Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug. Dit is waarom dit so belangrik is: Trek die volle wapenrusting van God aan! Nie een deel, of 'n derde van die wapenrusting nie. Maar die volle wapenrusting van God sodat ons kan staande bly teen die aanvalle van die vyand. Efesiërs 6:11-12: "Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel. Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug." Wanneer jy die wapenrusting van God aantrek, jy sal kan staande bly en ook kan weerstand bied teen die aanvalle van die vyand. Trek aan: 1. Die waarheid as gordel om julle heupe. 2. Die borsplaat van geregtigheid. 3. Die skoene, Die die bereidheid vir die evangelie van vrede. 4. Geloof as skild want daarmee sal julle al die brandpyle van die vyand kan afweer. 5. Sit verlossing as helm op. 6. Die swaard van die Gees, dit is die woord van God. Bid altyd in die Gees. Hou aan staan, moet nooit ophou nie, moet nooit moed opgee nie, moet nooit terugstaan nie. Onthou die oorwinning behoort aan ons in Christus Jesus.