Saturday, 13 September 2025

Volg:

        Volg:



Volg Wees Aktief vir Jesus op:



https://weesaktiefvirJesus.blogspot.com

EN

www.weesaktiefvirjesusleefstyl.co.za


Aksie Kidz vir Jesus Gear is nou beskikbaar!!

 Aksie Kidz vir Jesus Gear is nou beskikbaar!!


Beskikbaar in Afrikaans. Ook beskikbaar vir volwassenes !!

 

Studiegidse R90 

NotaBoeke R70 

Inkleurboeke R90

Plakkerboeke R190 

Aktiwiteitsboeke R90 

Legkaarte R270

Bekers R170

T-hemde R270 


E-pos: navrae@aksiekidzvirjesus.co.za

navrae@weesafktiefvirjesusleefstyl.co.za







Volg Kingdom Lifestyle Ministries!!

    








Hoe weet ek ek is in die regte of verkeerde kerk!!

 Hoe weet ek ek is in die regte of verkeerde kerk!!Nie elke kerk n, Pastoor sal hemel toe gaan nie!! Jy moet seker maak jy behoort aan 'n kerk wat gevul is met die Heilige Gees. Vra God om jou te help om vir jou die regte kerk te wys!! Dit is baie belangrik om aan die regte kerk te behoort. 'n Kerk waar jy gemaklik is is 'n groot NEE!! Jy moet uitgedaag word in jou geloof. Jou geloof moet groei. 'n Kerk wat gevul is met die Heilige Gees is die regte kerk!  Maak seker jy is ook Wedergebore!! Jy moet jou bekeer en jou lewe vir Jesus gee en gedoop word!! 'n Kerk moet vermy word: 1.  Wanneer die kerk nie gevul is met die Heilige Gees nie.   2.  Te veel leerstellings, soos die normale tradisionele kerke. 3.  Die doop van babas.  Dit is nie Bybels nie.  Jesus was gedoop toe Hy 30 was en nie as 'n baba nie. 4.  Preke  wat gaan oor wat mense wil hoor en nie wat hulle moet hoor nie.  Jy moet ver van hulle af bly!! Fokus nou daarop om die regte kerk te vind. Vra God om vir jou die regte kerk te wys en om deure vir jou oop te maak om daar uit te kom!! Maar dit is van lewensbelang dat jy na die regte kerk moet gaan!! ’n Godsdienstige kerk is groot moeilikheid. Dit gaan jou nie help om in die hemel te kom nie!! Die regte kerk is, wat met die Heilige Gees gevul is, waar jy groei in jou geloof, waar jy uitgedaag word in jou geloof, waar hulle almal van alle ouderdomme doop en gefokus is op die Woord van God alleen!

Matteus 2:

"Besoek uit die ooste

Jesus is in Betlehem in Judea gebore tydens die regering van koning Herodes. Na Jesus se geboorte het daar sterrekykers uit die ooste in Jerusalem aangekom en gevra: “Waar is Hy wat as koning van die Jode gebore is? Ons het sy ster sien opkom en ons het gekom om aan Hom hulde te bewys.”

Toe koning Herodes hiervan hoor, was hy, en die hele Jerusalem saam met hom, hewig ontsteld. Hy het toe die priesterhoofde en die skrifgeleerdes van die volk bymekaar geroep en hulle uitgevra oor waar die Christus gebore sou word. Hulle het hom geantwoord: “In Betlehem in Judea, want so is dit deur 'n profeet geskrywe:

“En jy, Betlehem, gebied van Juda,

jy is beslis nie die kleinste onder die leiers van Juda nie.

Uit jou sal 'n leier voortkom wat vir my volk Israel 'n herder sal wees.”

Daarna het Herodes die sterrekykers in die geheim ontbied en noukeurig by hulle vasgestel wanneer die ster verskyn het. Hy het hulle na Betlehem toe gestuur met die woorde: “Gaan doen noukeurig ondersoek na die Kindjie, en as julle Hom kry, laat my weet, sodat ek ook aan Hom hulde kan gaan bewys.”

Nadat hulle die koning aangehoor het, het hulle vertrek; en kyk, die ster wat hulle sien opkom het, het hulle gelei totdat dit gaan staan het bo die plek waar die Kindjie was. Toe hulle die ster sien, was hulle baie bly.  Hulle het in die huis ingegaan en die Kindjie saam met Maria, sy moeder, gesien, en hulle het gekniel en aan Hom hulde bewys. Daarna het hulle hulle reissakke oopgemaak en vir Hom geskenke uitgehaal: goud, wierook en mirre. En omdat God hulle in 'n droom gewaarsku het om nie na Herodes toe terug te gaan nie, het hulle met 'n ander pad na hulle land toe teruggegaan.


Die vlug na Egipte toe

Nadat hulle vertrek het, het daar 'n engel van die Here in 'n droom aan Josef verskyn en gesê: “Staan op, neem die Kindjie en sy moeder en vlug na Egipte toe en bly daar totdat ek jou sê om terug te kom, want Herodes is van plan om die Kindjie te soek en Hom dood te maak.”

Josef het toe opgestaan en in die nag die Kindjie en sy moeder geneem en na Egipte toe vertrek en daar gebly tot die dood van Herodes. So is vervul wat die Here deur 'n profeet gesê het: “Uit Egipte het Ek my Seun geroep.”


Die kindermoord

Toe Herodes agterkom dat die sterrekykers hom in die steek gelaat het, het hy woedend geword. Hy stuur toe soldate en laat in Betlehem en die hele omgewing al die seuntjies van twee jaar en jonger doodmaak, ooreenkomstig die tyd wat hy noukeurig by die sterrekykers uitgevra het. Toe is die woord vervul wat die Here deur die profeet Jeremia gesê het:

“'n Gekerm word op Rama gehoor, 'n gehuil en groot gejammer:

Ragel treur oor haar kinders en wil nie getroos word nie, omdat hulle nie meer daar is nie.”


Die terugkoms uit Egipte

Na die dood van Herodes verskyn daar 'n engel van die Here in 'n droom aan Josef in Egipte en sê: “Staan op, neem die Kindjie en sy moeder en gaan terug na die land van Israel toe, want die mense wat die Kindjie se lewe gesoek het, is dood.”

Josef het toe opgestaan, die Kindjie en sy moeder geneem en na die land van Israel toe teruggegaan. Toe hy egter verneem dat Argelaos in die plek van sy vader Herodes oor Judea regeer, was Josef bang om daarheen te gaan. Nadat God hom in 'n droom 'n aanwysing gegee het, is hy na die landstreek Galilea toe. Daar aangekom, het hy gaan woon in 'n dorp met die naam Nasaret. So is vervul wat deur die profete gesê is: Hy sal Nasarener genoem word."

Matteus 1:

 "Die geslagsregister van Jesus Christus


Die geslagsregister van Jesus Christus, die Seun van Dawid, die seun van Abraham:

Abraham was die vader van Isak, Isak van Jakob, en Jakob van Juda en sy broers; Juda was die vader van Peres en Serag by Tamar, Peres van Gesron, en Gesron van Ram; Ram was die vader van Amminadab, Amminadab van Nagson, en Nagson van Salmon; Salmon was die vader van Boas by Ragab, Boas van Obed by Rut, Obed van Isai; Isai was die vader van koning Dawid.

Dawid was die vader van Salomo by die vrou van Urija; Salomo was die vader van Rehabeam, Rehabeam van Abia en Abia van Asa; Asa was die vader van Josafat, Josafat van Joram, en Joram van Ussia; Ussia was die vader van Jotam, Jotam van Agas, en Agas van Hiskia; Hiskia was die vader van Manasse, Manasse van Amon, en Amon van Josia; Josia was die vader van Jojagin en sy broers. Toe is die volk weggevoer na Babilonië toe.

En na die Babiloniese ballingskap was dit so: Jojagin was die vader van Sealtiël, en Sealtiël van Serubbabel; Serubbabel was die vader van Abihud, Abihud van Eljakim, en Eljakim van Asor; Asor was die vader van Sadok, Sadok van Agim, en Agim van Elihud; Elihud was die vader van Eleasar, Eleasar van Mattan, en Mattan van Jakob; Jakob was die vader van Josef, die man van Maria uit wie gebore is Jesus wat Christus genoem word.

Altesaam was daar dus veertien geslagte van Abraham af tot by Dawid, veertien van Dawid af tot by die Babiloniese ballingskap en veertien van die Babiloniese ballingskap af tot by Christus.


Die geboorte van Jesus Christus

Hier volg nou die geskiedenis van die geboorte van Jesus Christus.

Toe sy moeder Maria nog aan Josef verloof was, het dit geblyk dat sy swanger is sonder dat hulle gemeenskap gehad het. Die swangerskap het van die Heilige Gees gekom. Haar verloofde, Josef, wat aan die wet van Moses getrou was maar haar tog nie in die openbaar tot skande wou maak nie, het hom voorgeneem om die verlowing stilweg te verbreek. Terwyl hy dit in gedagte gehad het, het daar 'n engel van die Here in 'n droom aan hom verskyn en gesê: “Josef seun van Dawid, moenie bang wees om met Maria te trou nie, want wat in haar verwek is, kom van die Heilige Gees. Sy sal 'n Seun in die wêreld bring, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.”

Dit het alles gebeur sodat die woord wat die Here deur sy profeet gesê het, vervul sou word:

“Die maagd sal swanger word en 'n Seun in die wêreld bring, en hulle sal Hom Immanuel noem.”

Die naam beteken God by ons.

Toe Josef uit die slaap wakker word, het hy gemaak soos die engel van die Here hom beveel het en met haar getrou. Hy het egter nie met haar omgang gehad voordat sy haar Seun in die wêreld gebring het nie. En Josef het Hom Jesus genoem."

Die Woord van God is Krag!!

 Kies die regte Skrifgedeelte:


1.  "Gras verdor en blomme verwelk, maar die woord van ons God bly vir ewig."


A.  Eksodus 37:

B.  2 Kronieke 31:

C.  Jesaja 40:

D.  Numeri 25:

E.  Esegiël 30:


2.  "Die mens wat nie die Gees van God het nie, aanvaar nie die dinge van die Gees van God nie. Vir hom is dit onsin. Hy kan dit ook nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel moet word."


A.  Galasiërs 5:

B.  Kolossense 3:

C.  Romeine 10:

D.  Jakobus 1:

E.  1 Korintiërs 2:


3.  "Want God het ons nie 'n gees van vrees gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing."


A.  Titus 3:

B.  Johannes 10:

C.  Jakobus 5:

D.  Markus 9:

E.  2 Timoteus 1:


4.  "Die Seun weerkaats God se heerlikheid, en Hy is die presiese ewebeeld van wie God werklik is. Deur sy magtige bevel hou Hy die ganse heelal in stand. Nadat Hy gesterf het om ons van sondes te reinig, het Hy die posisie van eer en mag aan die regterhand van God ingeneem – dié God so vol majesteit wat in die hemel woon."


A.  Lukas 7:

B.  Handelinge 13:

C.  Markus 9:

D.  Romeine 12:

E.  Hebreërs 1:


5.  "Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here."


A.  Handelinge 8:

B.  2 Korintiërs 11:

C.  Kolossense 3:

D.  Matteus 12:

E.  Johannes 10:


6.  "Verder nog dit: Soek julle krag in die Here en in sy groot mag."


A.  Matteus 11:

B.  Openbaring 13:

C.  Efesiërs 6:

D.  Lukas 17:

E.  2 Korintiërs 15:


7.  "Die hemel en die aarde sal vergaan, maar my woorde nooit.”


A.  Handelinge 27:

B.  Johannes 20:

C.  Lukas 22:

D.  Markus 15:

C.  Matteus 24:


8.  "In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God.  Hy was reeds in die begin by God.  Alles het deur Hom tot stand gekom: ja, nie 'n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie.  In Hom was daar lewe, en dié lewe was die lig vir die mense.  Die lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie."


A.  Jakobus 5:

B.  Romeine 13:

C.  1 Korintiërs 10:

D.  Hebreërs 12:

E.  Johannes 1:


9.  "Hy het jou laat swaarkry, laat honger ly en toe met manna gevoed, iets waarmee nóg jy nóg jou voorvaders bekend was. Hy het dit gedoen om jou te leer dat 'n mens nie net van brood leef nie, maar dat hy leef van elke woord wat uit die mond van God kom."


A.  Numeri 12:

B.  Jesaja 10:

C.  Josua 15:

D.  Eksodus 7:

E.  Deuteronomium 8:


10.  "En God het gesê: Laat daar lig wees!" en daar was lig.


A.  Eksodus 8:

B.  Hosea 13:

C.  Genesis 1:

D.  Sagaria 10:

E.  Levitikus 5:


11.  "En aan Hom wat mag het om te doen ver bo alles wat ons bid of dink, volgens die krag wat in ons werk,"


A.  Hebreërs 10:

B.  Lukas 7:

C.  Johannes 12:

D.  Jakobus 1:

E.  Efesiërs 3:


Het jy geweet?

Dit is baie belangrik om jouself te bekeer. Jy kan jou nie bekeer en dink jy gaan hemel toe nie. Bekering beteken ook nie meer ek nie maar Christus in my. Jy moet wegdraai van jou goddelose weë. Draai weg van jou ou lewe. Jy moet kan sê Here ek is jammer, vergewe my asseblief. Jy moet Jesus in jou lewe innooi. Jy kan net die Koninkryk van God binnegaan op God se terme en nie op die wêreld se terme nie. Die probleem is: Is jy bereid om jou ou lewe prys te gee? Is jy bereid om te verander? Is jy bereid om vriende, familie te verloor? Is jy bereid om vir Jesus te lewe? Is jy bereid om jou lewe te verloor om Jesus te volg? Jy moet wegdraai van "Ek" Is jy bereid om van Ek na Jesus te verander? Jy kan nie 'n kompromie aangaan nie. Jy kan nie albei doen nie, die Jesus-manier en die wêreld se manier nie. Jy moet kies en terugdraai na die Vaderhuis toe. Handelinge 3:19: "Bekeer julle dan en keer terug, sodat julle sondes uitgewis kan word." Handelinge 2:38: "En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van julle sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang." Matteus 3:8: "Bewys deur die manier waarop jy leef dat jy jou van jou sondes bekeer het en tot God bekeer het." Hoeveel keer sê die dissipels bekeer, bekeer en bekeer in die Nuwe Testament? Bekeer jou en draai terug na Jesus toe, dan is jy gered en wedergebore.


Die Beloftes van God!!

Kies die regte Skrifgedeelte:


1.  "Hy wat selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het, hoe sal Hy ons nie ook saam met Hom alles genadiglik skenk nie?"


A.  Hebreërs 10:

B.  Handelinge 17:

C.  Johannes 12:

D.  Matteus 25:

E.  Romeine 8:


2.  "Toe antwoord Petrus hulle: “Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus, en God sal julle sondes vergewe en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang.  Wat God belowe het, is vir julle en vir julle kinders en vir almal wat daar ver is, vir almal wat die Here ons God na Hom toe sal roep.”


A.  1 Timoteus 5:

B.  Romeine 13:

C.  Markus 10:

D.  Lukas 18:

E.  Handelinge 2:


3.  "Ek is die Here jou God, Ek vat jou hand, Ek sê vir jou: Moenie bang wees nie, Ek help jou."


A.  Josua 20:

B.  Deuteronomium 18:

C.  Jesaja 41:

D.  Eksodus 33:

E.  Jeremia 50:


4.  "Maar ons leef in die verwagting van 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde wat God belowe het en waar die wil van God sal heers."


A.  2 Korintiërs 10:

B.  Johannes 18:

C.  Markus 12:

D.  Romeine 15:

E.  2 Petrus 3:


5.  "En dít is wat die Seun ons belowe het: die ewige lewe."


A.  Lukas 7:

B.  Handelinge 15:

C.  Romeine 11:

D.  Johannes 20:

E.  1 Johannes 2:


6.  "Wie in die Seun glo, het die ewige lewe; wie die Seun nie gehoorsaam is nie, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom."


A.  1 Korintiërs 10:

B.  Lukas 19:

C.  Matteus 15:

D.  Handelinge 17:

E.  Johannes 3:


7.  "Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend.  En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus."


A.  Markus 5:

B.  Lukas 7:

C.  Romeine 2:

D.  Handelinge 11:

E.  Filippense 4:


8.  "God wat alle genade gee en wat julle geroep het om in Christus Jesus deel te hê aan sy ewige heerlikheid, sal julle, nadat julle 'n kort tydjie gely het, self weer oprig en julle moedig, sterk en standvastig maak."


A.  Johannes 10:

B.  Lukas 17:

C.  Romeine 13:

D.  Johannes 19:

E.  1 Petrus 5:


9.  "Hou moed en wees dapper! Moenie bang wees nie, moenie vir hulle skrik nie, want die Here julle God gaan saam met julle. Hy sal julle nie in die steek laat nie, julle nie alleen laat nie.”


A.  Numeri 20:

B.  Jesaja 45:

C.  Eksodus 38:

D.  Jeremia 50:

C.  Deuteronomium 31:


10.  "Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry; klop, en vir julle sal oopgemaak word, want elkeen wat vra, ontvang; en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word."


A.  Lukas 13:

B.  Handelinge 21:

C.  Johannes 18:

D.  Matteus 23:

E.  Matteus 7:


11.  "Ek sal vir julle 'n nuwe hart gee, 'n nuwe gees sal Ek in julle binneste gee; Ek sal die hart van klip uit julle liggame verwyder en vir julle 'n hart van vlees gee."


A.  Eksodus 25:

B.  Josua 21:

C.  Numeri 30:

D.  Jesaja 23:

E.  Esegiël 36:

Spreuke!!

 Vind die Bybelverse in:


1.  Spreuke 9:

2.  Spreuke 27:

3.  Spreuke 28:

4.  Spreuke 29:

5.  Spreuke 18:

6.  Spreuke 13:

7.  Spreuke 8:

8.  Spreuke 12:


1.  "Die Here hou van ’n mens wat goeddoen. Hy het nie tyd vir ’n slinkse mens nie."


2.  "Die waarheid hou vir altyd, die leuen net 'n oomblik."


3.  "Ek het dié lief wat my liefhet; dié wat my soek, vind my."


4.  "Wie met wyse mense omgaan, kry self wysheid; wie hom met dwase ophou, word self sleg."


5.  "Wysheid sal jou dae vermeerder en jare by jou lewe voeg."


6.  "Mense wat insig het, weet dat ek reguit praat, wie die kennis het, weet wat ek sê, is reg.  Aanvaar wat ek julle leer, dit is meer werd as silwer; kennis is meer werd as die fynste goud."


7.  "Yster slyp yster, vriende vorm mekaar."


8.  "Dit gaan goed met iemand wat altyd bang is vir die Here, maar dit sal sleg gaan met iemand wat hardkoppig en ongehoorsaam is."


9.  "'n Volk juig as regverdige mense die mag kry; 'n volk sug as 'n goddelose mens regeer."


10.  "Waar ek gaan, is daar geregtigheid, my pad is dié van die reg.  Ek maak dié wat my liefhet, ryk, ek maak hulle skure vol."


11.  "Iemand wat vashou aan die gebod van die Here , sal sy lewe behou. Iemand wat dit verag, gaan dood."


Psalms!!

Vind die Bybelverse in:


1.  Psalm 7:

2.  Psalm 16:

3.  Psalm 13:

4.  Psalm 18:

5.  Psalm 9:


1.  "Maar ek vertrou op u onfeilbare liefde. Ek sal juig omdat U my gered het. Ek sal sing tot eer van die Here, want Hy is goed vir my."


2.  "U het vir my u skild van verlossing gegee, u regterhand ondersteun my en u antwoord maak my sterk."


3.  "Here , ek sal U prys met my hele hart. Ek sal vertel van al u wonderlike dade."


4.  "Die Here leef! Ek loof Hom wat my rots is. Ek prys my God wat my gered het.  Dit is God wat my die oorwinning gee, wat volke aan my onderwerp."


5.  "Ek wil die Here prys omdat Hy reg laat geskied. Die Naam van die Here, die Allerhoogste, wil ek besing."


6.  "Bewaar my, o God, want by U skuil ek."


7.  "Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af."


8.  "Ek sal die Here loof wat my tot die regte insig gebring het; selfs in die nag bly ek bewus van wat Hy my leer.  Ek het die Here altyd by my: omdat Hy by my is, sal ek nie struikel nie."


9.  "God is my skild, Hy wat opregtes van hart verlos.  God is ’n regverdige regter; God oordeel bose mense daagliks."


10.  "Die wat u Naam ken, vertrou op U, want U, o Here, laat die wat U soek, nie in die steek nie."


11.  "U leer my hoe om te lewe. By U is daar oorvloedige blydskap. Uit u hand kom net wat mooi is."


Bybelnotas!!

Pas A by die regte antwoord in B:


A.


1.  Romeine 3:

2.  Hebreërs 11:

3.  Johannes 14:

4.  Johannes 5:

5.  Joël 2:

6.  Jakobus 1:

7.  Handelinge 18:

8.  Amos 3:

9.  1 Korintiërs 15:

10.  Lukas 7:

11.  Matteus 23:

12.  1 Petrus 2:

13.  Markus 10:

14.  Galasiërs 2:

15.  1 Johannes 5:

16.  Josua 10:

17.  Matteus 17:

18.  Romeine 13:

19.  Efesiërs 6:

20.  Johannes 8:

21.  Jakobus 3:

22.  Lukas 20:

23.  Markus 16:

24.  Johannes 3:


B.  


1.  "Op 'n ander keer het Jesus vir die mense gesê: “Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.”


2.  "Verder nog dit: Soek julle krag in die Here en in sy groot mag."


3.  "Die liefde doen die naaste geen kwaad aan nie. Daarom is die liefde die volle uitvoering van die wet."


4.  "Wie in die Seun glo, het die ewige lewe; wie egter aan die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die straf van God bly op hom.”


5.  "Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word."


6.  "Maar nou het die vryspraak deur God waarvan die wet en die profete getuig, in werking getree. Dit is die vryspraak wat nie verkry word deur die wet te onderhou nie, maar deur in Jesus Christus te glo. God gee dit sonder onderskeid aan almal wat glo.  Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie, maar hulle word, sonder dat hulle dit verdien, op grond van sy genade vrygespreek vanweë die verlossing deur Jesus Christus."


7.  "As jy nie glo nie, is dit onmoontlik om God tevrede te stel. Wie tot God wil nader, moet glo dat Hy werklik dáár is en dat Hy dié wat na Hom soek, beloon."


8.  "Maar die Voorspraak, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het."


9.  “Dit verseker Ek julle, wie my woorde hoor en wie vertrou op Hom wat My gestuur het, het die ewige lewe. Hy kom nie in die oordeel nie, maar het reeds oorgegaan uit die dood na die lewe."


10.  "En daarna sal Ek my Gees uitstort op alle mense. Julle seuns en julle dogters sal profeteer, julle ou manne sal drome droom, julle jongmanne sal visioene sien."


11.  "My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom, want, soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard."


Psalm 91:

 "Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind

en die beskerming van die Almagtige geniet,
hy sê vir die Here:
“U is my toevlug en my veilige vesting,
my God op wie ek vertrou.”

Dit is Hy wat jou uit die voëlvanger se wip hou
en jou bewaar van dodelike siekte.

Hy beskut jou onder sy vleuels
en is vir jou 'n veilige skuilplek.
Sy trou beskerm jou aan alle kante.

Jy hoef nie bang te wees vir gevaar in die nag
of vir aanvalle oordag,

vir pes wat in die donker toeslaan
of vir siekte wat helder oordag verwoesting saai nie.


Al val daar duisende langs jou, tienduisende by jou, vir jou sal niks tref nie.  Met jou eie oë sal jy sien hoe die goddelose gestraf word.

Omdat jy die Here as skuilplek geneem het,
die Allerhoogste as jou beskermer,

sal geen onheil jou tref
en geen plaag naby jou woonplek kom nie.

Hy sal sy engele opdrag gee
om jou te beskerm waar jy ook al gaan.

Op hulle hande sal hulle jou dra,
sodat jy nie jou voet teen 'n klip sal stamp nie.

Jy sal oor leeus en adders loop,
leeus en slange sal jy doodtrap.


“Omdat hy My liefhet, sal Ek hom red,”

sê die Here, “omdat hy My ken, sal Ek hom beskerm.
Wanneer hy My aanroep, sal Ek sy gebed verhoor;
in sy nood sal Ek by hom wees,
Ek sal hom red en hom in sy eer herstel.

'n Baie lang lewe sal Ek hom gee
en oor my hulp sal hy hom verbly.”

 

Verlossingsgebed:

 Hemelse Vader, ek erken dat ek 'n sondaar is.  Ek kom na U toe en vra U om my te vergewe vir my sondes.  Ek gee my lewe vir U.  Kom in my lewe en lei my.  Wys my U wil en nie my wil.  In Jesus se Naam.  Amen.


Sodra jy hierdie gebed gebid het, en jou lewe aan Jesus gegee het, stuur asseblief  'n e -pos na:


navrae@weesafktiefvirjesusleefstyl.co.za 


Bekeer julle en laat julle doop! Dit is belangrik om 'n wedergeborene te wees.  Jesus kom gouer soos jy dink!! Wees gereed!! Hou jouself besig met God se werk en nie joune nie!!!

Die sleutel vir die Koninkryk van God - Wedergebore!!

   Wedergebore:


1. Bekering

2. Nooi Jesus in jou lewe

3. Doop 


'n Nuwe Lewe!!


1. Verhouding met die Here

2. Nuwe Persoon

3. Nuwe Leefstyl

4. Vind die regte kerk

5. Studeer en oordink die Woord van God dag en nag.

6. Leef die Woord van God


Om Jesus te volg moet jy gehoorsaam wees in alles wat Hy jou vra om te doen!! Wat is jy bereid om optegee om Jesus te volg?

Thursday, 11 September 2025

Volg:

         Volg:



Volg Wees Aktief vir Jesus op:



https://weesaktiefvirJesus.blogspot.com

EN

www.weesaktiefvirjesusleefstyl.co.za


Aksie Kidz vir Jesus Gear is nou beskikbaar !!

Aksie Kidz vir Jesus Gear is nou beskikbaar!!


Beskikbaar in Afrikaans. Ook beskikbaar vir volwassenes !!

 

Studiegidse R90 

NotaBoeke R70 

Inkleurboeke R90

Plakkerboeke R190 

Aktiwiteitsboeke R90 

Legkaarte R270

Bekers R170

T-hemde R270 


E-pos: navrae@aksiekidzvirjesus.co.za

navrae@weesafktiefvirjesusleefstyl.co.za







Hoe weet ek ek is in die regte of verkeerde kerk!!

    Hoe weet ek ek is in die regte of verkeerde kerk!!Nie elke kerk n, Pastoor sal hemel toe gaan nie!! Jy moet seker maak jy behoort aan 'n kerk wat gevul is met die Heilige Gees. Vra God om jou te help om vir jou die regte kerk te wys!! Dit is baie belangrik om aan die regte kerk te behoort. 'n Kerk waar jy gemaklik is is 'n groot NEE!! Jy moet uitgedaag word in jou geloof. Jou geloof moet groei. 'n Kerk wat gevul is met die Heilige Gees is die regte kerk!  Maak seker jy is ook Wedergebore!! Jy moet jou bekeer en jou lewe vir Jesus gee en gedoop word!! 'n Kerk moet vermy word: 1.  Wanneer die kerk nie gevul is met die Heilige Gees nie.   2.  Te veel leerstellings, soos die normale tradisionele kerke. 3.  Die doop van babas.  Dit is nie Bybels nie.  Jesus was gedoop toe Hy 30 was en nie as 'n baba nie. 4.  Preke  wat gaan oor wat mense wil hoor en nie wat hulle moet hoor nie.  Jy moet ver van hulle af bly!! Fokus nou daarop om die regte kerk te vind. Vra God om vir jou die regte kerk te wys en om deure vir jou oop te maak om daar uit te kom!! Maar dit is van lewensbelang dat jy na die regte kerk moet gaan!! ’n Godsdienstige kerk is groot moeilikheid. Dit gaan jou nie help om in die hemel te kom nie!! Die regte kerk is, wat met die Heilige Gees gevul is, waar jy groei in jou geloof, waar jy uitgedaag word in jou geloof, waar hulle almal van alle ouderdomme doop en gefokus is op die Woord van God alleen!

Volg Kingdom Lifestyle Ministries!!

   








1 Petrus 5:

 "Die ouderlinge moet toesig hou

As mede-ouderling en getuie van die lyding van Christus en ook deelgenoot aan die heerlikheid wat geopenbaar sal word, dring ek by die ouderlinge onder julle daarop aan:  Pas die kudde van God wat aan julle toevertrou is, goed op. Hou toesig oor hulle, nie uit dwang nie, maar gewillig soos God dit verwag; nie om eie gewin nie, maar uit toegewydheid; ook nie deur baas te speel oor dié wat God aan julle sorg toevertrou het nie, maar deur 'n voorbeeld vir die kudde te wees. En dan, wanneer die Opperherder kom, sal julle die heerlikheid as onverganklike kroon ontvang.

Wees nederig

En julle wat jonger is, moet aan die ouer mense onderdanig wees. Almal moet trouens teenoor mekaar nederig wees en mekaar help, want “God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade.”

Onderwerp julle daarom in nederigheid aan die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die tyd wat Hy bestem het. Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle.

Weerstaan die duiwel, God sal die krag gee

Wees nugter, wees wakker! Julle vyand, die duiwel, loop rond soos 'n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind. Bly standvastig in die geloof en staan hom teë. En moenie vergeet nie: dwarsdeur die wêreld moet julle medegelowiges dieselfde soort lyding verduur.

God wat alle genade gee en wat julle geroep het om in Christus Jesus deel te hê aan sy ewige heerlikheid, sal julle, nadat julle 'n kort tydjie gely het, self weer oprig en julle moedig, sterk en standvastig maak.  Aan Hom behoort die krag tot in ewigheid! Amen.

Mededeling en groete

Silvanus, wat na my mening 'n getroue broer is, het vir my hierdie kort briefie aan julle op skrif gestel. Ek het geskrywe om julle te bemoedig en julle te verseker dat hierdie dinge die ware genade van God is. Staan hierin vas!

Die gemeente in Babilon, 'n uitverkore gemeente net soos julle, asook Markus, my seun, stuur vir julle groete.

Groet mekaar met 'n soen van Christelike liefde. Vrede vir julle almal wat in Christus is!"

1 Petrus 4:

"Wie gely het, het met die sonde afgereken

Omdat Christus dan liggaamlik gely het, moet julle julle ook met die gedagte wapen dat wie liggaamlik gely het, met die sonde afgereken het: vir die res van sy aardse bestaan word sy lewe nie meer beheers deur menslike begeertes nie, maar deur die wil van God. In die verlede toe julle nog heidene was, is julle lewe lank genoeg beheers deur julle heidense begeertes: losbandigheid, wellus, dronkenskap, swelg- en drinkpartye en afskuwelike afgodery. Nou vind die heidene dit vreemd dat julle nie langer met hierdie stroom van losbandigheid saamgaan nie, en hulle beswadder julle. Hulle sal rekenskap moet gee aan Hom wat klaar staan om oor die lewendes en die dooies te oordeel. Daarom is die evangelie immers ook verkondig aan dié wat nou dood is sodat, hoewel hulle as mense onder die oordeel was om na die liggaam te sterwe, hulle na die gees sou lewe soos God lewe.

Dien mekaar met julle gawes

Die einde van alles is naby. Daarom moet julle selfbeheers en nugter wees, sodat julle kan bid. Bo alles moet julle mekaar hartlik liefhê, want die liefde bedek baie sondes. Wees gasvry teenoor mekaar sonder om te kla. As goeie bedienaars van die veelvoudige genade van God moet elkeen, namate hy 'n genadegawe ontvang het, die ander dien.  As iemand die gawe ontvang het om te preek, moet God deur hom aan die woord kom; as dit is om in die gemeente te dien, moet hy dien met die krag wat God verleen. So moet julle God in alles verheerlik deur Jesus Christus, aan wie die heerlikheid en die krag behoort tot in alle ewigheid! Amen.

Om as Christen te ly

Geliefdes, moenie verbaas wees oor die vuurproef waaraan julle onderwerp word nie. Dit is nie iets vreemds wat met julle gebeur nie. Wees liewer bly hoe meer julle in die lyding van Christus deel, want dan sal julle ook oorloop van vreugde by sy wederkoms in heerlikheid. Geseënd is julle wanneer julle beledig word ter wille van die Naam van Christus. Dit is 'n bewys dat die Gees aan wie die heerlikheid behoort, die Gees van God, op julle bly.  As een van julle ly, moet dit nie wees omdat hy 'n moordenaar is of 'n dief of 'n misdadiger of 'n kwaadstoker nie. Maar wanneer iemand ly omdat hy 'n Christen is, moet hy hom nie daaroor skaam nie. Inteendeel, as draer van daardie naam moet hy God verheerlik.

Die tyd vir die oordeel het aangebreek; dit begin by die huis van God. En as ook ons geoordeel word, en dit is nog maar die begin, wat sal die uiteinde dan wees van hulle wat nie na die evangelie van God wou luister nie? “As 'n gelowige beswaarlik gered word, wat word dan van 'n goddelose en 'n sondaar?”

Daarom moet dié wat ly omdat God dit wil, hulle lewe toevertrou aan die getroue Skepper, en aanhou goed doen."

Die Woord van God is Krag!!

Pas A by die regte antwoord in B:


A.


1.  Johannes 17:

2.  Jakobus 1:

3.  Johannes 6:

4.  Johannes 1:

5.  Handelinge 6:

6.  Jeremia 15:

7.  Romeine 10:

8.  Psalm 119:

9.  Jesaja 37:

10.  1 Petrus 5:

11.  Lukas 10:

12.  2 Korintiërs 12:

13.  Handelinge 23:

14.  Josua 8:

15.  Lukas 10:

16.  2 Timoteus 3:

17.  Matteus 4:

18.  Spreuke 12:

19.  Psalm 107:

20.  Markus 15:

21.  Deuteronomium 23:

22.  Titus 3:

23.  1 Korintiërs 1:

24.  Spreuke 18:


B.  


1.  "Toe U gepraat het, het ek noukeurig geluister. Ek het elke woord ingeneem. U woorde het my bly gemaak. Dit het my opgewonde gemaak om te weet dat ek aan U behoort, o Here , God, die Almagtige."


2.  "Die tong het mag oor dood en lewe; dié wat lief is om te praat, sal die gevolg dra."


3.  "Maar Hy antwoord: “Daar is geskrywe: ‘Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat uit die mond van God kom.’ ”


4.  "Daar is mense wat dinge sal sê wat seermaak. ’n Wyse mens se woorde bring eerder genesing."


5.  "Met ’n woord wat Hy gestuur het, het Hy hulle genees, en hulle van die dood weggeruk."


6.  “Want die woord van die kruis is dwaasheid vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God.”


7.  "Laat hulle aan U toegewy wees deur die waarheid. U woord is die waarheid."


8.  "Daarom, doen afstand van alle vuiligheid en oorvloed van boosheid, en ontvang met sagmoedigheid die ingeplante woord, wat in staat is om julle siele te red."


9.  "Dit is die Gees wat lewend maak; die vlees is van geen nut nie. Die woorde wat Ek tot julle gespreek het, is Gees en is lewe."


10.  "In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God."


11.  "En die woord van God het toegeneem, en die getal van die dissipels het in Jerusalem baie vermeerder, en 'n groot menigte van priesters het gehoorsaam geword aan die geloof."


Die manier waarop ons leef: Deel 2!!

As Wedergebore Gelowiges moet ons soos Jesus wandel, praat en optree. Jesus is ons Voorbeeld van hoe ons moet leef. 1 Petrus 2:21: "Want God het julle geroep om goed te doen, al beteken dit lyding, net soos Christus vir julle gely het. Hy is julle voorbeeld, en julle moet in sy voetstappe volg." Daar gaan moeilike tye en omstandighede wees, maar wees vol van blydskap!  Moenie bang wees nie, moenie bekommerd wees nie, moenie paniekerig raak nie, moenie angstig wees nie. Johannes 16:33: "Ek het dit alles vir julle gesê sodat julle vrede in My kan hê. Hier op aarde sal julle baie beproewinge en smarte hê. Maar hou moed, want Ek het die wêreld oorwin." Ons moet in oorwinning leef en nie in nederlaag nie. Die oorwinning is ons s'n deur Christus! Wees gelukkig, vreugdevol, vol liefde, hoop en vrede sodat die wêreld die Jesus-lig in jou kan sien. Jy is 'n Kragbron. Omdat God die Vader, Jesus die Seun en die Heilige Gees binne-in jou woon. 1 Johannes 4:4: "omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is." Romeine 8:11: "Die Gees van God wat Jesus uit die dood opgewek het, woon in julle. En net soos God Christus Jesus uit die dood opgewek het, sal Hy ook deur dieselfde Gees wat in julle woon, aan julle sterflike liggame lewend maak." Leef in oorwinning, leef in liefde, vreugde, vrede en hoop. Moet nooit moed opgee nie. Die duiwel wil hê jy moet moed opgee, hy wil hê jy moet vol vrees wees, hy wil hê jy moet paniekerig raak, hy wil hê jy moet glo dat daar geen hoop en geen toekoms is nie. Hy wil jou lewe vernietig. Moenie na die duiwel se leuens luister nie. Hy is oorwin. Ons het die oorwinning!! Ons is oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet! Johannes 10:10: "Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed kan hê."


Beloftes van God!!

Pas A by die regte antwoord in B:


A.


1.  Titus 1:

2.  Romeine 8:

3.  Johannes 8:

4.  Deuteronomium 7;

5.  Numeri 23:

6.  2 Kronieke 7:

7.  Genesis 10:

8.  Lukas 21:

9.  Psalm 111:

10.  1 Petrus 5:

11.  Amos 2:

12.  Handelinge 17:

13.  1 Samuel 10:

14.  1 Johannes 3:

15.  Jakobus 5:

16.  Kolossense 1:

17.  Hebreërs 8:

18.  Romeine 6:

19.  1 Konings 8:

20.  Markus 12:

21.  Josua 10:

22.  Eksodus 15:

23.  Psalm 23:

24.  Jakobus 4:


B.  


1.  "Die Here moet geprys word, Hy wat aan sy volk Israel 'n rusplek gegee het, net soos Hy beloof het. Nie een van al sy goeie beloftes wat Hy by monde van sy dienskneg Moses gemaak het, het onvervuld gebly nie."


2.  "Die loon wat die sonde gee, is die dood; die genadegawe wat God gee, is die ewige lewe in Christus Jesus ons Here."


3.  "en my volk oor wie my Naam uitgeroep is, toon berou en bid en vra na my wil en draai terug van hulle bose weë af, sal Ek luister uit die hemel en hulle sonde vergewe en hulle land laat herstel.


4.  "Onderwerp julle dan aan God. Staan die duiwel teë en hy sal van julle af wegvlug."


5.  "As julle goed luister na die Here julle God en doen wat vir Hom reg is, gehoorsaam is aan sy wette en reëls, dan sal Ek julle nie dieselfde dinge laat oorkom as die Egiptenaars nie. Ek is die Here wat julle gesond sal hou.”


6.  "'n Psalm van Dawid. Die Here is my herder, ek kom niks kort nie.  Hy gee my nuwe krag. Hy lei my op die regte paaie tot die eer van sy Naam.  Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig."


7.  "en wat hoop gee op die ewige lewe. God wat sy woord hou, het die ewige lewe lank gelede aan ons belowe.


8.  "Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte 39of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here."


9.  "Eers as die Seun julle vrymaak, sal julle werklik vry wees."


10.  “Weet dan nou: die Here jou God, Hy is God. Hy is die betroubare God wat sy verbond in stand hou en sy troue liefde betoon tot aan die duisendste geslag van hulle wat Hom liefhet en sy gebooie gehoorsaam."


11.  "God is nie 'n mens dat Hy sou lieg nie, 'n mens dat Hy van gedagte sou verander nie. Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, iets belowe en dit nie uitvoer nie?"

Spreuke!!

Vind die Bybelverse in:


1.  Spreuke 2:

2.  Spreuke 30:

3.  Spreuke 21:

4.  Spreuke 14:

5.  Spreuke 7:

6.  Spreuke 12:

7.  Spreuke 11:

8.  Spreuke 1:

9.  Spreuke 15:

10.  Spreuke 3:


1.  "maar wie na my luister, sal veilig wees en hoef geen ramp te vrees nie.”


2.  "Iemand wat loop en skinder, lap geheime uit; 'n betroubare mens bewaar 'n geheim."


3.  "Geen leed sal die regverdige tref nie; goddeloses beleef ramp op ramp."


4.  "Die Here is ver van die goddelose, maar Hy hoor die gebede van die regverdiges."


5.  "Hy beskerm hulle wat ’n reguit pad loop. Hy bewaak die pad van sy getroue dienaars."


6.  "Moenie jou eie wysheid oorskat nie. Hou eerder die Here voor oë en vermy wat sleg is.  Dit sal jou liggaam gesond hou, jou lewe verkwik."


7.  "Elke woord van God is waar. Hy is 'n skild vir almal wat na Hom toe kom vir beskerming."


8.  "Sommige mense is altyd gierig vir meer, maar die godvresende gee graag!"


9.  "Die vrees van die Here is 'n fontein van die lewe, om van die strikke van die dood af te wyk."


10.  "onderhou my woorde en bewaar my gebooie by jou; onderhou my gebooie, dan sal jy lewe, en my onderwysing soos jou oogappel; bind hulle aan jou vingers, skryf hulle op die tafel van jou hart."


11.  "Want die Here gee wysheid! Uit sy mond kom kennis en begrip."

Psalms!!

Vind die Bybelverse in:


1.  Psalm 3:

2.  Psalm 12:

3.  Psalm 9:

4.  Psalm 6:

5.  Psalm 7:

6.  Psalm 10:

7.  Psalm 55:

8.  Psalm 5:


1.  "Ek wil die Here prys omdat Hy reg laat geskied.  Die Naam van die Here, die Allerhoogste, wil ek besing."


2.  "Die Here bly altyd koning, die vyande is uit sy land verdryf."


3.  "Maar daardie mense, o God, U sal hulle in die graf in laat neerdaal. Sulke moordenaars en bedrieërs sal in die fleur van hulle lewe sterf. Maar ek, op U vertrou ek."


4.  "U is nie 'n God wat onreg verdra nie, die kwaad het by U geen plek nie.  Hooghartiges durf nie voor U kom nie. U haat almal wat onreg doen."


5.  "As ek gaan lê, slaap ek goed; ek word ook weer wakker, want die Here sorg vir my.  Ek is nie bang vir tienduisende mense wat van alle kante af op my toesak nie."


6.  "U, Here, hou oor ons wag. U sal ons vir altyd teen sulke mense beskerm."


7.  "Die Here se beloftes is suiwer, soos silwer in ’n oond gesuiwer, wat sewe keer gesuiwer is."


8.  "Diegene wat u Naam ken, vertrou op U, want U, o Here, laat nie die wat U soek in die steek nie."


9.  "Ek sal U loof, Here, met my hele hart; ek sal vertel van al die wonders wat U gedoen het. Ek sal vol blydskap wees oor U. Ek sal lof besing tot u Naam, o Allerhoogste."


10,  "Die Here het my smeking gehoor; die Here sal my gebed verhoor. Mag al my vyande in die skande kom en verskrik word. Mag hulle skielik in skaamte omdraai."


11.  "maak ’n einde aan die boosheid van die goddelose, maar ondersteun die regverdiges.  God is my skild, Hy wat opregtes van hart verlos."


Bybelnotas!!

Kies die regte Skrifgedeelte:


1.  "Alles het deur Hom tot stand gekom: ja, nie 'n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie."


A.  Kolossense 3:

B.  Markus 10:

C.  Jakobus 5:

D.  Romeine 12:

E.  Johannes 1:


2.  "En Ek sê vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my kerk bou, en die magte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie."


A.   Openbaring 10:

B.  1 Korintiërs 15:

C.  Johannes 20:

D.  Hebreërs 12:

E.  Matteus 16:


3.  "en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê."


A.  Markus 8:

B.  Romeine 15:

C.  Johannes 11:

D.  Lukas 18:

E.  Galasiërs 2:


4.  "Wanneer die Seun van die mens in majesteit kom en al die engele saam met Hom, sal Hy op sy koninklike troon gaan sit."


A.  Openbaring 20:

B.  Johannes 17:

C.  Handelinge 28:

D.  2 Korintiërs 12:

E.  Matteus 25:


5.  "Moenie dink dat Ek gekom het om die Wet of die Profete af te skaf nie; Ek het nie gekom om af te skaf nie, maar om te vervul."


A.  Hebreërs 10:

B.  Lukas 19:

C.  Markus 13:

D.  Handelinge 21:

E.  Matteus 5:


6. "Die geloof kom dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God."


A.  Matteus 13:

B.  Johannes 20:

C.  Lukas 18:

D.  Handelinge 23:

E.  Romeine 10:


7.  "Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee."


A.  2 Korintiërs 12:

B.  Handelinge 10:

C.  Markus 15:

D.  Matteus 6:

E.  Johannes 15:


8.  "Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die goeie boodskap aan arm mense te verkondig. Hy het My gestuur om vir gevangenes aan te kondig dat hulle vrygelaat sal word, en vir blindes dat hulle weer sal sien, om onderdruktes te bevry."


A.  Markus 10:

B.  Matteus 17:

C.  Handelinge 13:

D.  Romeine 15:

E.  Lukas 4:


9.  "Wanneer Hy kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei. Wat Hy sal sê, sal nie van Homself kom nie: Hy sal net sê wat Hy hoor, en Hy sal die dinge wat gaan kom, aan julle verkondig."


A.  Handelinge 21:

B.  Lukas 13:

C.  Matteus 27:

D.  Markus 10:

E.  Johannes 16:


10.  "Pas julle self op en die hele kudde wat die Heilige Gees onder julle sorg gestel het. Soos wagters 'n kudde versorg, so moet julle die gemeente van God versorg wat Hy vir Hom verkry het deur die bloed van sy eie Seun."


A.  Johannes 18:

B.  Lukas 13:

C.  Matteus 25:

D.  Romeine 11:

E.  Handelinge 20:


11.  "terwyl ons die salige hoop en die verskyning van die heerlikheid verwag van die grote God en ons Verlosser, Jesus Christus, wat Homself vir ons gegee het om ons te verlos van alle ongeregtigheid en vir Homself 'n volk as sy eiendom te reinig, ywerig in goeie werke."


A.  Galasiërs 5:

B.  Johannes 13:

C.  Hebreërs 7:

D.  Lukas 10:

E.  Titus 2:


Volg:

               Volg : Volg Wees Aktief vir Jesus op: https://weesaktiefvirJesus.blogspot.com EN www.weesaktiefvirjesusleefstyl.co.za