Dit is vandag baie belangrik dat ons nader aan God kom. Met al die negatiewe dinge wat rondom ons aangaan, sal jou aandag maklik afgelei word. Die Woord van God moet 'n leefstyl wees in ons lewe. Josua 1:8: "Hierdie wetboek moet die rigsnoer wees vir alles wat jy sê. Oordink dit dag en nag en sorg dat jy alles uitvoer wat daarin geskryf staan. Dan sal jy slaag in wat jy moet doen, jy sal voorspoedig wees." God se Woord is 'n wapen. Dit is die swaard van God se wapenrusting. Jy laat nooit jou wapen sak wanneer jy in 'n geveg is nie. God se Woord is kragtiger as enige ander wapens wat deur die mens gemaak word. Hebreërs 4:12: "Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg. Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart." Dit is lewensbelangrik om op die Woord van God te fokus. Spreek die Woord van God, studeer die Woord van God dag en nag. Word 'n doener van die Woord en nie net 'n hoorder nie. Jakobus 1:22: "Julle moet doen wat die woord sê en dit nie net aanhoor nie, anders bedrieg julle julleself." Deur dit te doen, sal jy 'n verandering in jou lewe sien. Jy sal anders optree, jy sal al die negatiewe stemme om jou uitsny. Die Woord van God sal jou help in elke situasie, goed of sleg. Geen omstandighede sal vir jou te moeilik wees om te hanteer as jy jou oë op die Woord van God hou nie. Jy moet tyd spandeer in die Woord van God. Wanneer die duiwel probeer om jou vrede te steel of negatiewe omstandighede na jou toegooi, sê vir hom soos Jesus in Matteus 4:4 gedoen het: "Daar is geskrywe" En begin om Bybelverse te spreek. Begin om vir die duiwel lag. God se Woord is kragtiger as die duiwel, die Woord is lewendig en aktief.
Volg:
Volg : Volg Wees Aktief vir Jesus op: https://weesaktiefvirJesus.blogspot.com EN www.weesaktiefvirjesusleefstyl.co.za
-
Vind die Bybelverse in: 1. Eksodus 26: 2. Jeremia 30: 3. Filippense 4: 4. Romeine 10: 5. Johannes 11: 6. 1 Korintiërs 10: 7. Jesaja 5...
-
Kies die regte Skrifgedeelte: 1. "Terwyl ons dan so 'n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi...
-
1. Johannes 3: “Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die...