Jy moet ver van hulle af bly!! Fokus nou daarop om die regte kerk te vind. Vra God om vir jou die regte kerk te wys en om deure vir jou oop te maak om daar uit te kom!! Maar dit is van lewensbelang dat jy na die regte kerk moet gaan!! ’n Godsdienstige kerk is groot moeilikheid. Dit gaan jou nie help om in die hemel te kom nie!! Die regte kerk is, wat met die Heilige Gees gevul is, waar jy groei in jou geloof, waar jy uitgedaag word in jou geloof, waar hulle almal van alle ouderdomme doop en gefokus is op die Woord van God alleen!

Matteus 4:

 "Die versoeking in die woestyn


Toe is Jesus deur die Gees die woestyn in gelei om deur die duiwel versoek te word. Veertig dae en veertig nagte het Hy niks geëet nie en naderhand het Hy honger geword.

Die versoeker het toe gekom en vir Hom gesê: “As U die Seun van God is, sê hierdie klippe moet brood word.”

Maar Hy antwoord: “Daar staan geskrywe:

“'n Mens leef nie net van brood nie maar van elke woord wat uit die mond van God kom.”

Daarna neem die duiwel Hom na die heilige stad toe en laat Hom op die hoogste punt van die tempel staan en sê vir Hom: “As U die Seun van God is, spring af! Daar staan mos geskrywe:

“Hy sal sy engele oor jou opdrag gee

“en:

“Op hulle hande sal hulle jou dra, sodat jy nie jou voet teen 'n klip sal stamp nie.”

Jesus sê vir hom: “Daar staan ook geskrywe: Jy mag die Here jou God nie op die proef stel nie.”

Toe neem die duiwel Hom na 'n baie hoë berg toe, wys Hom al die koninkryke van die wêreld met hulle prag en sê vir Hom: “Dit alles sal ek vir U gee as U neerval en my aanbid.”

Maar Jesus sê vir hom: “Gaan weg, Satan, want daar staan geskrywe:

“Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.”

Daarna het die duiwel Hom met rus gelaat, en daar het engele gekom en Hom versorg.

Die eerste optrede van Jesus

Toe Jesus hoor dat Herodes vir Johannes in die tronk laat opsluit het, het Hy na Galilea toe gegaan. Hy het nie in Nasaret gaan bly nie, maar Hom gaan vestig in Kapernaum by die see, in die gebied van Sebulon en Naftali. So moes vervul word wat deur die profeet Jesaja gesê is:

“Jy, gebied van Sebulon en gebied van Naftali, aan die seekant en oorkant die Jordaan, Galilea waar die heidene woon!

Die volk wat in duisternis woon, het 'n groot lig gesien; hulle wat in die skemerland van die dood lewe, vir hulle het die lig opgegaan.”

Van toe af het Jesus begin preek en gesê: “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom.”

Die roeping van die eerste dissipels

Eendag toe Jesus langs die See van Galilea loop, sien Hy twee broers: Simon, wat ook Petrus genoem word, en sy broer Andreas. Hulle was besig om 'n werpnet in die see uit te gooi, want hulle was vissers van beroep. Hy sê toe vir hulle: “Kom hier! Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense maak.”

Hulle het dadelik die nette gelos en Hom gevolg.

Toe Hy daarvandaan verder gaan, sien Hy twee ander broers: Jakobus 'n seun van Sebedeus, en sy broer Johannes. Hulle was in 'n skuit saam met hulle pa besig om hulle nette reg te maak. Jesus het hulle geroep, en hulle het dadelik die skuit en hulle pa verlaat en vir Jesus gevolg.

Weldade aan baie mense

Hy het toe in die hele Galilea rondgegaan en die mense in hulle sinagoges geleer, die evangelie van die koninkryk verkondig en elke soort siekte en kwaal onder die volk gesond gemaak. En berigte oor Hom het deur die hele provinsie Sirië versprei. Die mense het toe die siekes met allerhande kwale en pyne, dié wat in die mag van bose geeste was, geestelik versteurdes en verlamdes na Hom toe gebring, en Hy het hulle gesond gemaak. Groot menigtes uit Galilea, Dekapolis, Jerusalem, Judea en van oorkant die Jordaan af het Hom gevolg."

Matteus 3:

"Johannes die Doper en sy prediking


In daardie tyd het Johannes die Doper in die woestyn van Judea begin preek en gesê: “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom.” Hy is die een wat die profeet Jesaja bedoel het toe hy gesê het:

“Iemand roep in die woestyn:

Maak die pad vir die Here gereed, maak die paaie vir Hom reguit.”

Hierdie Johannes het klere van kameelhaar gedra met 'n leerband om sy heupe, en hy het van sprinkane en veldheuning gelewe. In dié dae het Jerusalem en die hele Judea en die hele omgewing van die Jordaan na hom toe gestroom. Hulle het hulle sondes bely en hulle deur hom in die Jordaanrivier laat doop.

Toe hy merk dat baie van die Fariseërs en die Sadduseërs kom om deur hom gedoop te word, sê hy vir hulle: “Julle slange, wie het julle wysgemaak dat julle die dreigende toorn kan ontvlug? Dra liewer vrugte wat bewys dat julle bekeer is. Julle moet julle nie verbeel dat julle by julleself kan sê: ‘Ons het Abraham as voorvader’ nie. Dit sê ek vir julle: God kan uit hierdie klippe kinders vir Abraham verwek. Die byl lê klaar teen die wortel van die bome. Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi. Ek doop julle wel met water omdat julle julle bekeer het, maar Hy wat ná my kom, is my meerdere, en ek is nie eers werd om sy skoene uit te trek nie. Hy sal julle met die Heilige Gees en met vuur doop. Hy het sy skop in sy hand en Hy sal sy dorsvloer deur en deur skoonmaak. Sy koring sal Hy na die skuur toe bring, maar die kaf sal Hy met 'n onblusbare vuur verbrand.”

Die doop van Jesus

In daardie tyd het Jesus van Galilea af na Johannes toe by die Jordaan gekom om deur hom gedoop te word. Maar Johannes het dit probeer verhinder deur te sê: “Ek moet eintlik deur U gedoop word, en U kom na my toe?”

Jesus het hom geantwoord: “Nogtans moet jy dit nou doen, want op hierdie manier moet ons aan die wil van God voldoen.”

Daarna het Johannes ingestem. Jesus is toe gedoop en het dadelik daarna uit die water gekom. Meteens het die hemel bokant Hom oopgegaan, en Hy het die Gees van God soos 'n duif sien neerdaal en op Hom kom. Daar was ook 'n stem uit die hemel wat gesê het: “Dit is my geliefde Seun. Oor Hom verheug Ek My.”

Studeer die Woord van God!!

Vind die Bybelverse in:


1.  Psalm 33:

2.  Spreuke 2:

3.  1 Petrus 2:

4.  Johannes 8:

5.  Jakobus 1:

6.  Johannes 1:

7.  Matteus 4:

8.  Filippense 2:

9.  Psalm 119:

10.  Romeine 10:



1.  "Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God."


2.  "deur die woord van die lewe uit te dra."


3.  "Wanneer u woord vir mense oopgaan, bring dit lig; dit gee insig aan dié wat nog onervare is."


4.  "Maar Hy antwoord: “Daar staan geskrywe: “'n Mens leef nie net van brood nie maar van elke woord wat uit die mond van God kom.”


5.  "Wat die Here sê, gebeur, alles wat Hy doen, staan vas."


6.  "Dit is die Here wat die wysheid gee, uit sy mond kom die kennis en die insig."


7.  "Soos pasgebore kindertjies smag na melk, moet julle smag na die suiwer geestelike melk, sodat julle daardeur kan opgroei en die saligheid verkry."


8.  "Toe sê Jesus vir die Jode wat in Hom glo: “As julle aan my woorde getrou bly, is julle waarlik my dissipels; en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak.”


9.  "Daarom moet julle al die sedelike vuilheid en ongeregtigheid opruim wat so welig tier, en ootmoedig die woord aanneem wat God in julle geplant het, want dié woord kan julle red."


10.  "Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid."


11.  "Maar iemand wat hom verdiep in die volmaakte wet wat 'n mens vry maak, en hom daaraan hou en nie vergeet wat hy hoor nie, maar dit doen, hy sal gelukkig wees in wat hy doen."


Soek eers die Koninkryk van God!!

Pas A by die regte antwoord in B:


A.


1.  Jakobus 4:

2.  Spreuke 8:

3.  Jeremia 29:

4.  Josua 11:

5.  Numeri 13:

6.  Spreuke 20:

7.  Markus 15:

8.  Jakobus 3:

9.  Psalm 9:

10.  Psalm 14:

11.  2 Konings 17:

12.  Lukas 20:

13.  Johannes 19:

14.  1 Petrus 3:

15.  Esegiël 30:

16.  Psalm 71:

17.  1 Samuel 20:

18.  Galasiërs 5:

19.  Psalm 27:

20.  1 Kronieke 16:

21.  Handelinge 17:

22.  Hebreërs 11:

23.  Matteus 6:


B.  


1.  "Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.."


2.  "Vra na die HERE en sy sterkte; soek sy aangesig altyddeur."


3.  "As 'n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil. Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy dié wat Hom soek, beloon."


4.  "Nader tot God, en Hy sal tot julle nader."


5.  "En julle sal My soek en vind as julle na My vra met julle hele hart."


6.  "Ék het lief die wat my liefhet, en die wat my soek, sal my vind."


7.  "En hulle wat u Naam ken, sal op U vertrou, omdat U die wat U soek, nie verlaat nie, o HERE!"


8.  "Die HERE het uit die hemel neergesien op die mensekinders, om te sien of daar iemand verstandig is, wat na God vra."


9.  "Een ding het ek van die HERE begeer, dit sal ek soek: dat ek al die dae van my lewe mag woon in die huis van die HERE, om die lieflikheid van die HERE te aanskou en te ondersoek in sy tempel."


10.  "Die jong leeus ly armoede en het honger; maar die wat die HERE soek, het geen gebrek aan enigiets nie."


Wat is die Goeie Nuus?

Vind die Bybelverse in:


1.  1 Petrus 1:

2.  Johannes 3:

3.  Johannes 1:

4.  Jakobus 1:

5.  Filippense 3:

6.  Romeine 5:

7.  Johannes 14:

8.  Romeine 8:

9.  Romeine 3:


1.  "Maar nou is die geregtigheid van God geopenbaar sonder die wet, terwyl die wet en die profete daarvan getuig, die geregtigheid naamlik van God deur die geloof in Jesus Christus vir almal en oor almal wat glo, want daar is geen onderskeid nie; want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God, en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is. Hom het God voorgestel in sy bloed as ‘n versoening deur die geloof, om sy geregtigheid te bewys deurdat Hy die sondes ongestraf laat bly het wat tevore gedoen is onder die verdraagsaamheid van God om sy geregtigheid te toon in die teenwoordige tyd, sodat Hy self regverdig kan wees en regverdig maak wie uit die geloof in Jesus is."


2.  "Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus; deur wie ons ook deur die geloof die toegang verkry het tot hierdie genade waarin ons staan; en ons roem in die hoop op die heerlikheid van God."


3.  "Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie."


4.  "Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.  Want die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood.  Want God het wat vir die wet onmoontlik was, omdat dit kragteloos was deur die vlees deur sy eie Seun in die gelykheid van die sondige vlees te stuur, en dit ter wille van die sonde, die sonde veroordeel in die vlees, sodat die reg van die wet vervul kon word in ons wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees."


5.  "want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly.  Want alle vlees is soos gras, en al die heerlikheid van die mens soos ‘n blom van die gras. Die gras verdor en sy blom val af, maar die woord van die Here bly tot in ewigheid. En dit is die woord wat aan julle verkondig is."


6.  "Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo; wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van ‘n man nie, maar uit God gebore is."


7.  "Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.  Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees.  Moenie jou verwonder dat Ek vir jou gesê het, julle moet weer gebore word nie.  Die wind waai waar hy wil, en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie vanwaar hy kom en waarheen hy gaan nie. So is elkeen wat uit die Gees gebore is."


8.  "Volgens sy wil het Hy ons voortgebring deur die woord van die waarheid, sodat ons as eerstelinge van sy skepsele kan wees."


9.  "En soos Moses die slang in die woestyn verhoog het, so moet die Seun van die mens verhoog word, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.  Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê."


10.  "In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense."


Volg:

               Volg : Volg Wees Aktief vir Jesus op: https://weesaktiefvirJesus.blogspot.com EN www.weesaktiefvirjesusleefstyl.co.za