Kies die regte Skrifgedeelte:
1. Dit is nie ék wat lewe nie, dit is Chrístus wat in my lewe. Ek lewe nou só: Ek glo in die Seun van God, die Seun wat lief is vir my en wat gesterf het sodat ek kan lewe.
A. Markus 12:
B. Jakobus 5:
C. Romeine 10.
D. Openbaring 7:
E. Galasiërs 2:
2. "Iemand wat reg lewe, laat ander mense waarlik lewe, 'n wyse mens sal lank lewe."
A. Jesaja 31:
B. Rigters 17:
C. 1 Samuel 20:
D. Spreuke 11:
E. Josua 7:
3. “Die Vader lewe en Hy laat mense lewe. Hy het hierdie lewe ook vir die Seun gegee sodat die Seun ook mense kan laat lewe."
A. Handelinge 19:
B. Lukas 11:
C. Markus 15:
D. Filippense 3:
E. Johannes 5:
4. "Nou lewe ek naby die Here tussen mense wat lewe."
A. Psalm 90:
B. Psalm 130:
C. Psalm 70:
D. Psalm 33:
E. Psalm 116:
5. "As iemand dink sy eie lewe is baie belangrik, dan sal hy sy lewe verloor. Maar as iemand besef dat sy lewe op aarde nie belangrik is nie, dan sal hy sy lewe hou, hy sal altyd aanhou lewe."
A. 1 Timoteus 5:
B. Romeine 13:
C. Lukas 15:
D. Jakobus 2:
E. Johannes 12:
6. "As iemand aan Christus behoort, dan het God daardie persoon 'n nuwe mens gemaak. Die persoon se ou lewe is verby, ja, hy het 'n nuwe lewe gekry."
A. Galasiërs 1:
B. 2 Korintiërs 5:
C. 1 Johannes 2:
D. Matteus 20:
E. 1 Petrus 3:
7. "Want U gee vir ons die lewe, U gee die lig wat vir ons laat lewe."
A. Psalm 71:
B. Psalm 36:
C. Psalm 27:
D. Psalm 119:
E. Psalm 122:
8. "As jy met wysheid lewe, dan sal jy 'n lang en 'n mooi lewe hê."
A. Esegiël 21:
B. Jeremia 50:
C. Hosea 7:
D. 2 Kronieke 20:
E. Spreuke 3:
9. "As jy wysheid het, dan sal jy lank lewe, jy sal baie jare lank lewe.
A. Eksodus 11:
B. Deuteronomium 29:
C. Amos 1:
D. Spreuke 9:
E. 1 Konings 15:
10. "Die Woord het die lewe gebring, en hierdie lewe was die lig vir die mense."
A. Matteus 20:
B. Johannes 1:
C. Romeine 15:
D. Kolossense 2:
E. Hebreërs 12: