Tuesday, 21 April 2020

Wie is die Heilige Gees?

Kies die regte Skrifgedeelte:


1.  "In die begin het God die hemel en die aarde geskep. Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef."

A.  Eksodus 23:
B.  Jesaja 51:
C.  Rigters 10:
D.  Genesis 1:
E.  Josua 11:


2.  "Toe antwoord Petrus hulle: “Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus, en God sal julle sondes vergewe en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang."

A.  Markus 12:
B.  Handelinge 2:
C.  1 Johannes 3:
D.  Romeine 10:
E.  Jakobus 5:


3.  “Die Here” beteken hier “die Gees” en waar die Gees van die Here is, is daar vryheid."

A.  1 Petrus 5:
B.  Matteus 11:
C.  Lukas 20:
D.  Filippense 2:
E. 2 Korintiërs 3:


4.  "Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!"

A.  Johannes 20:
B.  Handelinge 17:
C.  Markus 11:
D.  Titus 2:
E.  Romeine 15:


5.  "Of besef julle nie dat julle liggaam 'n tempel van die Heilige Gees is nie? Julle het die Heilige Gees, wat in julle woon, van God ontvang, en julle behoort nie aan julleself nie: julle is gekoop, en die prys is betaal. Julle moet God dus in julle liggaam verheerlik."

A.  1 Tessalonisense 5:
B.  1 Korintiërs 6:
C.  Lukas 10:
D.  Hebreërs 12:
E.  Matteus 19:


6.  "Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle 'n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees."

A.  Lukas 10:
B.  Johannes 14:
C.  Openbaring 20:
D.  Markus 13:
E.  Hebreërs 12:


7.  "en wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het."

A.  Handelinge 20:
B.  Romeine 10:
C.  1 Timoteus 3:
D.  Romeine 11:
E.  Johannes 14:


8.  "en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het."

A.  Markus 15:
B.  Titus 2:
C.  Lukas 20:
D.  Filippense 3:
E.  Romeine 5:


9.  "Weet julle nie dat julle die tempel van God is en dat die Gees van God in julle woon nie?"

A.  1 Johannes 5:
B.  1 Korintiërs 3:
C.  Matteus 21:
D.  Galasiërs 3:
E.  Hebreërs 10:


10.  "As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee — die Vader in die hemel nog baie meer! Hy sal die Heilige Gees gee vir dié wat vra.”

A.  Johannes 15:
B.  Handelinge 21:
C.  Efesiërs 5:
D.  2 Petrus 3:
E.  Lukas 11:

Volg:

      Volg : Volg Wees Aktief vir Jesus op: https://weesaktiefvirJesus.blogspot.com EN www.weesaktiefvirjesusleefstyl.co.za