Geloofsheld: Abraham en sy storie:
Die vader van baie nasies:
Genesis 15:
"Verbond van God met Abram.
NÁ
hierdie dinge het die woord van die Here tot Abram gekom in ’n gesig en
gesê: Vrees nie, Abram, Ek is vir jou ’n skild en jou loon is baie
groot.
Toe
vra Abram: HereHere, wat sal U my gee, aangesien ek sonder kinders
heengaan en die erfgenaam van my huis die Damaskéner Eliëser is?
Verder het Abram gesê: Aan my het U geen nageslag gegee nie; so sal dan die bediende van my huis my erfgenaam wees.
Toe
kom die woord van die Here tot hom en sê: Hierdie een sal jou erfgenaam
nie wees nie, maar die een wat uit jou liggaam sal voortkom, hy sal jou
erfgenaam wees.
Daarop
lei Hy hom uit na buite met die woorde: Kyk nou op na die hemel en tel
die sterre as jy hulle kan tel. En Hy sê vir hom: So sal jou nageslag
wees.
En hy het in die Here geglo; en Hy het hom dit tot geregtigheid gereken.
Verder het Hy vir hom gesê: Ek is die Here wat jouuitgelei het uit Ur van die Chaldeërs om jou hierdie land in besit te gee.
En hy sê: Here Here, waaraan sal ek weet dat ek dit in besit sal neem?
En
Hy antwoord hom: Neem vir My ’n driejaar oud vers en ’n driejaar oud
bokooi en ’n driejaar oud ram en ’n tortelduif en ’n jong duif.
En
hy het dit alles vir Hom gebring en dit middeldeur gedeel en die
helftes teenoor mekaar gelê; maar die voëls het hy nie verdeel nie.
Toe kom daar roofvoëls op die dooie diere af, maar Abram het hulle weggejaag.
En toe die son wou ondergaan, val daar ’n diepe slaap op Abram, en kyk, skriken groot duisternis het hom oorval.
Daarop
sê Hy vir Abram: Weet verseker dat jou nageslag vreemdelinge sal wees
in ’n land wat aan hulle nie behoort nie; daar sal hulle diensbaar wees
en verdruk word vierhonderd jaar lank.
Maar Ek sal ook die nasie oordeel aan wie hulle diensbaar moet wees, en daarna sal hulle uittrek met baie goed.
Maar jý sal na jou vaders gaan in vrede, jy sal in goeie ouderdom begrawe word.
En die vierde geslag sal hierheen terugkom, want die ongeregtigheid van die Amoriete is tot nog toe nie vol nie.
En ná sononder, toe dit heeltemal donker was, gaan daar ’n rokende oond en vurige fakkel tussen dié stukke vleis deur.
Op
dié dag het die Here met Abram ’n verbond gesluit en gesê: Aan jou
nageslag gee Ek hierdie land, van die rivier van Egipte af tot by die
groot rivier, die Eufraatrivier:
die Keniete en Kenissiete en Kadmoniete
en Hetiete en Feresiete en Refaïete
en Amoriete en Kanaäniete en Girgasiete en Jebusiete."
Wednesday, 29 April 2020
Volg:
Volg : Volg Wees Aktief vir Jesus op: https://weesaktiefvirJesus.blogspot.com EN www.weesaktiefvirjesusleefstyl.co.za

-
Vind die Bybelverse in: 1. Filippense 3: 2. Johannes 16: 3. Galasiërs 5: 4. Galasiërs 6: 5. Matteus 8: 6. Johannes 3: 7. Matteus 10: 8. Rome...
-
Hemelse Vader, ek erken dat ek 'n sondaar is. Ek kom na U toe en vra U om my te vergewe vir my sondes. Ek gee my lewe vir U. Kom ...
-
Pas A by die regte antwoord in B: A. 1. Galasiërs 5: 2. Hebreërs 4: 3. Handelinge 1: 4. Romeine 15: 5. Eksodus 23: 6. Markus 10: 7. Efesiërs...