Kies die regte Skrifgedeelte:
1. "Omdat jy dan nie gehoorsaam is aan die woord van die Here jou God nie, sal jy net so omkom soos die nasies vir wie die Here laat omkom het.”
A. Eksodus 20:
B. Josua 10:
C. 2 Samuel 17:
D. Spreuke 15:
E. Deuteronomium 8:
2. "U het U gehou aan wat U u dienaar, my vader Dawid, beloof het. U het die belofte gemaak en dit so soos dit vandag is, deur u woord en u mag vervul."
A. 2 Samuel 11:
B. Josua 11:
C. Eksodus 21:
D. 1 Konings 8:
E. 1 Kronieke 15:
3. "maar wat in die woord van die Here sy vreugde vind, dit dag en nag oordink."
A. Psalm 33:
B. Psalm 18:
C. Psalm 50:
D. Psalm 7:
E. Psalm 1:
4. "Die woord van die Here is volmaak: dit gee lewe. Die onderwysing van die Here is betroubaar: dit gee wysheid aan dié wat nog onervare is."
A. Psalm 130:
B. Psalm 19:
C. Psalm 77:
D. Psalm 120:
E. Psalm 111:
5. "Deur die woord van die Here is die hemele gemaak, deur sy bevel al die hemelliggame."
A. Psalm 70:
B. Psalm 120:
C. Psalm 88:
D. Psalm 55:
E. Psalm 33:
6. "Om u wil te doen, my God, is my een begeerte, u woord is my hele lewe.”
A. Psalm 55:
B. Psalm 119:
C. Psalm 22:
D. Psalm 135:
E. Psalm 40:
7. "want ek hoor 'n woord wat my wysheid gee en terwyl ek op die lier speel, wil ek 'n geheimenis verklaar."
A. Psalm 37:
B. Psalm 112:
C. Psalm 89:
D. Psalm 101:
E. Psalm 49:
8. "Wie sy woord egter gehoorsaam – in hom het die liefde van God werklik sy doel volkome bereik. Hieraan weet ons dat ons in Hom is."
A. Markus 10:
B. Romeine 15:
C. Jakobus 3:
D. Kolossense 1:
E. 1 Johannes 2:
9. "Gras verdor en blomme verwelk, maar die woord van ons God bly vir ewig."
A. Eksodus 33:
B. Rigters 20:
C. Psalm 130:
D. Amos 2:
E. Jesaja 40:
10. "Maar Jesus sê: “My moeder en my broers is dié wat na die woord van God luister en daarvolgens handel.”
A. Matteus 10:
B. Handelinge 20:
C. Johannes 15:
D. Markus 12:
E. Lukas 8: