Saturday, 9 August 2025

Moenie vrees nie!!

Vind die Bybelverse in:


1.  Psalm 23:

2.  1 Johannes 4:

3.  Johannes 14:

4.  Filippense 4:

5.  Jesaja 41:

6.  2 Timoteus 1:

7.  Josua 1:

8.  Psalm 34:

9.  Psalm 27:

10.  Deuteronomium 31:


1.  "Moenie vrees nie, want Ek is met jou; moenie ontsteld wees nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek ondersteun jou met my reddende regterhand."


2.  "Het Ek jou nie beveel nie? Wees sterk en vol moed. Moenie bang wees nie en moenie verskrik wees nie, want die Here jou God is met jou oral waar jy gaan.”


3.  "Want God het ons nie 'n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing."


4.  "Ek het die Here gesoek, en Hy het my geantwoord en my van al my vrese verlos."


5.  "Van Dawid. Die Here is my lig en my redder, vir wie sou ek bang wees? Die Here is my toevlug, vir wie sou ek vrees?"


6.  "Wees sterk en vol moed. Moenie vir hulle vrees of verskrik wees nie, want dit is die Here jou God wat met jou gaan. Hy sal jou nie verlaat of in die steek laat nie."


7.  "Al gaan ek deur 'n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie, want U is met my; u stok en u staf, dié vertroos my."


8.  "Daar is geen vrees in die liefde nie, maar volmaakte liefde dryf vrees buite. Want vrees het te doen met straf, en wie vrees, is nie volmaak in die liefde nie."


9.  “Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie."


10. "Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend.  En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus."


11.  "Want Ek, die Here julle God, hou julle regterhand vas; dit is Ek wat vir julle sê: “Moenie vrees nie, Ek is die een wat julle help.”


Volg:

      Volg : Volg Wees Aktief vir Jesus op: https://weesaktiefvirJesus.blogspot.com EN www.weesaktiefvirjesusleefstyl.co.za