Galasiërs 3:
"O, Onverstandige Galásiërs, wie het julle betower om die waarheid nie
gehoorsaam te wees nie, julle voor wie se oë Jesus Christus afgeskilder
is as onder julle gekruisig?
Dit alleen wil ek van julle weet: het julle die Gees ontvang uit die werke van die wet of uit die prediking van die geloof?
Is julle so onverstandig? Nadat julle met die Gees begin het, eindig julle nou met die vlees?
Het julle verniet so baie gely? As dit maar verniet was!
Hy wat julle dan die Gees
verleen en kragte onder julle werk, doen Hy dit uit die werke van die
wet of uit die prediking van die geloof?
Net soos Abraham in God geglo het, en dit is hom tot geregtigheid gereken.
Julle verstaan dan dat die wat uit die geloof is, hulle is kinders van Abraham.
En die Skrif wat vooruit gesien
het dat God die heidene uit die geloof sou regverdig, het vooraf aan
Abraham die evangelie verkondig met die woorde: In jou sal al die volke
geseën word.
Sodat die wat uit die geloof is, geseën word saam met die gelowige Abraham.
Want almal wat uit die werke
van die wet is, is onder die vloek; want daar is geskrywe: Vervloek is
elkeen wat nie bly in alles wat geskryf is in die boek van die wet om
dit te doen nie.
En dat niemand deur die wet by God geregverdig word nie, is duidelik; want die regverdige sal uit die geloof lewe.
Maar die wet is nie uit die geloof nie, maar die mens wat hierdie dinge doen, sal daardeur lewe.
Christus het ons losgekoop
van die vloek van die wet deur vir ons ‘n vloek te word—want daar is
geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan ‘n hout hang—
sodat die seën van Abraham na
die heidene kan kom in Christus Jesus, en dat ons die belofte van die
Gees deur die geloof kan ontvang.
Broeders, ek spreek menslikerwys: selfs ‘n mens se testament wat bekragtig is, maak niemand tot niet of voeg daaraan toe nie.
Nou is aan Abraham die
beloftes toegesê en aan sy saad. Hy sê nie: En aan die sade, asof dit op
baie sien nie, maar op een: En aan jou saad, dit is Christus.
Maar ek sê dít: die wet wat
vier honderd en dertig jaar later gekom het, maak die verbond wat deur
God in Christus vantevore bekragtig is, nie kragteloos om die belofte
tot niet te maak nie.
Want as die erfenis uit die
wet is, dan is dit nie meer uit die belofte nie. Maar God het dit aan
Abraham deur ‘n belofte genadiglik geskenk.
Wat beteken die wet dan? Dit
is bygevoeg weens die oortredinge, totdat die saad aan wie die belofte
gedoen is, sou kom; en dit is deur engele beskik deur tussenkoms van ‘n
middelaar.
En die middelaar is nie net vir een nie; maar God is een.
Is die wet dan teen die
beloftes van God? Nee, stellig nie! Want as daar ‘n wet gegee was wat
krag het om lewend te maak, dan sou die geregtigheid werklik uit die wet
wees.
Maar die Skrif het alles
ingesluit onder die sonde, sodat die belofte uit die geloof in Jesus
Christus aan die gelowiges gegee kon word.
Maar voordat die geloof gekom
het, is ons onder die wet in bewaring gehou, ingesluit met die oog op
die geloof wat geopenbaar sou word.
Die wet was dus ons tugmeester na Christus toe, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof.
Maar nou dat die geloof gekom het, is ons nie meer onder ‘n tugmeester nie.
Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus;
want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee.
Daar is nie meer Jood of Griek
nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou
nie; want julle is almal een in Christus Jesus.
En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename."
Monday, 17 February 2020
Volg:
Volg : Volg Wees Aktief vir Jesus op: https://weesaktiefvirJesus.blogspot.com EN www.weesaktiefvirjesusleefstyl.co.za

-
Vind die Bybelverse in: 1. Filippense 3: 2. Johannes 16: 3. Galasiërs 5: 4. Galasiërs 6: 5. Matteus 8: 6. Johannes 3: 7. Matteus 10: 8. Rome...
-
Hemelse Vader, ek erken dat ek 'n sondaar is. Ek kom na U toe en vra U om my te vergewe vir my sondes. Ek gee my lewe vir U. Kom ...
-
Pas A by die regte antwoord in B: A. 1. Galasiërs 5: 2. Hebreërs 4: 3. Handelinge 1: 4. Romeine 15: 5. Eksodus 23: 6. Markus 10: 7. Efesiërs...