Wat is Gehoorsaamheid?
Vind die verse in:
1. Hebreërs 5:
2. Sagaria 1:
3. Spreuke 4:
4. Levitikus 22:
5. Jakobus 1:
6. 1 Petrus 2:
7. Eksodus 15:
8. Eksodus 19:
1.
"My seun, luister na wat ek sê, neig jou oor tot my woorde, laat hulle
nie wyk uit jou oë nie, bewaar hulle binne-in jou hart."
2. "As
julle dan nou terdeë na my stem luister en my verbond hou, sal julle my
eiendom uit al die volke wees, want die hele aarde is myne."
3.
"Want hiertoe is julle geroep, omdat Christus ook vir julle gely het en
julle ‘n voorbeeld nagelaat het, sodat julle sy voetstappe kan navolg"
4.
"en gesê: As jy getrou na die stem van die HERE jou God luister en doen
wat reg is in sy oë, en luister na sy gebooie en al sy insettinge hou,
dan sal Ek geeneen van die siektes op jou lê wat Ek op Egipteland gelê
het nie; want Ek is die HERE wat jou gesond maak."
5. "Maar hy
wat diep insien in die volmaakte wet van die vryheid en daarby bly, hy
sal, omdat hy nie ‘n vergeetagtige hoorder is nie, maar ‘n dader van die
werk, gelukkig wees in wat hy doen."
6. "en nadat Hy volmaak is, het Hy vir almal wat Hom gehoorsaam is, ‘n bewerker van ewige saligheid geword."
7. "Keer terug na My, spreek die HERE van die leërskare, en Ek sal na julle terugkeer, sê die HERE van die leërskare."
8. "Verkry wysheid, verkry insig; vergeet nie en wyk nie af van die woorde van my mond nie."
9. "Hou dan my gebooie en doen dit. Ek is die HERE."
10. "Hoor, my seun, en neem my woorde aan; dan sal die lewensjare vir jou vermeerder word."
Monday, 4 May 2020
Volg:
Volg : Volg Wees Aktief vir Jesus op: https://weesaktiefvirJesus.blogspot.com EN www.weesaktiefvirjesusleefstyl.co.za

-
Vind die Bybelverse in: 1. Filippense 3: 2. Johannes 16: 3. Galasiërs 5: 4. Galasiërs 6: 5. Matteus 8: 6. Johannes 3: 7. Matteus 10: 8. Rome...
-
Hemelse Vader, ek erken dat ek 'n sondaar is. Ek kom na U toe en vra U om my te vergewe vir my sondes. Ek gee my lewe vir U. Kom ...
-
Pas A by die regte antwoord in B: A. 1. Galasiërs 5: 2. Hebreërs 4: 3. Handelinge 1: 4. Romeine 15: 5. Eksodus 23: 6. Markus 10: 7. Efesiërs...