1. "en die saailand is die wêreld. Die goeie saad—dit is die kinders van die koninkryk, en die onkruid is die kinders van die Bose."
A. Handelinge 17:
B. Jakobus 5:
C. Galasiërs 3:
D. Markus 10:
C. Matteus 13:
2. "en ons gemaak het konings en priesters vir sy God en Vader, aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen."
A. Galasiërs 5:
B. 1 Korintiërs 15:
C. Titus 3:
D. 1 Petrus 2:
E. Openbaring 1:
3. "En Hy sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle, daar is niemand wat huis of ouers of broers of vrou of kinders verlaat het ter wille van die koninkryk van God, wat nie baiemaal soveel in hierdie tyd sal ontvang nie en die ewige lewe in die eeu wat kom."
A. Romeine 15:
B. Lukas 18:
C. Efesiërs 3:
D. Jakobus 5:
E. Johannes 20:
4. "Dan word die koningskap en die heerskappy en die grootheid van die koninkryke onder die ganse hemel gegee aan die volk van die heiliges van die Allerhoogste; hulle koninkryk is ‘n ewige koninkryk, en al die heerskappye sal hulle vereer en gehoorsaam wees."
A. Josua 15:
B. Hosea 1:
C. Esegiël 30:
D. Jeremia 50:
E. Daniël 7:
5. "En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip."
A. Eksodus 27:
B. Deuteronomium 31:
C. Rigters 15:
D. 1 Konings 20:
E. Genesis 1:
6. "en het ons konings en priesters vir onse God gemaak, en ons sal as konings op die aarde heers."
A. 2 Timoteus 1:
B. Johannes 20:
C. Markus 15:
D. Openbaring 5:
E. Matteus 23:
7. "Luister, my geliefde broeders—het God nie die armes van hierdie wêreld uitverkies as rykes in die geloof en erfgename van die koninkryk wat Hy beloof het aan die wat Hom liefhet nie?
A. Efesiërs 5:
B. Hebreërs 12:
C. 1 Tessalonisense 3:
D. 2 Timoteus 3:
E. Jakobus 2:
8. "En Ek beskik vir julle ‘n koninkryk soos my Vader dit vir My beskik het, sodat julle kan eet en drink aan my tafel in my koninkryk en op trone sit om die twaalf stamme van Israel te oordeel."
A. Johannes 13:
B. Handelinge 27:
C. Matteus 15:
D. Romeine 11:
E. Lukas 22:
9. "Hy trek sy oë nie af van die regverdige nie, maar by konings op die troon laat Hy hulle sit vir altyd, sodat hulle verhoog is."
A. Spreuke 17:
B. Job 36:
C. Jesaja 39:
D. 2 Samuel 20:
E. Jeremia 51:
10. "Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van sy liefde, in wie ons die verlossing het deur sy bloed, naamlik die vergifnis van die sondes."
A. 1 Petrus 5:
B. Markus 13:
C. Filippense 2:
D. Lukas 20:
E. Kolossense 1: