Ons Anker ..... God, Almagtig Jesus die Messias
Vind die verse in:
1. Psalm 62:
2. Johannes 14:
3. Jesaja 40:
4. Psalm 61:
5. Hebreërs 6:
6. Johannes 1:
7. Romeine 15:
8. Jesaja 28:
9. Johannes 3:
1. “Hierdie vooruitsig is soos ‘n betrobare en stewige anker – ‘n anker wat onbeweeglik vasgemaak is in die Allerheiligste van die hemelse heiligdom, net agter die binneste gordyn. Dit is tog waar Jesus, ons Voorloper, ter wille van ons ingegaan het – Hy, ons ewige Hoëpriester volgens die priesterorde van Melgisedek.”
2. “Hierdie twee dinge waarborg dat God sy woord sal hou. En so het ons wat onsself aan God toevertrou het, ‘n kragtige aansporing om vas te hou aan die vooruitsig wat vir ons wink.”
3. “Daarom sê die oppermagtige HERE: “Kyk Ek gaan in Jerusalem ‘n klip neersit, ‘n granietsteen, ‘n hoeksteen vir ‘n vaste fundament. Elkeen wat op My vertrou sal nie teleurgestel word nie.”
4. “Heel aan die begin het die Woord reeds bestaan. Die Woord was by God, en die Woord was self God.”
5. “God het die mensdom só liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.”
6. “Ek bid dat dié God wat aan ons ‘n toekomsverwagting gee, deur die geloof julle lewens met blydskap en vrede sal vul. Ja, mag julle lewens tot oorlopens toe vol verwagting word deur die kragtige werking van die Heilige Gees.”
7. “O God, luister na my roepstem en hoor my gebed! Vanaf die einde van die aarde roep ek tot U om hulp, want ek is moedeloos verby. Lei my na die rots hoër as ek.”
8. “Maar dié wat hulle hoop op die Here stel, sal hulle krag terugkry. Hulle vlieg soos arende. Hulle sal hardloop en nie moeg word nie. Hulle sal loop en nooit vermoeid word nie.”
9. “Daarop het Jesus gereageer, “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom by die Vader uit behalwe deur My nie.”
10. “Net by God kan ek rustig wag, van Hom kom my verlossing.”
Friday, 14 February 2020
Volg:
Volg : Volg Wees Aktief vir Jesus op: https://weesaktiefvirJesus.blogspot.com EN www.weesaktiefvirjesusleefstyl.co.za

-
Vind die Bybelverse in: 1. Filippense 3: 2. Johannes 16: 3. Galasiërs 5: 4. Galasiërs 6: 5. Matteus 8: 6. Johannes 3: 7. Matteus 10: 8. Rome...
-
Hemelse Vader, ek erken dat ek 'n sondaar is. Ek kom na U toe en vra U om my te vergewe vir my sondes. Ek gee my lewe vir U. Kom ...
-
Pas A by die regte antwoord in B: A. 1. Galasiërs 5: 2. Hebreërs 4: 3. Handelinge 1: 4. Romeine 15: 5. Eksodus 23: 6. Markus 10: 7. Efesiërs...