Matteus 25:1-13:
"Dan
sal dit met die koninkryk van die hemel gaan soos met tien meisies wat
hulle lampe gevat het om die bruidegom te gaan inwag. Vyf van hulle was
onverstandig en vyf verstandig. Die onverstandiges het hulle lampe
gevat maar nie ekstra olie met hulle saamgevat nie, terwyl die
verstandiges saam met hulle lampe ook nog olie in houers gevat het. Toe
die bruidegom lank wegbly, het hulle almal vaak geword en aan die slaap
geraak.
“In
die middel van die nag was daar 'n geroep: ‘Hier kom die bruidegom!
Gaan hom tegemoet!’ Toe staan al die meisies op en maak hulle lampe
reg. Die onverstandiges sê toe vir die verstandiges: ‘Gee vir ons van
julle olie, want ons lampe gaan dood.’ Maar die verstandiges antwoord:
‘Nee, daar is nie genoeg vir ons en vir julle nie. Gaan liewer winkel
toe en koop vir julle olie.’
“Terwyl
die onverstandiges olie gaan koop het, het die bruidegom gekom. Dié wat
gereed was, het saam met hom ingegaan na die bruilof toe, en die deur
is gesluit.
“Later
kom die ander meisies ook daar aan en roep: ‘Meneer, Meneer, maak vir
ons oop!’ Maar die bruidegom antwoord: ‘Ek sê vir julle: Ek ken julle
nie!’
“Waak dan, omdat julle nie weet op watter dag en uur dit sal gebeur nie.”
Saturday, 7 March 2020
Volg:
Volg : Volg Wees Aktief vir Jesus op: https://weesaktiefvirJesus.blogspot.com EN www.weesaktiefvirjesusleefstyl.co.za
-
Vind die Bybelverse in: 1. Eksodus 26: 2. Jeremia 30: 3. Filippense 4: 4. Romeine 10: 5. Johannes 11: 6. 1 Korintiërs 10: 7. Jesaja 5...
-
Kies die regte Skrifgedeelte: 1. "Terwyl ons dan so 'n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi...
-
1. Johannes 3: “Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die...