Saturday, 13 September 2025

Die Beloftes van God!!

Kies die regte Skrifgedeelte:


1.  "Hy wat selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het, hoe sal Hy ons nie ook saam met Hom alles genadiglik skenk nie?"


A.  Hebreërs 10:

B.  Handelinge 17:

C.  Johannes 12:

D.  Matteus 25:

E.  Romeine 8:


2.  "Toe antwoord Petrus hulle: “Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus, en God sal julle sondes vergewe en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang.  Wat God belowe het, is vir julle en vir julle kinders en vir almal wat daar ver is, vir almal wat die Here ons God na Hom toe sal roep.”


A.  1 Timoteus 5:

B.  Romeine 13:

C.  Markus 10:

D.  Lukas 18:

E.  Handelinge 2:


3.  "Ek is die Here jou God, Ek vat jou hand, Ek sê vir jou: Moenie bang wees nie, Ek help jou."


A.  Josua 20:

B.  Deuteronomium 18:

C.  Jesaja 41:

D.  Eksodus 33:

E.  Jeremia 50:


4.  "Maar ons leef in die verwagting van 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde wat God belowe het en waar die wil van God sal heers."


A.  2 Korintiërs 10:

B.  Johannes 18:

C.  Markus 12:

D.  Romeine 15:

E.  2 Petrus 3:


5.  "En dít is wat die Seun ons belowe het: die ewige lewe."


A.  Lukas 7:

B.  Handelinge 15:

C.  Romeine 11:

D.  Johannes 20:

E.  1 Johannes 2:


6.  "Wie in die Seun glo, het die ewige lewe; wie die Seun nie gehoorsaam is nie, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom."


A.  1 Korintiërs 10:

B.  Lukas 19:

C.  Matteus 15:

D.  Handelinge 17:

E.  Johannes 3:


7.  "Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend.  En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus."


A.  Markus 5:

B.  Lukas 7:

C.  Romeine 2:

D.  Handelinge 11:

E.  Filippense 4:


8.  "God wat alle genade gee en wat julle geroep het om in Christus Jesus deel te hê aan sy ewige heerlikheid, sal julle, nadat julle 'n kort tydjie gely het, self weer oprig en julle moedig, sterk en standvastig maak."


A.  Johannes 10:

B.  Lukas 17:

C.  Romeine 13:

D.  Johannes 19:

E.  1 Petrus 5:


9.  "Hou moed en wees dapper! Moenie bang wees nie, moenie vir hulle skrik nie, want die Here julle God gaan saam met julle. Hy sal julle nie in die steek laat nie, julle nie alleen laat nie.”


A.  Numeri 20:

B.  Jesaja 45:

C.  Eksodus 38:

D.  Jeremia 50:

C.  Deuteronomium 31:


10.  "Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry; klop, en vir julle sal oopgemaak word, want elkeen wat vra, ontvang; en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word."


A.  Lukas 13:

B.  Handelinge 21:

C.  Johannes 18:

D.  Matteus 23:

E.  Matteus 7:


11.  "Ek sal vir julle 'n nuwe hart gee, 'n nuwe gees sal Ek in julle binneste gee; Ek sal die hart van klip uit julle liggame verwyder en vir julle 'n hart van vlees gee."


A.  Eksodus 25:

B.  Josua 21:

C.  Numeri 30:

D.  Jesaja 23:

E.  Esegiël 36:

Volg:

      Volg : Volg Wees Aktief vir Jesus op: https://weesaktiefvirJesus.blogspot.com EN www.weesaktiefvirjesusleefstyl.co.za