Vind die verse in:
1. Efesiërs 3:
2. 1 Petrus 4:
3. 1 Johannes 4:
4. Johannes 15:
5. Johannes 17:
1. "Mense wat liefde in hulle harte het, is nie bang nie, want as hulle regtig liefde in hulle harte het, dan kan hulle nie meer bang wees nie. Mense is altyd bang vir straf. Die mense wat bang is dat God hulle sal straf, is die mense wat nie regtig liefde in hulle harte het nie."
2. “Die Vader is lief vir My. So is Ek ook lief vir julle. Julle moet vashou aan my liefde, my liefde moet vir julle baie belangrik wees."
3. "Die beste bewys van liefde is wanneer iemand vir sy vriende sterf sodat sy vriende kan lewe."
4. "Ek het vasgehou aan my Vader se liefde, want Ek het gedoen wat Hy gesê het. Julle moet dieselfde doen. As julle wil doen wat Ek sê, dan moet julle vashou aan my liefde."
5. "Ek het vir hulle vertel van U en Ek sal vir hulle nog meer vertel van U. Dan sal u liefde in hulle harte wees, die liefde wat U vir My het, en Ek sal by hulle wees.”
6. "Ons het gesien en geglo dat God lief is vir ons. God is liefde, en almal wat vashou aan sy liefde, bly by Hom en Hy bly by hulle."
7. "Ek bid dat julle sal glo in Christus, dat Hy in julle harte sal woon en dat julle lewens heeltemal vol liefde sal wees."
8. " Die belangrikste van alles is dat julle baie lief moet wees vir mekaar, want die liefde maak baie sondes toe."
9. "Mense wat nie lief is vir ander mense nie, ken nie vir God nie, want God is liefde."
10. "Dan sal julle weet hoe groot Christus se liefde vir julle is, hoe wyd, hoe lank, hoe hoog en hoe diep dit is. Julle sal dit weet saam met die ander mense wat aan God behoort."