Vind die verse in :
1. Spreuke 10:
2. Spreuke 17:3. Matteus 15:
4. Spreuke 18:
5. Romeine 10:
6. Spreuke 16:
7. Jakobus 3:
8. Spreuke 13:
1. "Wie sy mond bewaak, bewaar sy lewe; wie sy lippe wyd oopmaak, vir hom is daar ondergang."
2. "En Hy het bevel gegee aan die skare om op die grond te gaan sit. Toe neem Hy die sewe brode en die visse, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan sy dissipels, en die dissipels aan die skare. En hulle het almal geëet en versadig geword; en hulle het die oorskot van die brokstukke opgetel, sewe mandjies vol."
3. "Kyk, ons sit stange in die perde se bekke, sodat hulle ons gehoorsaam kan wees, en ons stuur hulle hele liggaam daarmee. Kyk, ook die skepe, alhoewel hulle so groot is en deur hewige winde voortgedryf word, word gestuur deur ‘n baie klein roer net waarheen die stuurman wil. Net so is die tong ook ‘n klein lid en beroem hom op groot dinge—kyk hoe ‘n groot hoop hout steek ‘n klein vuurtjie aan die brand. Die tong is ook ‘n vuur, die wêreld van ongeregtigheid. Net so ‘n plek neem die tong onder ons lede in; dit besmet die hele liggaam en steek die hele lewensloop aan die brand en word uit die hel aangesteek."
4. "By veelheid van woorde ontbreek die oortreding nie; maar hy wat sy lippe inhou, handel verstandig."
5. "Die woorde van ‘n man se mond is diep waters, ‘n stroom wat bruis, ‘n fontein van wysheid."
6. "want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding."
7. "Maar die dinge wat uit die mond uitgaan, kom uit die hart, en dit is dié wat die mens onrein maak."
8. "Vriendelike woorde is soos ‘n heuningkoek: soet vir die siel en ‘n genesing vir die gebeente."
9. "Dood en lewe is in die mag van die tong; en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet."
10. "Wie sy woorde inhou, besit kennis; en hy wat kalm is van gees, is ‘n man van verstand.