Daar is net EEN weg na die Koninkryk van God!! Nie die wêreld se manier nie, nie die kerk se manier nie, nie jou manier nie. Net God se manier. Slegs deur Jesus sal jy die Koninkryk ontvang. Moenie 'n lui rusbank , medium, louwarm Christen wees nie, want daar is nie so 'n Christen in die Koninkryk van God nie. Vra die Here om vir jou wysheid te gee om jou te help om 'n Wedergebore Christen te word. Is jy bereid om jou rug op wêreldse dinge te draai? Jy kan nie een voet in die Koninkryk en die ander voet in die wêreld staan nie. Daar is geen tussenin nie. Tyd is min. Maak seker jy is reg met God – SY manier. Matteus 16:24-25: “Toe sê Jesus vir sy dissipels: “As iemand van julle my volgeling wil wees, moet julle jul eie pad prysgee, julle kruis opneem en My volg. As jy aan jou lewe probeer vashou, sal jy dit verloor. Maar as jy jou lewe ter wille van my prysgee, sal jy dit red." Dit is so, so belangrik om Wedergebore te word. Nadat jy Wedergebore is, sal jy die Heilige Gees ontvang. Hy is jou Leidsman. Hy sal jou lei oor watter rigting jy in jou lewe moet gaan. Dit is baie belangrik om die Heilige Gees te vra om jou te lei. Ons is hier op aarde om die Here se wil te doen en nie ons wil nie. Dit beteken dat ons deur vervolging sal gaan. Staan op vir Jesus, word soos Jesus. Hy lewe binne in ons. 1 Johannes 4:4: "omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is." Doen wat Jesus van jou verwag. Wees gehoorsaam aan God se Woord.
Volg:
Volg : Volg Wees Aktief vir Jesus op: https://weesaktiefvirJesus.blogspot.com EN www.weesaktiefvirjesusleefstyl.co.za

-
Vind die Bybelverse in: 1. Filippense 3: 2. Johannes 16: 3. Galasiërs 5: 4. Galasiërs 6: 5. Matteus 8: 6. Johannes 3: 7. Matteus 10: 8. Rome...
-
Hemelse Vader, ek erken dat ek 'n sondaar is. Ek kom na U toe en vra U om my te vergewe vir my sondes. Ek gee my lewe vir U. Kom ...
-
Pas A by die regte antwoord in B: A. 1. Galasiërs 5: 2. Hebreërs 4: 3. Handelinge 1: 4. Romeine 15: 5. Eksodus 23: 6. Markus 10: 7. Efesiërs...