Vind die Bybelverse in:
1. Matteus 6:
2. Hebreërs 12:
3. 1 Petrus 5:
4. 1 Korintiërs 10:
5. Efesiërs 2:
6. Galasiërs 5:
7. Romeine 6:
8. Jesaja 53:
9. 1 Petrus 3:
10. 2 Timoteus 3:
1. "Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is 'n gawe van God. Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie."
2. "Want die loon van die sonde is die dood, maar die gawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here."
3. "Maar die Heilige Gees bring hierdie soort vrugte in ons lewens voort: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing. Daar is geen wet teen hierdie dinge nie!"
4. "Maar Hy is deurboor ter wille van ons oortredinge, Hy is verbrysel ter wille van ons ongeregtighede; die straf wat vir ons vrede bring, was op Hom, en deur sy wonde is daar vir ons genesing."
5. "Maar heilig Christus as Here in julle harte. Wees altyd bereid om 'n antwoord te gee aan elkeen wat van julle 'n verduideliking eis vir die hoop wat julle het. Maar doen dit met sagmoedigheid en eerbied."
6. "Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig om ons te leer wat waar is en om ons te laat besef wat verkeerd is in ons lewens. Dit help ons reg wanneer ons verkeerd is en leer ons om te doen wat reg is. God gebruik dit om sy mense voor te berei en toe te rus vir elke goeie werk."
7. "Maar soek eers sy koninkryk en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal aan julle gegee word."
8. "Laat ons ons oë gevestig hou op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande daarvan verag het en aan die regterhand van die troon van God gaan sit het."
9. "Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle."
10. "Want ons is God se maaksel, geskape in Christus Jesus om goeie werke te doen wat God voorberei het vir ons om te doen."
11. "Geen versoeking wat meer is as wat 'n mens kan weerstaan, het julle oorval nie. God is getrou. Hy sal nie toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; as die versoeking kom, sal Hy ook die uitkoms gee, sodat julle dit kan weerstaan."