1 KORINTIËRS 13:
"Die liefde
Nou wys ek julle wat nog die allerbeste is:
Al praat ek die tale van mense en engele,
maar ek het geen liefde nie, het ek 'n stuk klinkende metaal, 'n galmende simbaal geword. Al het ek die gawe van profesie
en ken ek al die geheimenisse en besit ek al die kennis,
en al het ek al die geloof om berge te versit,
maar
ek het geen liefde nie, dan is ek niks. Al deel ek al wat ek het aan
ander uit, en al gee ek my liggaam prys om my daarop te kan beroem, maar
ek het geen liefde nie, baat dit my niks.
Die liefde is geduldig,
die
liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig
nie, is nie verwaand nie. Dit handel nie onwelvoeglik nie,
soek nie
sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad
nie. Dit verbly hom nie oor onreg nie, maar verheug hom oor die
waarheid. Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles. Die
liefde vergaan nooit nie, maar die gawe van profesie sal verdwyn, die
gawe om ongewone tale en klanke te gebruik, sal ophou, en dié van kennis
sal uitgedien raak. Want ons ken maar gedeeltelik, en ons profeteer
maar gedeeltelik, maar wanneer die volledige kom, sal wat gedeeltelik
is, uitgedien wees.
Toe
ek 'n kind was, het ek gepraat soos 'n kind, gedink soos 'n kind,
geredeneer soos 'n kind. Maar noudat ek 'n man is, is ek klaar met die
dinge van 'n kind. Nou kyk ons nog in 'n dowwe spieël en sien 'n
raaiselagtige beeld, maar eendag sal ons alles sien soos dit werklik
is. Nou ken ek net gedeeltelik, maar eendag sal ek ten volle ken soos
God my ten volle ken. En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie.
En die grootste hiervan is die liefde!"
Wednesday, 19 February 2020
Volg:
Volg : Volg Wees Aktief vir Jesus op: https://weesaktiefvirJesus.blogspot.com EN www.weesaktiefvirjesusleefstyl.co.za

-
Vind die Bybelverse in: 1. Filippense 3: 2. Johannes 16: 3. Galasiërs 5: 4. Galasiërs 6: 5. Matteus 8: 6. Johannes 3: 7. Matteus 10: 8. Rome...
-
Hemelse Vader, ek erken dat ek 'n sondaar is. Ek kom na U toe en vra U om my te vergewe vir my sondes. Ek gee my lewe vir U. Kom ...
-
Pas A by die regte antwoord in B: A. 1. Galasiërs 5: 2. Hebreërs 4: 3. Handelinge 1: 4. Romeine 15: 5. Eksodus 23: 6. Markus 10: 7. Efesiërs...