Geloofsheld: Abraham en sy storie:
Die vader van baie nasies:
Genesis 21:
"En die HERE het Sara besoek soos Hy beloof het; en die HERE het aan Sara gedoen soos Hy gespreek het:
Sara het bevrug geword en vir Abraham in sy ouderdom ‘n seun gebaar op die bepaalde tyd wat God genoem het.
En Abraham het sy seun wat vir hom gebore is, wat Sara vir hom gebaar het, Isak genoem.
En Abraham het sy seun Isak besny toe hy agt dae oud was, soos God hom beveel het.
En Abraham was honderd jaar oud toe sy seun Isak vir hom gebore is.
En Sara het gesê: ‘n Gelag het God my berei: elkeen wat dit hoor, sal oor my lag.
Verder sê sy: Wie kon ooit aan Abraham voorspel het: Sara soog kinders? Want ek het ‘n seun gebaar in sy ouderdom.
En die kind het opgegroei en is gespeen. En Abraham het ‘n groot maaltyd berei op die dag toe Isak gespeen is.
Toe sien Sara hoe die seun van Hagar, die Egiptiese slavin, wat sy vir Abraham gebaar het, spot;
en
sy sê aan Abraham: Jaag hierdie slavin en haar seun weg, want die seun
van hierdie slavin mag nie saam met my seun Isak erwe nie.
En die woord was baie verkeerd in die oë van Abraham vanweë sy seun.
Maar
God het aan Abraham gesê: Laat dit nie verkeerd wees in jou oë ter
wille van die seun en van jou slavin nie. Luister na Sara in alles wat
sy van jou verlang, want deur Isak sal daar vir jou ‘n nageslag genoem
word.
Maar Ek sal ook die seun van die slavin tot ‘n nasie maak, omdat hy jou kind is.
Toe
is Abraham die môre vroeg op, en hy het brood en ‘n sak met water
geneem en dit aan Hagar gegee deur dit op haar skouer te sit, en ook die
kind, en haar weggestuur. Sy het toe weggegaan en rondgedwaal in die
woestyn van Berséba.
En toe die water in die sak op was, het sy die kind onder een van die bosse neergewerp
en
geloop en op ‘n afstand gaan sit so ver as ‘n boog kan skiet; want sy
het gesê: Ek wil die dood van die kind nie aansien nie. En sy het op ‘n
afstand gaan sit en haar stem verhef en geween.
Toe
hoor God die stem van die seun, en die Engel van God het na Hagar
geroep uit die hemel en haar gevra: Wat is dit met jou, Hagar? Wees nie
bevrees nie, want God het na die stem van die seun geluister op die plek
waar hy is.
Staan op, tel die seun op en hou hom vas met jou hand, want Ek sal hom ‘n groot nasie maak.
Daarop het God haar oë geopen, en sy sien ‘n put! En sy het geloop en die sak vol water gemaak en die seun laat drink.
En God was met die seun; en hy het opgegroei en in die woestyn gewoon en ‘n boogskutter geword:
hy het in die woestyn Paran gewoon; en sy moeder het vir hom ‘n vrou uit Egipteland geneem.
In dié tyd het Abiméleg en Pigol, sy leërowerste, met Abraham gespreek en gesê: God is met jou in alles wat jy doen.
Sweer
dan nou vir my hier by God dat jy met my en my kroos en my nageslag nie
vals sal handel nie; dieselfde guns wat ek jou bewys het, moet jy aan
my bewys en aan die land waarin jy as vreemdeling vertoef.
En Abraham antwoord: Ek sweer.
Maar Abraham het Abiméleg aangespreek oor ‘n put wat die dienaars van Abiméleg met geweld geneem het.
Daarop
antwoord Abiméleg: Ek weet nie wie dit gedoen het nie, en jy het my dit
ook nie meegedeel nie, en ek het daar ook niks van gehoor nie as net
vandag.
Toe neem Abraham kleinvee en beeste en gee dit aan Abiméleg; en hulle twee het ‘n verbond gesluit;
Abraham het naamlik die sewe ooilammers van die kleinvee eenkant uitgekeer.
Toe sê Abiméleg vir Abraham: Wat beteken hierdie sewe ooilammers wat jy uitgekeer het?
En
hy antwoord: Die sewe ooilammers moet jy uit my hand aanneem, sodat dit
vir my ‘n getuienis kan wees dat ek hierdie put gegrawe het.
Daarom noem hulle dié plek Berséba, omdat hulle twee daar gesweer het.
So
het hulle dan ‘n verbond gesluit in Berséba. Daarna het Abiméleg en
Pigol, sy leërowerste, klaargemaak en na die land van die Filistyne
teruggegaan.
En hy het ‘n tamarisk in Berséba geplant en daar die Naam van die HERE, die ewige God, aangeroep.
En Abraham het baie dae as vreemdeling in die land van die Filistyne vertoef."
Monday, 4 May 2020
Volg:
Volg : Volg Wees Aktief vir Jesus op: https://weesaktiefvirJesus.blogspot.com EN www.weesaktiefvirjesusleefstyl.co.za

-
Vind die Bybelverse in: 1. Filippense 3: 2. Johannes 16: 3. Galasiërs 5: 4. Galasiërs 6: 5. Matteus 8: 6. Johannes 3: 7. Matteus 10: 8. Rome...
-
Hemelse Vader, ek erken dat ek 'n sondaar is. Ek kom na U toe en vra U om my te vergewe vir my sondes. Ek gee my lewe vir U. Kom ...
-
Pas A by die regte antwoord in B: A. 1. Galasiërs 5: 2. Hebreërs 4: 3. Handelinge 1: 4. Romeine 15: 5. Eksodus 23: 6. Markus 10: 7. Efesiërs...