Lewe die Woord!!
Hoor die Woord!!
Doen die Woord!!
Vind die verse in:
1. Romeine 2:
2. Psalm 119:
3. Luke 7:
4. 1 Johannes 2:
5. Jakobus 1:
6. Romeine 10:
7. Matteus 4:
1. “Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.”
2. “Maar Jesus het hom geantwoord: “Nee! Daar staan in die Skrif geskryf: ‘’n Mens het meer as brood nodig om van te lewe. Wat jy eintlik nodig het, is om te leef van elke woord uit God se mond.’ ”
3. “Julle moet mense word wat dóén wat die woord sê. Moet dit nie net aanhoor nie, dan bedrieg julle julleself.”
4. “Nee, die verlossing wat joune word deurdat jy glo – en dit is juis hierdie boodskap wat ons verkondig – is sommer hier by jou. Om die waarheid te sê, die Skrifwoord lui: ‘Die boodskap is hier by jou, op jou lippe en in jou hart.’ ”
5. “Wie egter sy woord gehoorsaam, in só ‘n persoon se lewe het die liefde vir God regtig sy doel bereik. Daardeur weet ons ook dat ons baie nou aan Hom verbind is.”
6. “As jy jou egter verdiep in God se volmaakte wet – dié wet wat ‘n mens vrymaak – en jy dóén wat die wet sê en jy vergeet nie wat jy gehoor het nie, dank an jy God se seen verwag op wat jy doen.”
7. “Want dit is nie die blote aanhoor van die wet wat mense vrymaak van God so oordeel nie; dit is hulle wat God se wet gehoorsaam wat God se vryspraak ontvang.”
8. “Ek het u woord in my hart gebêre sodat ek nie teen U sou sondig nie.”
9. “Ek sal aan julle verduidelik hoe dit is wanneer iemand na My toe kom, na my onderrig luister en My gehoorsaam. Dis soos ‘n man wat ‘n huis bou op ‘n sterk fondament wat op ‘n rotsbasis gelê is. Wanneer die vloedwaters styg en die huis tref, staan dit stewig, want dit is goed gebou.”
10. “U woord is ‘n lamp vir my voete en ‘n lig op my pad.”
Thursday, 13 February 2020
Volg:
Volg : Volg Wees Aktief vir Jesus op: https://weesaktiefvirJesus.blogspot.com EN www.weesaktiefvirjesusleefstyl.co.za

-
Vind die Bybelverse in: 1. Filippense 3: 2. Johannes 16: 3. Galasiërs 5: 4. Galasiërs 6: 5. Matteus 8: 6. Johannes 3: 7. Matteus 10: 8. Rome...
-
Hemelse Vader, ek erken dat ek 'n sondaar is. Ek kom na U toe en vra U om my te vergewe vir my sondes. Ek gee my lewe vir U. Kom ...
-
Pas A by die regte antwoord in B: A. 1. Galasiërs 5: 2. Hebreërs 4: 3. Handelinge 1: 4. Romeine 15: 5. Eksodus 23: 6. Markus 10: 7. Efesiërs...