Monday, 27 April 2020

Wat is geloof?

Kies die regte Skrifgedeelte:


1.  "DIE geloof dan is ’n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ’n bewys van die dinge wat ons nie sien nie."

A.  Markus 11:
B.  Handelinge 8:
C.  Lukas 15:
D.  Romeine 13:
E.  Hebreërs 11:


2.  "Want ons wandel deur geloof en nie deur aanskouing nie."

A.  Jakobus 3:
B.  Matteus 25:
C.  Markus 13:
D.  Handlinge 20:
E.  2 Korintiërs 5:


3.  "Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit sal ontvang, en julle sal dit verkry."

A.  Romeine 13:
B.  Hebreërs 7:
C.  Kolossense 3:
D.  Jakobus 5:
E.  Markus 11:


4.  "En mag die God van die hoop julle vervul met alle blydskap en vrede deur die geloof, dat julle oorvloedig kan wees in die hoop deur die krag van die Heilige Gees!"

A.  Kolossense 3:
B.  Romeine 15:
C.  Matteus 25:
D.  Titus 3:
E.  Johannes 21:


5.  "Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos ’n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voort gesweep word."

A.  Handelinge 18:
B.  Jakobus 1:
C.  Johannes 21:
D.  Filippense 3:
E.  Matteus 23:


6.  "En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ’n beloner is van die wat Hom soek."

A.  Markus 11:
B.  1 Petrus 5:
C.  Matteus 15:
D.  Jakobus 2:
E.  Hebreërs 11:


7.  "omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk."

A.  Titus 3:
B.  Johannes 19:
C.  Romeine 11:
D.  Lukas 15:
E.  Jakobus 1:


8.  "vir wie julle, al het julle Hom nie gesien nie, tog liefhet; in wie julle, al sien julle Hom nou nie, tog glo en julle verbly met ’n onuitspreeklike en heerlike blydskap, en die einddoel van julle geloof, die saligheid van julle siele, verkry."

A.  1 Timoteus 3:
B.  Handelinge 12:
C.  2 Johannes 2:
D.  Markus 15:
E.  1 Petrus 1:


9.  "En Jesus sêvir hom: Wat dit betref —as jy kan glo, alle dinge is moontlik vir die een wat glo."

A.  Openbaring 20:
B.  Matteus 15:
C.  Romeine 10:
D.  Lukas 7:
E.  Markus 9:


10.  "Jesus sêvir haar: Ek is die opstanding en die lewe; wie in My glo, sal lewe al het hy ook gesterwe."

A.  Hebreërs 7:
B.  Johannes 11:
C.  Efesiërs 5:
D.  Handelinge 20:
E.  Lukas 21:


11.  "Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het,naamlik ons geloof."

A.  Romeine 15:
B.  Filippense 3:
C.  Markus 10:
D.  Jakobus 3:
E.  1 Johannes 5:

Volg:

      Volg : Volg Wees Aktief vir Jesus op: https://weesaktiefvirJesus.blogspot.com EN www.weesaktiefvirjesusleefstyl.co.za