Geloofsheld: Abraham en sy storie:
Die vader van baie nasies:
Genesis 22:
"Ná hierdie dinge het God Abraham op die proef gestel en aan hom gesê: Abraham! En hy antwoord: Hier is ek!
Toe
sê Hy: Neem jou seun, jou enigste, wat jy liefhet, Isak, en gaan na die
land Moría en offer hom daar as brandoffer op een van die berge wat Ek
jou sal aanwys.
Daarop
het Abraham die môre vroeg klaargemaak en sy esel opgesaal en twee van
sy dienaars en sy seun Isak saam met hom geneem; en hy het hout gekloof
vir ‘n brandoffer en opgestaan en na die plek gegaan wat God hom
aangewys het.
Op die derde dag toe slaan Abraham sy oë op en sien die plek van ver af.
En
Abraham sê aan sy dienaars: Bly julle hier met die esel; ek en die seun
wil daarheen gaan om te aanbid en dan na julle terugkom.
En
Abraham het die hout vir die brandoffer geneem en dit op sy seun Isak
gesit, en die vuur en die mes in sy hand geneem. So het hulle twee dan
saam geloop.
Toe
spreek Isak met sy vader Abraham en sê: My vader! En hy antwoord: Hier
is ek, my seun! En hy sê: Hier is die vuur en die hout, maar waar is die
lam vir ‘n brandoffer?
En Abraham antwoord: God sal vir Homself die lam vir ‘n brandoffer voorsien, my seun. So het hulle twee dan saam geloop.
Toe
hulle kom op die plek wat God hom aangewys het, het Abraham daar die
altaar gebou en die hout reggelê; daarna het hy sy seun Isak gebind en
hom op die altaar bo-op die hout gesit.
Toe steek Abraham sy hand uit en neem die mes om sy seun te slag.
Maar die Engel van die HERE het na hom van die hemel af geroep en gesê: Abraham, Abraham! En hy antwoord: Hier is ek!
En
Hy sê: Moenie jou hand na die seun uitsteek nie, en doen hom niks nie;
want nou weet Ek dat jy God vrees en jou seun, jou enigste, van My nie
teruggehou het nie.
En
toe Abraham sy oë opslaan, sien hy meteens ‘n ram wat agter in die bos
met sy horings vasgeraak het. En Abraham het gegaan en die ram geneem en
dit as brandoffer in die plek van sy seun geoffer.
En
Abraham het dié plek genoem: Die HERE sal voorsien! Sodat vandag nog
gesê word: Op die berg van die HERE sal dit voorsien word.
Toe roep die Engel van die HERE vir die tweede keer na Abraham van die hemel af
en sê: Ek sweer by Myself, spreek die HERE, omdat jy dit gedoen het en jou seun, jou enigste, nie teruggehou het nie,
dat
Ek jou ryklik sal seën en jou nageslag grootliks sal vermeerder soos
die sterre van die hemel en soos die sand wat aan die seestrand is; en
jou nageslag sal die poort van sy vyande in besit neem.
En in jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word, omdat jy na my stem geluister het.
En
Abraham het na sy dienaars teruggekeer; en hulle het klaargemaak en
saam na Berséba gegaan. En Abraham het in Berséba bly woon.
Ná hierdie dinge het hulle aan Abraham berig gebring en gesê: Kyk, Milka het ook vir jou broer Nahor seuns gebaar:
Us, sy eersgeborene, en Bus, sy broer, en Kémuel, die vader van Aram,
ook Kesed en Haso en Pildas en Jidlaf en Bétuel.
(En Bétuel was die vader van Rebekka.) Hierdie agt het Milka vir Nahor, die broer van Abraham, gebaar.
En sy byvrou met die naam van Reüma, sy het ook Tebag en Gaham en Tahas en Máäga gebaar."
Monday, 4 May 2020
Volg:
Volg : Volg Wees Aktief vir Jesus op: https://weesaktiefvirJesus.blogspot.com EN www.weesaktiefvirjesusleefstyl.co.za

-
Vind die Bybelverse in: 1. Filippense 3: 2. Johannes 16: 3. Galasiërs 5: 4. Galasiërs 6: 5. Matteus 8: 6. Johannes 3: 7. Matteus 10: 8. Rome...
-
Hemelse Vader, ek erken dat ek 'n sondaar is. Ek kom na U toe en vra U om my te vergewe vir my sondes. Ek gee my lewe vir U. Kom ...
-
Pas A by die regte antwoord in B: A. 1. Galasiërs 5: 2. Hebreërs 4: 3. Handelinge 1: 4. Romeine 15: 5. Eksodus 23: 6. Markus 10: 7. Efesiërs...