Kies die regte Skrifgedeelte:
1. "Dit het ek geskrywe aan julle wat glo in die Naam van die Seun van God, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het en kan glo in die Naam van die Seun van God."
A. Matteus 22:
B. Romeine 12:
C. Jakobus 3:
D. 1 Johnannes 5:
E. Hebreërs 10:
2. "Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie."
A. Markus 13:
B. 1 Petrus 5:
C. Lukas 22:
D. Handelinge 19:
E. Johannes 14:
3. "Hy, wat die afskynsel is van sy heerlikheid en die afdruksel van sy wese en alle dinge dra deur die woord van sy krag, nadat Hy deur Homself die reiniging van ons sondes bewerk het, het gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoogte."
A. Galasiërs 5:
B. 1 Tessalonisense 3:
C. Hebreërs 1
D. Jakobus 2:
E. Johannes 10:
4. "want in Hom lewe ons, beweeg ons en is ons, soos sommige van julle digters ook gesê het: Want ons is ook sy geslag."
A. Kolossense 2:
B. 1 Timoteus 5:
C. Romeine 10:
D. Johannes 15:
E. Handelinge 17:
5. "maar Hy, omdat Hy vir ewig bly, besit ‘n priesterskap wat nie op ander oorgaan nie. Daarom kan Hy ook volkome red die wat deur Hom tot God gaan, omdat Hy altyd leef om vir hulle in te tree."
A. Markus 10:
B. Matteus 21:
C. Filemon 1:
D. Galasiërs 5:
E. Hebreërs 7:
6. "want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte—alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape."
A. Lukas 15:
B. 1 Petrus 5:
C. 1 Johannes 3:
D. Kolossense 1:
E. Romeine 13:
7. "Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê."
A. Matteus 18:
B. Handelinge 20:
C. Markus 15:
D. Johannes 3:
E. Jakobus 5:
8. "My kinders, ek skryf hierdie dinge aan julle, dat julle nie moet sondig nie; en as iemand gesondig het, ons het ‘n Voorspraak by die Vader, Jesus Christus, die Regverdige."
A. Matteus 21:
B. Romeine 12:
C. Johannes 2:
D. Filippense 3:
E. Openbaring 20:
9. "Want Christus het ook eenmaal vir die sondes gely, Hy die Regverdige vir die onregverdiges, om ons tot God te bring—Hy wat wel gedood is na die vlees, maar lewend gemaak deur die Gees."
A. Jakobus 3:
B. Lukas 13:
C. Johannes 10:
D. 1 Petrus 3:
E. Markus 7:
10. "Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het."
A. 1 Johannes 2:
B. 2 Timoteus 3:
C. Galasiërs 2:
D. Markus 10:
E. Handelinge 22:
Monday, 17 February 2020
Volg:
Volg : Volg Wees Aktief vir Jesus op: https://weesaktiefvirJesus.blogspot.com EN www.weesaktiefvirjesusleefstyl.co.za

-
Vind die Bybelverse in: 1. Filippense 3: 2. Johannes 16: 3. Galasiërs 5: 4. Galasiërs 6: 5. Matteus 8: 6. Johannes 3: 7. Matteus 10: 8. Rome...
-
Hemelse Vader, ek erken dat ek 'n sondaar is. Ek kom na U toe en vra U om my te vergewe vir my sondes. Ek gee my lewe vir U. Kom ...
-
Pas A by die regte antwoord in B: A. 1. Galasiërs 5: 2. Hebreërs 4: 3. Handelinge 1: 4. Romeine 15: 5. Eksodus 23: 6. Markus 10: 7. Efesiërs...