Saturday, 7 March 2020

Wees gereed: Jesus is hier binnekort!!


Vind die verse in:


1.  Matteus 24:
2.  Romeine 13:
3.  1 Tessalonisense 4:
4.  Markus 13:
5.  1 Tessalonisense 3:
6.  Matteus 25:
7.  Openbaring 3:
8.  Titus 2:


1.  "En wat Ek vir julle sê, sê Ek vir almal: Bly waaksaam!”

2.  "So sal Hy julle innerlik sterk maak dat julle onberispelik en heilig voor God ons Vader sal staan wanneer ons Here Jesus kom saam met al sy heilige engele. Amen.

3.  "Waak dan, omdat julle nie weet op watter dag en uur dit sal gebeur nie.”

4.  "Ek kom gou. Hou vas wat julle het, sodat niemand julle kroon wegvat nie."

5.  "Dit voed ons op om die goddelose leefwyse en wêreldse begeerlikhede te laat vaar en met selfbeheersing, opregtheid en godsvrug in die teenswoordige wêreld te lewe, terwyl ons uitsien na die gelukkige dag wat ons verwag. Op daardie dag sal die heerlikheid van ons grote God en Verlosser, Jesus Christus, verskyn."

6.  "In daardie dae voor die sondvloed het hulle soos gewoonlik geëet en gedrink en getrou tot op die dag dat Noag in die ark ingegaan het."

7.  "Dan sal die mense die Seun van die mens in die wolke sien kom met groot krag en majesteit.  En dan sal Hy die engele uitstuur om sy uitverkorenes bymekaar te bring uit die vier windstreke, van die een kant van die aarde af tot by die ander kant.”

8.  "En dit alles is nodig omdat julle weet hoe laat dit al is. Die uur is reeds daar dat julle uit die slaap moet wakker word, want die tyd van ons finale verlossing is nou nader as toe ons tot die geloof gekom het."

9.  "Wanneer die bevel gegee word en die stem van die aartsengel en die trompet van God weerklink, sal die Here self uit die hemel neerdaal. Allereers sal dié wat in Christus gesterf het, uit die dood opstaan; daarna sal ons wat nog lewe, saam met hulle op die wolke weggevoer word, die lug in, die Here tegemoet. En so sal ons altyd by die Here wees."

10.  "En hierdie evangelie van die koninkryk sal in die hele wêreld verkondig word, sodat al die nasies die getuienis kan hoor. Eers dan sal die einde kom.”

Volg:

      Volg : Volg Wees Aktief vir Jesus op: https://weesaktiefvirJesus.blogspot.com EN www.weesaktiefvirjesusleefstyl.co.za