Wednesday, 19 March 2025

Vrees God en nie mens nie!!

 Kies die regte Skrifgedeelte:



1.  "Gewis, sy heil is naby die wat Hom vrees, sodat heerlikheid in ons land kan woon."

A.  Psalm 130:
B.  Psalm 70:
C.  Psalm 110:
D.  Psalm 85:
E.  Psalm 50:


2.  "Hy vervul die wens van die wat Hom vrees, en Hy hoor hul hulpgeroep en verlos hulle."

A.  Psalm 70:
B.  Psalm 110:
C.  Psalm 133:
D.  Psalm 7:
E.  Psalm 145:


3.  "Wees nie wys in jou eie oë nie; vrees die HERE, en wyk af van die kwaad."

A.  Rigters 10:
B.  Jesaja 33:
C.  Job 22:
D.  Numeri 35:
E.  Spreuke 3:


4.  "Maar aan die mens het Hy gesê: Kyk, die vrees van die HERE is wysheid; en om van die kwaad af te wyk, is verstand."

A.  Josua 9:
B.  Eksodus 23:
C.  Genesis 22:
D.  Jeremia 55:
E.  Job 28:


5.  "dat al die volke van die aarde kan weet dat die hand van die HERE sterk is, sodat julle die HERE julle God altyd mag vrees."

A.  Eksodus 22:
B.  Josua 4:
C.  Deuteronomium 30:
D.  1 Samuel 27:
E.  Jeremia 59:


6.  "Maar die HERE julle God moet julle vrees, en Hy sal julle verlos uit die hand van al julle vyande."

A.  1 Samuel 20:
B.  Levitikus 10:
C.  2 Kronieke 35:
D.  Nehemia 13:
E.  2 Konings 17:


7.  "Die HERE van die leërskare—Hom moet julle heilig, en laat Hy julle vrees en Hy julle verskrikking wees!"

A.  Jeremia 29:
B.  Eksodus 37:
C.  Josua 21:
D.  Jesaja 8:
E.  Deuteronomium 30:


8.  "En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel."

A.  Handelinge 20:
B.  Romeine 13:
C.  Lukas 22:
D.  Kolossense 2:
E.  Matteus 10:


9.  "maar Ek sal julle wys wie julle moet vrees: vrees Hom wat, nadat Hy doodgemaak het, by magte is om in die hel te werp; ja, Ek sê vir julle, vrees Hom!"

A.  Markus 15:
B.  1 Timoteus 3:
C.  Jakobus 5:
D.  Johannes 19:
E.  Lukas 12:


10.  "Wie sal U nie vrees nie, Here, en u Naam nie verheerlik nie? Want U alleen is heilig; want al die nasies sal kom en voor U aanbid, omdat u regverdige dade openbaar geword het."

A.  2 Korintiërs 10:
B.  Efesiërs 5:
C.  Filippense 3:
D.  1 Tessalonisense 2:
E.  Openbaring 15:

Volg:

      Volg : Volg Wees Aktief vir Jesus op: https://weesaktiefvirJesus.blogspot.com EN www.weesaktiefvirjesusleefstyl.co.za