Wees 'n vegter vir Christus!!
Kies die regte skrifgedeelte:
1.
"Daarom verdra ek alles ter wille van die uitverkorenes, sodat ook
hulle die verlossing, wat daar in Christus Jesus is, en die ewige
heerlikheid kan ontvang."
A. Markus 10:
B. Jakobus 5:
C. Lukas 15:
D. Johannes 20:
E. 2 Timoteus 2:
2. "Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees. Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges."
A. Handelinge 20:
B. 1 Timoteus 5:
C. Lukas 21:
D. Efesiërs 6:
E. Mattheus 23:
3. "Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons wakker bly en nugter wees."
A. Filippense 3:
B. Romeine 15:
C. Jakobus 2:
D. Matteus 18:
E. 1 Tessalonisense 5:
4.
"Hou moed en wees dapper! Moenie bang wees nie, moenie vir hulle skrik
nie, want die Here julle God gaan saam met julle. Hy sal julle nie in
die steek laat nie, julle nie alleen laat nie.”
A. Josua 23:
B. Jeremia 37:
C. Rigters 10:
D. Deuteronomium 31:
E. Jesaja 50:
5. "Die Here is my lig en my redder, vir wie sou ek bang wees? Die Here is my toevlug, vir wie sou ek vrees?"
A. Psalm 89:
B. Psalm 70:
C. Psalm 110:
D. Psalm 120:
E. Psalm 27:
6. "Die Here julle God gaan saam met julle om vir julle teen julle vyande te veg, om julle die oorwinning te laat behaal."
A. Eksodus 31:
B. Spreuke 20:
C. Jeremia 33:
D. Josua 11:
E. Deuteronomium 20:
7. "U het my met krag omgord vir die stryd, U het my teëstanders voor my laat swig."
A. Psalm 90:
B. Psalm 110:
C. Psalm 20:
D. Psalm 130:
E. Psalm 18:
8.
"Kyk, Ek het aan julle die mag gegee om op slange en skerpioene te trap
en om die vyand met al sy geweld te oorwin, sonder dat iets julle enige
leed aandoen."
A. Johannes 15:
B. Lukas 10:
C. Handelinge 20:
D. Filippense 3:
E. Markus 12:
9.
"Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is
jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand
red Ek jou."
A. Jeremia 55:
B. Nehemia 11:
C. Josua 20:
D. Spreuke 18:
D. Jesaja 41:
10.
"Maar ons wat van die dag is, moet nugter wees; ons moet geloof en
liefde as borsharnas dra en die hoop op verlossing as helm."
A. 1 Petrus 5:
B. Jakobus 3:
C. Matteus 22:
D. 1 Tessalonisense 5:
E. Romeine 10:
Saturday, 18 April 2020
Volg:
Volg : Volg Wees Aktief vir Jesus op: https://weesaktiefvirJesus.blogspot.com EN www.weesaktiefvirjesusleefstyl.co.za

-
Vind die Bybelverse in: 1. Filippense 3: 2. Johannes 16: 3. Galasiërs 5: 4. Galasiërs 6: 5. Matteus 8: 6. Johannes 3: 7. Matteus 10: 8. Rome...
-
Hemelse Vader, ek erken dat ek 'n sondaar is. Ek kom na U toe en vra U om my te vergewe vir my sondes. Ek gee my lewe vir U. Kom ...
-
Pas A by die regte antwoord in B: A. 1. Galasiërs 5: 2. Hebreërs 4: 3. Handelinge 1: 4. Romeine 15: 5. Eksodus 23: 6. Markus 10: 7. Efesiërs...