Wat is gehoorsaamheid?
Kies die regte Skrifgedeelte:
1.
"Jesus antwoord en sê vir hom: As iemand My liefhet, sal hy my woord
bewaar, en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom
woning maak."
A. Lukas 20:
B. Johannes 14:
C. 1 Korintiërs
11:
D. Kolossense 3:
E. Markus 7:
2.
"AS jy dan goed luister na die stem van die Here jou God om
sorgvuldigte hou al sy gebooie wat ek jou vandag beveel, dan sal die
Here jou God jou die hoogste stel bo al die nasies van die aarde. En al
hierdie seëninge sal oor jou kom en jou inhaal as jy luister na die stem
van die Here jou God."
A. Eksodus 25:
B. Genesis 20:
C. Josua 11:
D. Deuteronomium 28:
E. Jesaja 55:
3.
"In al die weë wat dieHere julle God julle beveel het moet julle
wandel, sodat julle kan lewe en dit met julle goed kan gaan en julle die
dae kan verleng in die land wat julle in besit sal neem."
A. Genesis 30:
B. Jeremia 50:
C. Eksodus 23:
D. Rigters 11:
E. Deuteronomium 5:
4. "En word daders van die woord en nie net hoorders wat julleself bedrieg nie."
A. Romeine 10:
B. Kolossense 2:
C. 2 Korintiërs 5:
D. Lukas 21:
E. Jakobus 1:
5.
"En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander
deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die
goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is."
A. Markus 15:
B. Romeine 12:
C. Handelinge 17:
D. Titus 2:
E. Johannes 20:
6.
"Geliefdes, as ons hart ons nie veroordeel nie, dan het ons
vrymoedigheid teenoor God; en wat ons ook al bid, ontvang ons van Hom,
omdat ons sy gebooie bewaar en doen wat welgevallig is voor Hom."
A. 1 Petrus 3:
B. 1 Johannes 3:
C. 1 Timoteus 3:
D. Jakobus 5:
E. Handelinge 13:
7.
"Want soos deur die ongehoorsaamheid van die een mens baie tot sondaars
gestel is, so sal ook deur die gehoorsaamheid van die Één baie tot
regverdiges gestel word."
A. Matteus 19:
B. Filippense 3:
C. Markus 13:
D. Johannes 20:
E. Romeine 5:
8.
"en onderhou die ordening van die Here jou God deur te wandel in sy
weë, deur sy insettinge, sy gebooie en sy verordeninge en sy getuienisse
te onderhou, soos geskrywe is in die wet van Moses, sodat jy
voorspoedig kanuitvoer alles wat jy doen, en alles waartoe jy jou
begewe."
A. 2 Samuel 20:
B. Josua 5:
C. Rigters 11:
D. Jesaja 51:
E. 1 Konings 2:
9. "Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug."
A. Efesiërs 5:
B. Handelinge 17:
C. Hebreërs 10:
D. Romeine 13:
E. Jakobus 4:
10.
"Hierdie wetboek mag nie uit jou mond wyk nie; maar bepeins dit dag en
nag, sodat jy nougeset kan handel volgens alles wat daarin geskrywe
staan; want dan sal jy in jou weë voorspoedig wees, en dan sal jy met
goeie gevolg handel."
A. Eksodus 23:
B. Rigters 11:
C. Jeremia 38:
D. Spreuke 15:
E. Josua 1:
Monday, 27 April 2020
Volg:
Volg : Volg Wees Aktief vir Jesus op: https://weesaktiefvirJesus.blogspot.com EN www.weesaktiefvirjesusleefstyl.co.za

-
Vind die Bybelverse in: 1. Filippense 3: 2. Johannes 16: 3. Galasiërs 5: 4. Galasiërs 6: 5. Matteus 8: 6. Johannes 3: 7. Matteus 10: 8. Rome...
-
Hemelse Vader, ek erken dat ek 'n sondaar is. Ek kom na U toe en vra U om my te vergewe vir my sondes. Ek gee my lewe vir U. Kom ...
-
Pas A by die regte antwoord in B: A. 1. Galasiërs 5: 2. Hebreërs 4: 3. Handelinge 1: 4. Romeine 15: 5. Eksodus 23: 6. Markus 10: 7. Efesiërs...