Studeer die Woord van God!!
Vind die verse in:
1. Psalm 33:
2. Spreuke 2:
3. 1 Petrus 2:
4. Johannes 8:
5. Jakobus 1:
6. Johannes 1:
7. Matteus 4:
8. Filippense 2:
9. Psalm 119:
10. Romeine 10:
1. "Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God."
2. "deur die woord van die lewe uit te dra."
3. "Wanneer u woord vir mense oopgaan, bring dit lig; dit gee insig aan dié wat nog onervare is."
4.
"Maar Hy antwoord: “Daar staan geskrywe: “'n Mens leef nie net van
brood nie maar van elke woord wat uit die mond van God kom.”
5. "Wat die Here sê, gebeur, alles wat Hy doen, staan vas."
6. "Dit is die Here wat die wysheid gee, uit sy mond kom die kennis en die insig."
7.
"Soos pasgebore kindertjies smag na melk, moet julle smag na die suiwer
geestelike melk, sodat julle daardeur kan opgroei en die saligheid
verkry."
8. "Toe sê Jesus vir die Jode wat in Hom glo: “As julle
aan my woorde getrou bly, is julle waarlik my dissipels; en julle sal
die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak.”
9.
"Daarom moet julle al die sedelike vuilheid en ongeregtigheid opruim wat
so welig tier, en ootmoedig die woord aanneem wat God in julle geplant
het, want dié woord kan julle red."
10. "Die Woord het mens
geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die
heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en
waarheid."
11. "Maar iemand wat hom verdiep in die volmaakte wet
wat 'n mens vry maak, en hom daaraan hou en nie vergeet wat hy hoor
nie, maar dit doen, hy sal gelukkig wees in wat hy doen.
Tuesday, 21 April 2020
Volg:
Volg : Volg Wees Aktief vir Jesus op: https://weesaktiefvirJesus.blogspot.com EN www.weesaktiefvirjesusleefstyl.co.za

-
Vind die Bybelverse in: 1. Filippense 3: 2. Johannes 16: 3. Galasiërs 5: 4. Galasiërs 6: 5. Matteus 8: 6. Johannes 3: 7. Matteus 10: 8. Rome...
-
Hemelse Vader, ek erken dat ek 'n sondaar is. Ek kom na U toe en vra U om my te vergewe vir my sondes. Ek gee my lewe vir U. Kom ...
-
Pas A by die regte antwoord in B: A. 1. Galasiërs 5: 2. Hebreërs 4: 3. Handelinge 1: 4. Romeine 15: 5. Eksodus 23: 6. Markus 10: 7. Efesiërs...