Tuesday, 25 February 2020

 Vind die verse in:



1.  Hebreërs 11:
2.  Markus 11:
3.  2 Korintiërs 5:
4.  Jakobus 1:
5.  1 Petrus 1:
6.  Markus 9:
7.  Johannes 11:
8.  1 Johannes 4:


1.  "As 'n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil."

2.  "want, soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard."

3.  "Vir die een wat glo, kan alles."

4.  "Hom het julle lief, al het julle Hom nie gesien nie.  Deur in Hom te glo, al sien julle Hom nou nie, het julle reeds deel aan die saligheid wat die einddoel van julle geloof is.  En dit vervul julle met 'n onuitspreeklike en heerlike blydskap."

5.  "Toe sê Jesus vir haar: "Ek is die opstanding en die lewe.  Wie in My glo, sal lewe, al sterwe hy ook; en elkeen wat lewe en in My glo sal in alle ewigheid nooit sterwe nie."

6.  "want enigeen wat 'n kind van God is, kan die sondige wêreld oorwin.  En die oorwinning wat ons oor die wêreld behaal het, is deur ons geloof."

7.  "want ons lewe deur geloof, nie deur sien nie."

8.  "Maar 'n mens moet gelowig bid en nie twyfel nie, want iemand wat twyfel, is soos 'n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word."

9.  "Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit al ontvang het, en dit sal vir julle so wees."

10.  "Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie."

Volg:

      Volg : Volg Wees Aktief vir Jesus op: https://weesaktiefvirJesus.blogspot.com EN www.weesaktiefvirjesusleefstyl.co.za