Vind die Bybelverse in:
1. Galasiërs 6:
2. Galasiërs 5:
3. 2 Korintiërs 13:
4. Galasiërs 2:
5. 2 Korintiërs 5:
6. Filippense 3:
7. 1 Korintiërs 15:
8. 1 Korintiërs 3:
9. 1 Korintiërs 6:
10. 2 Korintiërs 4:
1. "Weet julle nie dat julle die tempel van God is en dat die Gees van God in julle woon nie?"
2. "Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort."
3. "Want in die eerste plek het ek aan julle oorgelewer wat ek ook ontvang het, dat Christus vir ons sondes gesterf het volgens die Skrifte; en dat Hy begrawe is, en dat Hy op die derde dag opgewek is volgens die Skrifte."
4. "Daarom, my geliefde broers, wees standvastig en onwrikbaar, en wy julle ten volle aan die werk van die Here, omdat julle weet dat julle arbeid in die Here nie vergeefs is nie."
5. "Want ons verkondig nie onsself nie, maar Christus Jesus as Here, en onsself as julle diensknegte om Jesus wil."
6. "Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom."
7. "Stel julleself op die proef en ondersoek julleself of julle in die geloof lewe. Besef julle dan nie self dat Christus Jesus in julle is nie? So nie, het julle die toets nie deurstaan nie."
8. "en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê."
9. "Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge het die wet niks nie."
10. "Moenie mislei word nie, God laat hom nie bespot nie; want net wat 'n mens saai, dit sal hy ook maai."
11. "Moet dus nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie tou opgooi nie, sal ons op die regte tyd oes. Terwyl ons die kans het , moet ons dus goed doen aan alle mense, maar veral aan medegelowiges .
12. "Ons burgerskap is egter in die hemel, vanwaar ons as Verlosser die Here Jesus Christus verwag."