Kies die regte Skrifgedeelte:
1. "Gras verdor en blomme verwelk, maar die woord van ons God bly vir ewig."
A. Eksodus 37:
B. 2 Kronieke 31:
C. Jesaja 40:
D. Numeri 25:
E. Esegiël 30:
2. "Die mens wat nie die Gees van God het nie, aanvaar nie die dinge van die Gees van God nie. Vir hom is dit onsin. Hy kan dit ook nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel moet word."
A. Galasiërs 5:
B. Kolossense 3:
C. Romeine 10:
D. Jakobus 1:
E. 1 Korintiërs 2:
3. "Want God het ons nie 'n gees van vrees gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing."
A. Titus 3:
B. Johannes 10:
C. Jakobus 5:
D. Markus 9:
E. 2 Timoteus 1:
4. "Die Seun weerkaats God se heerlikheid, en Hy is die presiese ewebeeld van wie God werklik is. Deur sy magtige bevel hou Hy die ganse heelal in stand. Nadat Hy gesterf het om ons van sondes te reinig, het Hy die posisie van eer en mag aan die regterhand van God ingeneem – dié God so vol majesteit wat in die hemel woon."
A. Lukas 7:
B. Handelinge 13:
C. Markus 9:
D. Romeine 12:
E. Hebreërs 1:
5. "Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here."
A. Handelinge 8:
B. 2 Korintiërs 11:
C. Kolossense 3:
D. Matteus 12:
E. Johannes 10:
6. "Verder nog dit: Soek julle krag in die Here en in sy groot mag."
A. Matteus 11:
B. Openbaring 13:
C. Efesiërs 6:
D. Lukas 17:
E. 2 Korintiërs 15:
7. "Die hemel en die aarde sal vergaan, maar my woorde nooit.”
A. Handelinge 27:
B. Johannes 20:
C. Lukas 22:
D. Markus 15:
C. Matteus 24:
8. "In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. Hy was reeds in die begin by God. Alles het deur Hom tot stand gekom: ja, nie 'n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie. In Hom was daar lewe, en dié lewe was die lig vir die mense. Die lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie."
A. Jakobus 5:
B. Romeine 13:
C. 1 Korintiërs 10:
D. Hebreërs 12:
E. Johannes 1:
9. "Hy het jou laat swaarkry, laat honger ly en toe met manna gevoed, iets waarmee nóg jy nóg jou voorvaders bekend was. Hy het dit gedoen om jou te leer dat 'n mens nie net van brood leef nie, maar dat hy leef van elke woord wat uit die mond van God kom."
A. Numeri 12:
B. Jesaja 10:
C. Josua 15:
D. Eksodus 7:
E. Deuteronomium 8:
10. "En God het gesê: Laat daar lig wees!" en daar was lig.
A. Eksodus 8:
B. Hosea 13:
C. Genesis 1:
D. Sagaria 10:
E. Levitikus 5:
11. "En aan Hom wat mag het om te doen ver bo alles wat ons bid of dink, volgens die krag wat in ons werk,"
A. Hebreërs 10:
B. Lukas 7:
C. Johannes 12:
D. Jakobus 1:
E. Efesiërs 3: