Vind die Bybelverse in:
1. Filippense 2:
2. Johannes 20:
3. Efesiërs 2:
4. Romeine 15:
5. 1 Korintiërs 15:
6. Johannes 8:
7. Hebreërs 2:
8. Jesaja 7:
9. Openbaring 17:
10. Kolossense 2:
1. "Op 'n ander keer het Jesus vir die mense gesê: “Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.”
2. "Daarom sal die Here self vir julle 'n teken gee. Kyk, die maagd sal swanger word en 'n seun baar, en sy sal hom Immanuel noem."
3. "Omdat God se kinders mense is—gemaak van vlees en bloed—het die Seun ook vlees en bloed geword. Want slegs as 'n mens kon Hy sterf, en slegs deur te sterf kon Hy die mag van die duiwel breek, wat die mag van die dood gehad het."
4. "Want in Christus woon al die volheid van God in 'n menslike liggaam."
5. "Hulle sal oorlog voer teen die Lam, en die Lam sal hulle oorwin, want Hy is die Here van die here en die Koning van die konings, en die wat saam met Hom is, geroepe en uitverkore en getrou."
6. "maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van 'n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word. En toe Hy as mens verskyn het, het Hy Homself verder verneder. Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis. Daarom het God Hom ook tot die hoogste eer verhef en Hom die Naam gegee wat bo elke naam is, sodat in die Naam van Jesus elkeen wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde is, die knie sou buig, en elke tong sou erken: “Jesus Christus is Here!” tot eer van God die Vader."
7. "Tomas antwoord Hom: “My Here en my God!”
8. "Want uit genade is julle gered, deur die geloof. En dit is nie julle eie werk nie: dit is die gawe van God; nie uit werke nie, sodat niemand kan roem nie."
9. "In Christus Jesus het ek dan rede om trots te wees op my werk vir God."
10. "Jesus het vir hulle gesê: “Julle kom van die aarde, maar Ek kom van die hemel. Ja, julle is mense van hierdie wêreld, maar Ek is nie van hierdie wêreld nie. Ek het vir julle gesê julle is sondaars en wanneer julle sterf, sal julle nog sondaars wees. As julle nie glo dat Ek God is nie, dan sal julle nog sondaars wees wanneer julle sterf.”
11. "Die belangrikste dinge wat ek vir julle geleer het, het die ander apostels vir my geleer, en dit is: Christus het ons sondes weggeneem toe Hy gesterf het. Dit het gebeur soos daar in die Ou Testament geskryf is."