Kies die regte Skrifgedeelte:
1. "En my God sal in elke behoefte van julle voorsien volgens sy rykdom in heerlikheid in Christus Jesus."
A. Markus 11:
B. 1 Johannes 5:
C. Johannes 13:
D. Kolossense 2:
E. Filippense 4:
2. "Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting!"
A. Numeri 35:
B. Jesaja 52:
C. Esegiël 20:
D. Eksodus 33:
E. Jeremia 29:
3. "Hierdeur het Hy sy kosbare en grootse beloftes reeds aan ons gegee, sodat julle deel kan kry aan die goddelike natuur, noudat julle ontvlug het aan die verdorwenheid wat deur begeerte in die wêreld teenwoordig is."
A. Jakobus 5:
B. Matteus 12:
C. Hebreërs 8:
D. Johannes 15:
E. 2 Petrus 1:
4. "Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou."
A. Eksodus 38:
B. Josua 23:
C. Jeremia 50:
D. 1 Kronieke 27:
E. Jesaja 41:
5. "Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê."
A. Lukas 8:
B. Galasiërs 5:
C. Matteus 12:
D. Jakobus 1:
E. Johannes 3:
6. "Want hoeveel beloftes van God daar ook mag wees, in Hom is hulle ja en in Hom amen, tot heerlikheid van God deur ons."
A. Handelinge 10:
B. Romeine 15:
C. Hebreërs 13:
D. Lukas 20:
E. 2 Korintiërs 1:
7. "As ons ons sondes bely, is Hy getrou en regverdig om ons ons sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig."
A. Titus 3:
B. Johannes 10:
C. 1 Petrus 5:
D. Markus 13:
E. 1 Johannes 1:
8. As jy deur water moet gaan, is Ek by jou, deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie; as jy deur vuur moet gaan, sal dit jou nie skroei nie, die vlamme sal jou nie brand nie."
A. 1 Samuel 30:
B. Jeremia 21:
C. Levitikus 27:
D. Esegiël 20:
E. Jesaja 43:
9. "maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie."
A. Deuteronomium 28:
B. Jeremia 50:
C. 1 Samuel 31:
D. Jesaja 40:
E. Eksodus 37:
10. "Geliefdes, hierdie beloftes is ook vir ons. Laat ons ons dan reinig van alles wat liggaam en gees verontreinig, en ons in gehoorsaamheid aan God volkome aan Hom toewy."
A. Markus 12:
B. Handelinge 18:
C. Romeine 15:
D. Matteus 20:
E. 2 Korintiërs 7:
11. "Want die Here God is ons son en ons skild. Hy gee ons genade en heerlikheid. Die Here sal geen goeie ding terughou van die wat reg doen nie."
A. Psalm 55:
B. Psalm 123:
C. Psalm 90:
D. Psalm 111:
E. Psalm 84: