Die Krag van die Opstanding!!
Vind die verse in:
1. Romeine 1:
2. Kolossense 2:
3. Romeine 10:
4. Romeine 6:
5. 1 Korintiërs 15
6. Romeine 5:
7. Efesiërs 1:
8. Johannes 6:
1. "En as Christus nie opgewek is nie, is julle geloof waardeloos en is julle nog gevange in julle sondes."
2.
"en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo. Dit
is dieselfde kragtige werking van sy mag wat Hy uitgeoefen het toe Hy
Christus uit die dood opgewek en Hom in die hemel aan sy regterhand laat
sit het: hoog bo elke mag en gesag, elke krag en heerskappy, en wat
daar ook al sprake van mag wees, nie net in hierdie bedeling nie, maar
ook in die bedeling wat kom."
3. "Dit is die wil van my Vader:
dat elkeen wat die Seun sien en in Hom glo, die ewige lewe sal hê; en Ek
sal hom op die laaste dag uit die dood laat opstaan.”
4. "Ons
het saam met Christus gesterwe; daarom glo ons dat ons ook saam met Hom
sal lewe. Ons weet dat Christus wat uit die dood opgewek is, nie weer
kan sterwe nie; die dood het nie meer mag oor Hom nie."
5. "op
grond van sy opstanding uit die dood is Hy deur die Heilige Gees
aangewys as die Seun van God wat met mag beklee is, Jesus Christus ons
Here."
6. "Dit het by die doop gebeur deurdat julle toe saam met
Hom begrawe is. Deur julle verbondenheid met Hom is julle ook saam met
Hom opgewek, omdat julle geglo het in die krag van God wat Hom uit die
dood opgewek het."
7. "As jy met jou mond bely dat Jesus die
Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal
jy gered word."
8. "Hy het gesterwe en is eens en vir altyd vir
die sonde dood. Nou lewe Hy, en Hy lewe vir God. Julle moet dus altyd
onthou dat ook júlle vir die sonde dood is, maar vir God lewe, omdat
julle een is met Christus Jesus."
9. "Maar ons dank God dat Hy aan ons die oorwinning gee deur ons Here Jesus Christus."
10.
"Aangesien ons, toe ons nog vyande was, deur die dood van sy Seun met
God versoen is, staan dit soveel vaster dat ons, noudat ons versoen is,
deur die lewe van sy Seun gered sal word."
Tuesday, 21 April 2020
Volg:
Volg : Volg Wees Aktief vir Jesus op: https://weesaktiefvirJesus.blogspot.com EN www.weesaktiefvirjesusleefstyl.co.za

-
Vind die Bybelverse in: 1. Filippense 3: 2. Johannes 16: 3. Galasiërs 5: 4. Galasiërs 6: 5. Matteus 8: 6. Johannes 3: 7. Matteus 10: 8. Rome...
-
Hemelse Vader, ek erken dat ek 'n sondaar is. Ek kom na U toe en vra U om my te vergewe vir my sondes. Ek gee my lewe vir U. Kom ...
-
Pas A by die regte antwoord in B: A. 1. Galasiërs 5: 2. Hebreërs 4: 3. Handelinge 1: 4. Romeine 15: 5. Eksodus 23: 6. Markus 10: 7. Efesiërs...