Pas A by die korrekte antwoord in B:
A.
1. Deuteronomium 31:
2. Psalms 23:
3. 1 Johannes 4:
4. Johannes 14:
5. Filippense 4:
6. 1 Petrus 3:
7. Lukas 18:
8. Psalms 111:
9. Jeremia 55:
10. Romeine 15:
11. Matteus 21:
12. Galasiërs 1:
13. Markus 13:
14. Handelinge 10:
15. Jakobus 5:
16. Josua 1:
17. Jesaja 41:
18. Psalms 34:
19. Esodus 15:
20. Hebreërs 12:
21. Johannes 10:
22. Kolossense 2:
23. Psalms 27:
24. 2 Timoteus 1:
B.
1. "Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou."
2. "Ek self gee jou die opdrag. Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan.”
3. "God het ons tog nie 'n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing."
4. "Ek het die Here gesoek, en Hy het my geantwoord en my uit al my vrees gered."
5. "Die Here is my lig en my redder, vir wie sou ek bang wees? Die Here is my toevlug, vir wie sou ek vrees?"
6. "Hou moed en wees dapper! Moenie bang wees nie, moenie vir hulle skrik nie, want die Here julle God gaan saam met julle. Hy sal julle nie in die steek laat nie, julle nie alleen laat nie.”
7. "Al gaan ek ook in 'n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my."
8. "Waar liefde is, is daar geen vrees nie, maar volmaakte liefde verdryf vrees, want vrees verwag straf, en wie nog vrees, het nie volmaakte liefde nie."
9. “Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie."
10. "Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus."
11. "Maar selfs al sou julle ly ter wille van wat reg is, gelukkig is julle. Moenie hulle intimidasie vrees, of ontsteld raak nie."