Die belangrikheid van die Kruis!!
Pas A by die regte antwoord in B:
A.
1. Kolossense 1:
2. Romeine 6:
3. Galasiërs 3:
4. Lukas 20:
5. Handelinge 15:
6. Matteus 21:
7. 2 Peter 2:
8. 1 Timoteus 3:
9. Romeine 15:
10. Hebrieërs 10:
11. Johannes 18:
12. Jakobus 5:
13. 1 Johannes 4:
14. Johannes 3:
15. Galasiërs 5:
16. 2 Korintiërs 13:
17. Kolossense 2:
18. Filemon 1:
19. 1 Johannes 3:
20. 1 Tessalonisense 2:
21. Lukas 15:
22. 1 Petrus 2:
23. Filippense 2:
B.
1.
"maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van 'n slaaf aan te
neem en aan mense gelyk te word. En toe Hy as mens verskyn het, het Hy
Homself verder verneder. Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood
aan die kruis. Daarom het God Hom ook tot die hoogste eer verhef en Hom
die Naam gegee wat bo elke naam is, sodat in die Naam van Jesus elkeen
wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde is, die knie sou
buig, en elke tong sou erken: “Jesus Christus is Here!” tot eer van God
die Vader."
2. "Hy het self ons sondes in sy liggaam aan die
kruis gedra. Daardeur is ons vir die sondes dood en kan ons lewe in
gehoorsaamheid aan die wil van God. Deur sy wonde is julle genees."
3.
"Hy het die skuldbewys met sy eise teen ons tot niet gemaak. Deur dit
aan die kruis te spyker, het Hy dit vir goed weggeneem."
4.
"want al is Hy gekruisig in die swakheid van 'n mens, Hy leef uit die
krag van God. En in Hom is ons ook swak, maar saam met Hom sal ons uit
die krag van God lewe. Dit sal julle sien."
5. "Ons het saam met Christus gesterwe; daarom glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe."
6.
"en om deur Hom alles met Homself te versoen. Deur die bloed van sy
Seun aan die kruis het Hy die vrede herstel, deur Hom het Hy alles op
die aarde en in die hemel met Homself versoen."
7. "Christus
het ons losgekoop van die vloek wat die wet meebring, deur in ons plek
'n vervloekte te word. Daar staan naamlik geskrywe: “Vervloek is elkeen
wat aan 'n hout opgehang is.”
8. "Hiérin is God se liefde vir
ons geopenbaar: sy enigste Seun het Hy na die wêreld toe gestuur sodat
ons deur Hom die lewe kan hê."
9. “God het die wêreld so
liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo,
nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê."
10. "Dié wat aan Christus Jesus behoort, het hulle sondige natuur met al sy hartstogte en begeertes gekruisig."
Saturday, 11 April 2020
Volg:
Volg : Volg Wees Aktief vir Jesus op: https://weesaktiefvirJesus.blogspot.com EN www.weesaktiefvirjesusleefstyl.co.za

-
Vind die Bybelverse in: 1. Filippense 3: 2. Johannes 16: 3. Galasiërs 5: 4. Galasiërs 6: 5. Matteus 8: 6. Johannes 3: 7. Matteus 10: 8. Rome...
-
Hemelse Vader, ek erken dat ek 'n sondaar is. Ek kom na U toe en vra U om my te vergewe vir my sondes. Ek gee my lewe vir U. Kom ...
-
Pas A by die regte antwoord in B: A. 1. Galasiërs 5: 2. Hebreërs 4: 3. Handelinge 1: 4. Romeine 15: 5. Eksodus 23: 6. Markus 10: 7. Efesiërs...