Kies die regte Skrifgedeelte:
1. "Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here."
A. Markus 10:
B. Galasiërs 3:
C. Romeine 6:
D. Matteus 17:
E. Hebreërs 12:
2. "Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom."
A. Eksodus 38:
B. Jeremia 33:
C. Jesaja 53:
D. Deuteronomium 30:
E. Esegiël 47:
3. "In julle harte moet daar net heilige eerbied wees vir Christus die Here. Wees altyd gereed om 'n antwoord te gee aan elkeen wat van julle 'n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe. Maar doen dit met beskeidenheid en met eerbied vir God. Sorg dat julle gewete skoon bly, sodat dié wat julle oor julle goeie lewenswandel in Christus belaster, daaroor skaam kan kry dat hulle kwaad van julle gepraat het."
A. Jakobus 5:
B. Hebreërs 12:
C. Handelinge 10:
D. Johannes 17:
E. 1 Petrus 3:
4. "Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig om ons te onderrig, die verkeerde te weerlê, om ons tereg te wys en om die regte leefstyl by ons te kweek."
A. Lukas 8:
B. Johannes 12:
C. Romeine 15:
D. Titus 2:
E. 2 Timoteus 3:
5. "Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word."
A. Romeine 13:
B. Lukas 18:
C. Markus 15:
D. Filippense 2:
E. Matteus 6:
6. "die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins, en Hy sit nou aan die regterkant van die troon van God."
A. 1 Korintiërs 15:
B. Handelinge 17:
C. Lukas 20:
D. Markus 7:
E. Hebreërs 12:
7. "Werp al julle bekommernis op Hom, want Hy sorg vir julle."
A. Johannes 10:
B. Romeine 15:
C. Openbaring 13:
D. Jakobus 2:
E. 1 Petrus 5:
8. "Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het."
A. Colossians 3:
B. Luke 11:
C. James 5:
D. Acts 13:
E. Ephesians 2:
9. "Geen versoeking wat meer is as wat 'n mens kan weerstaan, het julle oorval nie. God is getrou. Hy sal nie toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; as die versoeking kom, sal Hy ook die uitkoms gee, sodat julle dit kan weerstaan."
A. Hebreërs 13:
B. Lukas 15:
C. Handelinge 18:
D. Matteus 21:
E. 1 Korintiërs 10:
10. “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed."
A. Johannes 17:
B. Handelinge 23:
C. Matteus 11:
D. Markus 8:
E. Lukas 20:
11. "Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie."
A. Markus 15:
B. Handelinge 23:
C. Matteus 20:
D. Lukas 9:
E. Hebreërs 11: