Kies die regte Skrifgedeelte:
1. "Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus."
A. Romeine 13:
B. Jakobus 3:
C. Filippense 1:
D. Efesiërs 6:
E. Matteus 25:
2. "Deur die geloof het Noag, toe hy ‘n goddelike waarskuwing ontvang het aangaande wat nog nie gesien was nie, met eerbiedige vrees die ark gereed gemaak tot redding van sy huisgesin, waardeur hy die wêreld veroordeel het en ‘n erfgenaam geword het van die geregtigheid wat volgens die geloof is."
A. Handelinge 20:
B. 1 Timoteus 3:
C. Markus 9:
D. Lukas 13:
E. Hebreërs 11:
3. "Waak, staan in die geloof, wees manlik, wees sterk."
A. Lukas 18:
B. Johannes 10:
C. Matteus 21:
D. Romeine 13:
E. 1 Korintiërs 16:
4. "Want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe."
A. 2 Johannes 1:
B. Matteus 22:
C. Lukas 17:
D. 2 Tinoteus 2:
E. Romeine 1:
5. "want ons lewe deur geloof, nie deur sien nie."
A. Jakobus 3:
B. Openbaring 17:
C. 1 Petrus 2:
D. Handelinge 19:
E. 2 Korintiërs 5:
6. "En mag die God van die hoop julle vervul met alle blydskap en vrede deur die geloof, dat julle oorvloedig kan wees in die hoop deur die krag van die Heilige Gees!"
A. 1 Tessalonisense 3:
B. Handelinge 15:
C. Efesiërs 2:
D. Markus 10:
E. Romeine 15:
7. "Net so is ook die geloof, as dit geen werke het nie, in sigself dood."
A. Filippense 3:
B. Jakobus 2:
C. Matteus 8:
D. Kolossense 3:
E. Lukas 11:
8. "En hy het nie deur ongeloof aan die belofte van God getwyfel nie, maar hy is versterk deur die geloof en het aan God die eer gegee en was ten volle oortuig dat Hy ook die mag het om te doen wat Hy beloof het. Daarom is dit hom ook tot geregtigheid gereken."
A. 1 Korintiërs 15:
B. Matteus 17:
C. Handelinge 13:
D. Markus 10:
E. Romeine 4:
9. "En Jesus sê vir hom: Gaan, jou geloof het jou gered. En dadelik het hy gesien en Jesus op die pad gevolg."
A. Johannes 11:
B. Markus 10:
C. Efesiërs 5:
D. Jakobus 2:
E. Hebreërs 8:
10. "Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom."
A. Titus 1:
B. 1 Petrus 3:
C. Matteus 25:
D. 1 Johannes 5:
E. Johannes 3: