Friday, 13 November 2020

Die Liefde van God!!

Vind die verse in:

 

1.  Johannes 15:
2.  Johannes 17:
3.  1 Johannes 4:
4.  Efesiërs 3:
5.  Filippense 1:
6.  1 Tessalonisense 3:
7.  1 Korintiërs 16:


1.  "Julle moet alles met liefde doen."


2.  "Mense wat liefde in hulle harte het, is nie bang nie, want as hulle regtig liefde in hulle harte het, dan kan hulle nie meer bang wees nie. Mense is altyd bang vir straf. Die mense wat bang is dat God hulle sal straf, is die mense wat nie regtig liefde in hulle harte het nie."


3.  "Ons bid dat die Here julle liefde sal laat groei en dat julle vol sal word van liefde vir mekaar en liefde vir almal, soos ons ook lief is vir julle."


4.  “Die Vader is lief vir My. So is Ek ook lief vir julle. Julle moet vashou aan my liefde, my liefde moet vir julle baie belangrik wees."


5.  "Die beste bewys van liefde is wanneer iemand vir sy vriende sterf sodat sy vriende kan lewe."


6.  "Ek het vasgehou aan my Vader se liefde, want Ek het gedoen wat Hy gesê het. Julle moet dieselfde doen. As julle wil doen wat Ek sê, dan moet julle vashou aan my liefde."


7.  "Ek het vir hulle vertel van U en Ek sal vir hulle nog meer vertel van U. Dan sal u liefde in hulle harte wees, die liefde wat U vir My het, en Ek sal by hulle wees.”


8.  "Ons het gesien en geglo dat God lief is vir ons. God is liefde, en almal wat vashou aan sy liefde, bly by Hom en Hy bly by hulle."


9.  "Ek bid dat julle sal glo in Christus, dat Hy in julle harte sal woon en dat julle lewens heeltemal vol liefde sal wees."


10.  "Ek bid dat julle liefde meer en meer sal word sodat julle alles beter sal verstaan en sal weet"
 

Volg:

      Volg : Volg Wees Aktief vir Jesus op: https://weesaktiefvirJesus.blogspot.com EN www.weesaktiefvirjesusleefstyl.co.za