Die liefde van God!
Vind die verse in:
1. Romeine 5:
2. Psalms 86:
3. Johannes 3:
4. Jeremia 31:
5. Jeremia 29:
6. Galasiërs 2:
7. 1 Johannes 4:
8. 1 Johannes 3:
9. 1 Timoteus 1:
1. "Die Gees wat God ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing."
2.
"Kyk watter groot liefde die Vader aan ons bewys het: Hy noem ons
kinders van God, en ons is dit ook. En die wêreld ken ons nie, omdat dit
Hom nie ken nie."
3.
"Waar liefde is, is daar geen vrees nie, maar volmaakte liefde verdryf
vrees, want vrees verwag straf, en wie nog vrees, het nie volmaakte
liefde nie."
4.
"En ons ken die liefde wat God vir ons het, en ons glo daarin. God is
liefde; wie in die liefde bly, bly in God en God bly in hom."
5.
"en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe.
Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van
God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê."
6.
"Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie
teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting!"
7. "Van ver af het die Here Hom aan Israel bekend gemaak: Ek het jou nog altyd liefgehad, daarom het Ek jou met geduld verdra."
8.
“God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het,
sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe
sal hê."
9. "U, Here, is 'n barmhartige en genadige God, lankmoedig, vol liefde en trou."
10. "Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was."
Friday, 13 March 2020
Volg:
Volg : Volg Wees Aktief vir Jesus op: https://weesaktiefvirJesus.blogspot.com EN www.weesaktiefvirjesusleefstyl.co.za

-
Vind die Bybelverse in: 1. Filippense 3: 2. Johannes 16: 3. Galasiërs 5: 4. Galasiërs 6: 5. Matteus 8: 6. Johannes 3: 7. Matteus 10: 8. Rome...
-
Hemelse Vader, ek erken dat ek 'n sondaar is. Ek kom na U toe en vra U om my te vergewe vir my sondes. Ek gee my lewe vir U. Kom ...
-
Pas A by die regte antwoord in B: A. 1. Galasiërs 5: 2. Hebreërs 4: 3. Handelinge 1: 4. Romeine 15: 5. Eksodus 23: 6. Markus 10: 7. Efesiërs...